|
Boek 36 - Die Hemelliggame BERTHA DUDDE
Hoofstuk 8
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22. |
|
|
HEMELLIGGAME (MET) VERSKILLENDE LIGSTERKTE (EN) DIE SIN DAARVAN B.D.1919 - 16 Mei 1941 Welke bestemming die oneindig baie hemelliggame het, is vir die mens onbekend en `n verklaring daaroor is ook maar net deur middel van die geloof te gee en ook gelowig slegs as waarheid aan te neem, want `n bewys kan nie gelewer word solank die mens nog aan die aarde behoort nie. Die hemelliggame het dieselfde taak as die aarde: Om die geestelike wesens `n verdere moontlikheid te bied om hulleself te ontwikkel; hulle is net so verskillend en wyk in hulle aard volledig van die aarde, tog dien almal dieselfde doel: Om die onryp wesens in `n hoër toestand van rypheid te bring. En hierdie opgawe is steeds bepalend vir die gesteldheid en samestelling van elke hemelliggaam. Elke hemelliggaam is dus vir die eerste keer bewoon en wel deur sodanige wesens wat nog sigbare skeppingswerke nodig het, omdat hulle nog die sielerypheid kortkom. Die aard en manier van die werksaamheid van sulke wesens op `n hemelliggaam buite die aarde is nie vir die mense begryplik nie. Dit wyk egter totaal af van die taak van die wesens op aarde, want vir hierdie opdrag is materie nodig, terwyl die ander hemelliggame skeppings is waar nóg aardse natuurwette toegepas word, en daar nóg van die wesens wat daarop woon, werksaamhede geverg word wat ooreenkom met die van die aarde. Tog stel die mens homself iets soortgelyk voor, solank hy niks anders daarvoor in die plek kan stel nie. Derhalwe kan opheldering slegs op hierdie manier aan die mense gegee word, en wel is dit goddelike Wil, dat die mensdom opheldering daaroor gegee word. Waarheen u oog homself ook wend, sien u goddelike skeppings, maar u sien nie die geestelike wat dit bevat nie. Die geestelike gaan deur soveel oneindig baie verblyfplekke, voordat hulle hulleself weer aansluit waarvan af hulle uitgegaan het. (16 Mei) Die gang deur God se sigbare skepping kan voldoende wees om die geestelike weer die staat van volmaaktheid te verskaf, soos dit eens was, dan het hulle geen verdere skoling van die gees meer nodig nie. Hulle kan hulleself in die ligryk aansluit met net sulke ryp wesens en hulleself daardeur steeds meer positief ontwikkel. Ontelbare siele benut egter nie die bestaan op aarde soos wat hulle dit sou kan nie, hulle verlaat dan die aarde in `n onvoldoende staat van rypheid en is onbekwaam om die ligryk binne te gaan. Hulle moet nou `n ander moontlikheid gegee word om hulleself verder te ontwikkel, want God se skepping is oneindig groot en vormingsplekke van die gees is daar waarlik genoeg. Elke oord beantwoord aan die staat van rypheid van die siele wat nou daarin bly. Hulle onderskei hulleself slegs van mekaar in die ligsterktes, dit wil sê, hulle is meer of minder stralend, omdat die straalkrag van elke hemelliggaam afhanklik is van die rypheid van die wesens wat daarop woon, want hulle graad van rypheid is maatgewend vir die straling van die lig wat hulle ontvang. Daar is hemelliggame wat van lig ontneem is, omdat totaal onwetende wesens daarop woon, dit wil sê, wat hulleself vir die aangebode onderrig afsluit. Maar kennis is lig. Hierdie hemelliggame sonder lig is die digste met siele bevolk, want daar gaan ontelbare siele van die aarde daarheen, wat geen enkele geestelike kennis in hulleself opgeneem het nie en hulle kan daarom ook slegs aan die hemelliggame toegewys word, waar dit nog donker nag is. Tog ervaar hulle meestal die duisternis as 'n kwelling en dan bestaan die moontlikheid dat hulle lig begeer en soek. En dan kan die positiewe ontwikkeling ook by hierdie siele begin en kan hulle in