Boek 36 - Die Hemelliggame
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

WESENS VAN DIE STRALENDE HEMELLIGGAME - ENGELE – KINDSKAP VAN GOD
B.D.4026 - 20 April 1947
In welke oorvloed die ewige Godheid Sy liefdeskrag in die oneindigheid uitstraal, kan nie deur `n mens in sy volle omvang besef word, solank hy nog op aarde vertoef nie, want hy ken maar net die skeppings wat vir hom sigbaar is, wat slegs `n nietige deeltjie van die totale skepping uitmaak. God egter onderhou die hele skepping deur die toekom van Sy liefdeskrag. Ontelbare skeppingswerke is derhalwe draers van Sy Krag, ontelbare hemelliggame dra wesens wat daarop beliggaam is, wie se lewe deur die toestroming van Sy Krag verseker is. En aan al hierdie wesens laat Hy Homself sien as Skepper en Behoeder, sodra hulle `n bepaalde graad van rypheid besit, wat hulle die vermoë oplewer om dinge te deursien. Merendeels is hierdie wesens van hoëre intelligensie, en nie te vergelyk met die mense van hierdie aarde nie, wat weliswaar op `n laer trap van ontwikkeling staan, wat egter die hoogste doel wat moontlik is, kan bereik, naamlik die kindskap van God, wat nie op ander skeppings moontlik is om te verwerf nie. Maar in kennis en insig is hulle verder gevorderd as die mense van hierdie aarde.
Hulle word deur geestelike wesens uit die ligryk gelei en op `n ver gevorderde vlak van kennis gebring, hulle is ook in staat om die kennis te benut en is geestelik uitermatig aktief, omdat die opvatting van gelykheid en harmonie sterk in hulle ontwikkel is en hulle elke ongelykheid as `n gebrek aan rypheid en gebrek aan geestelike betekenis van die skepsele aansien. En hulle probeer hulle op te hef, deur kennis oor te dra wat na hulle gestuur word op `n manier wat deur hulle ook dan as van goddelike oorsprong herken en erken word. Dus is die wesens ook met God verbonde, Wie hulle as die hoogste Gees van die Ewigheid erken, bemin en aan Wie se Wil hulle hulleself probeer aanpas. Hulle lewenswandel is ook in ooreenstemming met God se Wil, in soverre dat hulle nie in liefdeloosheid gelei word nie, veeleer broederlike liefde wat die wesens steeds met mekaar verbind, wat hulle hoogste plig sien in die uitdeel aan diegene wat nie besit wat hulle gelukkig kan maak nie. Dus staan hulle, so gestel, ook in die lig.
(20 April) En tog is dit wesens wat nog tot volle ontwikkeling moet kom, wat nog die weg na die hoogste voltooiing moet gaan, want wat hulle besit, is nie deur eie werksaamheid van die wil verwerf nie, maar aan hulle as voorstadium gegee om tot hierdie vrye wilsproef te kom, wanneer hulle `n ander ontwikkelingsgang gaan as die mense van hierdie aarde, wie se sielesubstansies hulleself vanuit die diepte omhoog moes ontwikkel as gevolg van hulle vroeëre afvalligheid van God. Daar is ook oergeskape geestelike wesens wat God nie ontrou was nie, maar hulle is nog nie beproef in die opsig, dat hulle alle prikkels van die teenstander van God voor die gees gestel was nie en hulle moet eers hierteen weerstand bied. Eers dan het `n wese die weg na die hoogste volmaaktheid betree, dan het hulle hierdie toets op aarde deurstaan.
Daar bestaan ontelbare skeppings, ontelbare grade van rypheid kan bereik word deur die lewe op hierdie skeppings, ontelbare moontlikhede word vir die geestelike wesens ontsluit en almal is skole van die gees, egter verskillend in die werksaamheid en die omstandigheid daarvan. En die Wil van God om vorm te gee het geen grense nie en Sy gedagtes word ononderbroke omgesit in dade, in vorme en die krag van Sy liefde bring hierdie vorme, wat slegs deur Sy Wil duursaam gemaakte gedagtes is, ononderbroke tot lewe.
Alle wesens van die geskape hemelliggame is gelukkig en tog is die staat van geluk verskillend en begrens. Maar leed is slegs op die aarde die metgesel van die siel en in `n sterker mate in die gebiede in die hiernamaals, waar die siele vertoef wat nie hulle aardse lewensproef deurstaan het nie, wat gefaal het in die vrye wil, terwyl die wesens van die stralende hemelliggame God nooit ernstig weerstand gebied het nie, en daarom word die leed ook van hulle weggehou, tot ook hulle die weg oor die aarde gegaan het om die wilsproef af te lê, om die hoogste graad van volmaaktheid te bereik.
God se liefde, Lig en Krag vul die hele oneindigheid en onvoorstelbaar vir die mens is die veelsydigheid van al die skeppings, die lewe van die bewoners en die ontwikkelingsmoontlikhede wat die geestelike gebied is om onuitspreeklik salig te word. Die hele heelal is vervuld met die Krag van God, die sigbare en die onsigbare heelal is `n produk van die Wil van Sy liefde, dit is geskape vir die rypwording van die nog onvolmaakte geestelike en vir die positiewe ontwikkeling van hulle, wat in die diepte verdwaald is en na God moet terugkeer. Die aarde het egter `n besondere bestemming - slegs die aarde bied die moontlikheid aan die geestelike wat op haar beliggaam is, om die kindskap van God te bereik, die hoogste graad van volmaaktheid; en daarom moet ook die suiwerste engele hierdie weg gaan om kinders van God te word, wat die deurstaan van `n wilsproef vereis, wat maar net op aarde afgelê kan word. Dan egter sal die mees geluksalige wesens daar, hulle verbly in God se nabyheid, wat volmaak is en sal kan skep en vorm gee in vrye wil, wat ook God se Wil is, deur gebruik te maak van die krag uit God, soos wat dit in die allereerste begin so voorbestem was.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205