|
Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God BERTHA DUDDE
Hoofstuk 4
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20. |
|
|
SONDESKULD. GOD SE ERBARMING - SOENOFFER B.D. 3278 - 3 en 4 Oktober 1944 Op die mensdom het `n oormatige sondelas gerus toe Jesus Christus na die aarde gekom het om hulle te verlos. Dit is alleen vir diegene begryplik wat op hoogte is van die beweegrede van die aardse lewe as mens en van die sin en die doel van die skepping, want hierdie kennis dat die mens terwille van die sonde, die gang deur die skepping afgelê het en hulle nou, in die laaste stadium, van hierdie sonde moet bevry word om weer definitief na God terug te keer, van Wie hy in die allereerste begin uitgegaan het. Maar die sonde kluister die mens op aarde, die sonde versper vir hom die weg na God, dit maak dat die kloof tussen die mense en God nie te oorbrug is nie en dus maak die sonde die doel van die aardse lewe tot niet, dit stoot die mens weer in die diepste diepte terug, waaruit hy hom al deur die gang van die skepping omhoog geworstel het. Voor die geboorte van die Christus (Christus) was die mensdom belaai met sondeskuld, want hulle het God nie meer herken nie, hulle was in `n duister geestelike nag, hulle was gespeen van elke liefde en sonder enige strewe na volmaaktheid, hulle was ontsettend ver van God af en daarom in die grootste gevaar om in die afgrond weg te sink, dit wil sê sonder insig en sonder liefde die weg te gaan wat omlaag voer, in die ewige verdoemenis. Die verwyderdheid van God het tot uiting gekom in `n lewenswandel wat geheel in stryd was met die goddelike gebooie, dit was `n lewenswandel wat ingedruis het teen die goddelike ordening, dit was `n lewe in die mees duidelikste vorm van eieliefde, en so `n lewe was vol sonde en geheel gerig teen die wil van God. En so `n lewe kon die mens nooit meer die vrywording oplewer en `n geluksalige lewe na die dood nie, inteendeel was die gevolg daarvan `n geestelike dood, `n toestand in die hiernamaals van uiterste kwelling waar ewiglik geen einde aan kom nie, omdat die Geregtigheid van God vir elke sonde genoegdoening moes eis en die sondeskuld van die mense al onmeetlik groot geword het, sodat dit vir die mense `n hopelose saak was, om ooit in die nabyheid van God te kom. Maar die verwydering van God beteken vir die wesens kragteloosheid, onmag, duisternis en uiteindelik verharding van hul substansie; vir die wese beteken dit om geestelik dood te wees, `n toestand wat baie erger is as die nonbestaan, naamlik om totaal opgelos te wees. Maar die vergaan van die wese is onmoontlik, dus is ook die kwellinge van hierdie wesens, wie gladnie voor te stel is nie, ondraaglik en nimmereindigend. En dit wek medelye op by die ewige Godheid en Hy kom die sondige mensdom te hulp, deurdat die ewige Liefde Haarself in `n mens beliggaam, Wie nou in Sy alles omvattende Liefde die sondes van die mensdom op Hom geneem het, Wie dus die mense daarvan bevry, deurdat Hy boete gedoen het vir die sondeskuld, deurdat Hy God `n offer aangebied het as versoening. Wie Homself, dit wil sê Sy lewe gegee het om hul die vryheid weer terug te gee, om vir hulle die Ryk van God toeganklik te maak, wat alleen maar betree kon word in volledige suiwerheid, sonder sonde. Dus verlos Hy die mensdom van die sondeskuld, Hy neem alle skuld op Hom, Hy ly onuitspreeklik daaronder en offer Sy lyding en sterwe aan die kruis op aan die ewige Godheid om Haar genoegdoening te gee, om `n regverdige vereffening vir die mens tot stand te bring, sodat hulle weer nader aan God kon kom. En God neem die offer van die mens Jesus aan. Hy vergewe die mense die sondeskuld terwille van Jesus Christus en die poorte van die hemelryk word geopen vir almal wat Sy barmhartigheidsgeskenk aanneem. Hy verlos die mensdom van die sonde en haar skuld. Hy bied hul die laaste moontlikheid om die doel van hul aardse lewe te bereik. Sy oorgrote Liefde trag om vir die mense alle hindernisse uit die weg te ruim, wat vir hulle die toegang tot die ewige vaderland versper, maar die grootste hindernis was die sonde, want dit beroof die mens van sy krag en sy wil. En die gevolg van die sonde was, dat die mense kragteloos en willoos op die grond lê en uit hulself nie kon opstaan nie, omdat die las van die sonde hulle terneerdruk. En daarom neem Jesus Christus hierdie las van hulle af, Hy neem haar op Sy eie skouers en dra haar na die kruis, om nou deur Sy dood te boet vir die sondeskuld van die mense. Die mensdom, wie deur Jesus Christus vry geword het, kon nou Sy offer aanneem, maar ook afwys. Die verlossingswerk is volbring, en wel vir alle mense, maar teen hulle wil sal God aan hulle die barmhartigheid van die verlossingswerk nooit opdring nie. Maar hulle raak die barmhartigheid kwyt as hulle geen verlange daarna het om verlos te word nie. Dan druk die sonde nog met sy hele gewig op hierdie mense en dan word hulle onherroeplik na die afgrond omlaag getrek, want dan stoot hulle die Liefde van God af en moet hulle nog ewighede smag in hul onwetendheid; hulle sondeskuld kan nie verminder word nie, ja hulle sal by hierdie sondeskuld nog veel aardse sondes opstapel, wat God hulle eers dan kan vergewe, wanneer hulle Sy barmhartigheidsgeskenk aanneem, wanneer hulle dus met oortuiging kan glo, dat die oneindige Liefde van God Hom oor hul sondes ontferm het en vir hulle `n Verlosser gestuur het. Die geloof daarin sal bewerkstellig dat die mens berou sal hê oor hul sondeskuld, dat hulle Hom om vergewing sal vra en hulle aan Sy medelye en barmhartigheid oorgee en dat die barmhartigheid van die verlossingswerk dan dus by hulle werksaam word. Die mens sal toeneem in sterkte van wil en krag en kan hulle nou bevry word uit die mag van die teenstander van God. En alleen die mens kan van vergewing van sonde spreek wie bewustelik onder die kruis van die Christus (Christus) sy toevlug soek, aan Hom sy skuld beken en Hom
|
|
|
|
|