streke met meer lig geplaas word, dit wil sê, op hemelliggame wat `n geringe graad van ligkrag het. Maar vir alle hemelliggame geld dieselfde wet: Dat die wesens werksaam moet wees in liefde - want dit gee lig, dit wil sê, die lig stroom nou die in liefde aktiewe wesens toe, in die vorm van kennis. Daar is hemelliggame wat `n onvoorstelbare ligintensiteit het. Daarop is dus die siele wat deur hulle lewenswandel wat aan God welgevallig was op aarde en hulle diens in liefde tot `n hoë graad van sielerypheid gebring is, of hulleself op ander hemelliggame ingespan het om hulle taak op aarde, wat hulle verontagsaam het, nog te volbring en wat nou ligdraers is, en dus onophoudelik lig ontvang en kan uitdeel. Vir hierdie geestelike wesens is dit nie nodig dat hulle op sigbare skeppings bly nie. Hulle is nou deur hulle hoë graad van rypheid bekwaam om te skep en te vorm en doen dit nou tot hulle eie geluksaligheid. Gevolglik is die hemelliggame vol van bomatige bekoorlike skeppings. Dit is geen aardse skeppings nie, dus bestaande uit materie en derhalwe met `n vaste vorm, maar dit strook slegs met die verblyfplek van die wesens in die geestelike gedeeltes. Net soos ook die hemelliggame wat sonder lig is, geen materiële skeppings bevat nie, wat egter eweneens vir die wesens waar te neem is; omdat alles daar voorhande is wat die wesens in hulle donker toestand begeer. Vir hul geestelike oë ontstaan ook aardse skeppings, want hulle wil, hulle verlange daarna, laat hierdie skeppings sigbaar word, egter sonder om materieel werklik aanwesig te wees. En dit beteken vir die wese `n kwelling om na iets te verlang en dit nooit grypbaar of voelbaar, maar slegs as denkbeeldig vir homself te kan hê. Daardeur word die verganklikheid van die aardse duidelik vir hom gemaak sodat hy die begeerte daarna vanself leer oorwin, want sonder om hierdie oorwinning te hê, kan die wese nooit die sfere vol lig binnegaan nie. In die toestand van volmaaktheid is die skepping en vormgewing van dinge egter ietwat anders. Dit is geestelike skeppings, wat geen enkele verband het met begerenswaardige dinge op aarde nie. Die verskillende hemelliggame is derhalwe verblyfplekke vir die siele van hulle wat op aarde gesterwe het met `n verskillende graad van rypheid. En daar bestaan, miljoene en nog eens miljoene hemelliggame van so 'n verskillende ligkrag, dat waarlik elke siel `n verblyfplek vind wat ooreenkom met haar graad van rypheid om haarself verder te kan ontwikkel, sodat slegs die wil van die wese dus maatgewend is of sy die weg omhoog in `n korter of langer tyd aflê. God laat geen wese val nie en gee hom steeds weer moontlikhede om homself te ontwikkel, ook buite die aarde, dus in die hiernamaals. Tog is die aardse lewe wat nie benut is nie, nooit heeltemal goed te maak nie - want slegs op die aarde kan die wese, as hy sy wil goed gebruik, `n toestand van volmaaktheid bereik wat hom die hoogste erfdeel van die hemelse Vader oplewer: Die kindskap van God. Daar is oneindig baie grade van geluksaligheid, wat die wesens deur hulle ontwikkelingsgang omhoog kan verwerf op die hemelliggame. Maar nimmer sal hulle die geluksaligheid kan geniet wat `n kind van God bereik het nie. Daartoe gee God die mens die aardse lewe, dat hy, solank hy die vrye wil het en krag en barmhartigheid daardeur aan hom in onmeetlike mate ter beskikking staan, self die allerhoogste kan verwerf: Die kindskap van God. Want wat die woorde beteken, kan u nie almal begryp nie. En tog moet u, sonder om die betekenis daarvan te weet, deur die aardse lewe gaan, omdat u in volledige vrye wil al op aarde die vereniging met God nastreef en dan eens die mees geluksalige skepsele sal word in die ewigheid. Amen
|
|
|
|
|