Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

DIE BEROU VAN DIE SIEL IN DIE HIERNAMAALS
B.D. 408110 Julie 1947
Vir die siel in die hiernamaals is die bewus wees van eie skuld aan haar situasie en om van elke moontlikheid beroof te wees om uit eie krag haar toestand te verander, `n vreeslike las. Maar die bewus wees bekom sy eers wanneer daar die verlange in haar kom om vir verbetering te sorg. Tevore was sy apaties, het geen moeite gedoen om opwaarts of na benede te gaan nie, voel alleen maar `n kwelling sonder weerga en was volledig willoos, tot daar vir haar, deur die hulp van ligwesens wat haar in vermomming nader, weer `n moontlikheid voordoen om met ander siele saam te kom, en nou in haar die drang ontwaak, om in `n ander omgewing te kom in die geloof om dan ook aan die toestand vol van kwelling te kan ontsnap. Nou word dit vir haar eers duidelik, dat sy dit moet inhaal, wat sy op aarde versuim het, dat sy werksaam moet wees in liefde.
En nou sien sy ook haar nuttelose lewe op aarde in en die spyt oor die vele onbenutte geleenthede is buitengewoon groot. Met goeie wil sal sy spoedig `n verbetering bemerk, want sodra sy berou voel, benut sy ook elke geleentheid om in liefde besig te wees teenoor die noodlydende siele, want `n siel wat verhard is, keer haar meer na benede en voel ook nooit berou oor haar eie skuld nie, omdat so `n siel deur beïnvloeding van bose kragte nooit haar onreg kan insien nie en gevolglik ook geen spyt voel nie. Die siel is eers by die besef van haar skuld in staat om in die strewe opwaarts te gaan. En dan begin ook die werksaam wees in liefde, wat haar krag voer om op te klim na bowe.
Die bewussyn van haar skuld is steeds die gevolg van medelye met die siele wat net soos sy, wat `n toestand vol kwelling te verdra het, en hierdie opwelling lewer die siel al die hulp van die ligwesens op, wat haar nou nie meer laat los, tot sy die weg omhoog gevind en opgegaan het nie. En hoe verder die siel in insig vorder, des te vlytiger kom hulle, wat in liefde werksaam is in die hiernamaals en bied almal, wat nog laer staan as hulle, hulp aan, omdat hulle hul kwellinge ken en hulle graag sou wil help om dit vir hulle te verminder.
En die besigwees in liefde laat nou die eie wroeging swakker word, en hulle het nou tog die moontlikheid om ryper te word, en ofskoon hulle ook nooit die hoogste graad kan bereik nie, die kindskap van God, wat alleen deur `n lewe in liefde op aarde verwerf kan word, is hulle tog geluksalig in die bewus wees om God, Wie hulle nou bo alles liefhet, te kan dien tot in alle Ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205