Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

DIE KWYTSKELDING OF BEHOUDENIS VAN SONDES. VOLGELINGE VAN JESUS
B.D. 3297 - 17 Oktober 1944
Vir wie u die sondes sal vergewe, dit is hulle vergewe, en vir wie u die sondes sal laat behou, dit bly hul behou. Dit is ook My Woorde, wat dikwels `n ander uitleg gekry het as wat daar deur My ingestel is. En om dit reg te stel is `n mens met `n gewekte gees nodig, hy wat My stem verneem en aan u mense My opheldering kan oorbring, sodat u vry sal word van dwaling en wandel in die waarheid.
My dissipels was bemagtig met die krag om in My Naam wonders te verrig, te genees, dooies tot lewe te wek en daardeur die mense die krag van hul totale geloof in My te bewys. Hulle was in `n geestestoestand wat al die bonatuurlike werksaamheid toegelaat het; want toe My Gees oor hulle kom, was hulle vervul met krag en lig, met mag en wysheid. Dus kon hulle die waarheid verbrei, omdat hulle hulleself daarin bevind het en hulle kon alleen al deur hul woord dinge volbring wat buite alle menslike vermoë gelê het. Want hulle was waarlik My leerlinge, deur My onderrig gedurende die tyd van My lewe op aarde deur die innerlike woord, hulle het vasgestaan in die liefde en in My geglo, daardeur kon hulle ook My Gees in hulle opneem en deur Hom werk.
Die buitengewone dade was tekens van die rypheid van hul siel, wat vir die mens weer bewys moes wees, welke buitengewone gawes die mens kan bereik as hy volgens My Wil leef, dit wil sê, hulle vorm volgens My ewebeeld – tot liefde. Want liefde is krag en as die mens leef in die liefde, is hy ook deurstraal van krag en lig, want die Gees van God, die uitstraling van Sy Krag, kan hom vervul.
En Ek het aan die mense `n lewe in liefde voorgestel. Ek het hulle getoon tot watter krag die mens kan kom en het na My dood lewende voorbeelde nagelaat, wat opnuut My liefdesleer verkondig het en ook `n voorbeeld van die krag daarvan as bewys gegee het, sodat dit die mens maklik kon geval om in My te glo. Maar Ek Self was te midde van My leerlinge, hoewel nie meer sigbaar nie, maar wel in die Gees. Ek het hulle gelei, omdat alles wat deur My Gees deurstraal is, onderwerp is aan My goddelike leiding, omdat Ek nou Self deur diegene kon werk wat in My Naam werksaam was.
Dus het die leerlinge nou dieselfde mag en dieselfde reg gehad, omdat alles wat hulle nou gedoen het, My Wil was, hulle was verlig deur My Gees, Wie die uitstraling is van My Self. Gevolglik het hulle ook die mag gehad om in My Naam die mense se sondes te vergewe, in die besonder dan, wanneer `n siekte die gevolg van hul sondes was en hulle, om hierdie siekte te genees, ook die sonde self van die mense moes kwytskeld. Sien hulle egter die onwaardigheid van `n mens in, hul ongeloof en hul van God afgewende wil, dan was hulle eweso bevoeg, om hulle in hul sondige toestand te laat; want hul menslike insig bepaal dit nie, maar die goddelike Gees in hulle, My Gees, Wat alles weet en dus ook op hoogte is van die onwaardigheid van `n mens en daarom ook van die nutteloosheid van `n barmhartigheidsvolle werksaam wees by hulle. Ek gee dus My leerlinge die reg om die mense te bedeel volgens hul insig, omdat My Gees in hulle werksaam was en Die vir die korrekte denke van My leerlinge ingestaan het.
Nou egter het die mense in wie My Gees nog nie werksaam is nie, hulle dieselfde reg aangematig. Hulle het die bevoegdheid om sondes te vergewe of te laat behou op die persoon self betrek, maar nie op die goddelike Gees in hierdie persoon nie, en dus alle "opvolgers" van die leerlinge volgens hierdie woord, en nie volgens hul gees nie, hierdie bevoegdheid toegeken en gevolglik die sin van My Woord verkeerd begryp, ofskoon hulle nou ook juis sou dink, wanneer hulle duidelik insien, wie in der waarheid My volgelinge is.
Hulle wat hulleself aangestel het, was dit nie, in teenstelling met hulle wat Ek aangestel het vir hul taak om op aarde te onderrig. Want Ek het My leerlinge die opdrag gegee: "Gaan heen en onderrig alle volkere". Maar om te kan onderrig, moet My Gees in hulle werksaam wees, sodat hulle die suiwer waarheid aan die mense uitdeel en hulle My liefdesleer in die wêreld kan verbreed. Maar die waarheid kan nie anders as deur die werksaamheid van die Gees in besit geneem word nie. En dus moet My dissipels beslis deur God se Gees verlig wees voordat hulle hulself tot My dissipels kan reken. Maar dan word ook hulle deurstraal met lig en krag en sal buitengewone dade kan volbring, die Krag van die Gees sal hulle in staat stel om siekes te genees, dus die mense te bevry van die sondes en die gevolge daarvan, sodat hulle in My en My Naam sal glo. Diegene wat deur My Gees verlig is, het Ek die mag gegee om sondes te vergewe, omdat hulle deur hul ryp geestestoestand ook insien, wanneer die mens waardig is dat sy sondes hom vergewe word, want hulle handel dan in My plek en Ek is Die Een wat in werklikheid hulle sondes vergewe.
Wanneer mense hulle egter bevoeg voel om die daad van sondevergewing te verrig, wat op geen enkele aanstelling deur My Self kan wys nie, wat nóg deur My Gees verlig is, nóg My woord in hulle verneem; dan kan hul wel met reg die aanstelling ontsê word, wat al daaruit blyk, dat hulle nie in staat is om die medemens te deursien om nou te oordeel of sy sondes kwyt te skeld is of om hulle dit te laat behou nie. Die beoordeling daarvan vereis die werksaamheid van die Gees, wat egter by die meeste wat glo om as God se dienaar geroepe te wees, ontken moet word, solank hulle nie die innerlike woord het nie. Eers deur My woord is hulle bevoeg om vir My te werk, want alleen My Woord maak hulle wetend, dit wil sê dit bring hulle die suiwere waarheid oor en dit is absoluut noodsaaklik om as My volgelinge vir My werksaam te kan wees.
Wie self die waarheid besit, kan dit ook deurgee en hy help daardeur die medemens om vry te word. Wie My Woord besit, sal ook die vermoë hê om te oordeel wanneer die mens `n wil het wat op God gerig is. Want die gesproke woord van die mens is bedrieglik, die hart hoef geen deel te hê aan dit wat die mond uitspreek nie. Die ware volgeling het egter ook die gawe van die deursien van die medemense, en dus weet hy ook watter mens die vergewing van sy sondes ernstig meen, en hy laat hom nie mislei deur vele woorde waaraan die innerlike oortuiging ontbreek nie. En daarom kan die vergewing van sondes ook geen algemene daad wees nie, omdat hulle alleen daar plek kan hê, waar die diepste berou dit voorafgegaan het en waar so-iets deur My volgelinge herken word. Maar dan sal sy oordeel geldig wees vir My, want hy handel alleen volgens My opdrag en sy werksaamheid staan onder My wil.
En dit het Ek My leerlinge met die woorde te verstane gegee, dat hulle volledig in hul handeling en denke met My ooreenstem, as hulle in My Naam werksaam is vir My, dat hulle nie anders kan dink en wil as wat My Wil is, as die goddelike Gees in hulle werksaam is, Wie hulle egter eers tot My dissipels bestempel. Want Ek Self stel vir My My dienare op aarde aan, omdat Ek waarlik weet wie tot die amp in staat is en wie Ek met die gawes kan voorsien wat vereis is vir hul taak op aarde om te onderrig. En Ek gee hul dan ook die mag, want hulle voer dan alleen maar uit wat in My Wil lê.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205