Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

VERGEWING VAN DIE SONDE DEUR JESUS CHRISTUS
B.D. 7442 - 31 Oktober 1959
U almal sal van My die vergewing van u sondes kan verkry, as u dit maar ernstig begeer en in Jesus (Jesus ), Wie vir al u sondes aan die kruis gesterf het, u weg neem na My. Dit was `n ontsaglike sondelas waarmee Ek na die kruis gegaan het, want dit was die sondes van die hele mensdom uit die verlede, die hede en die toekoms, wat Ek gedra het. Dit was die oersonde van die hele mensdom, net soos ook alle sondes wat elke mens afsonderlik op aarde gedoen het. Ek het alle skuld op My skouers geneem en daarmee na die kruis gegaan.
En of `n sonde hoe swaar was, Ek het Myself daarmee belas, omdat Ek u wou verlos van al u skuld, omdat Ek u die suiwerheid van hart wou teruggee waarin u slegs na My sou kan naderkom en My van aangesig tot Aangesig sou mag sien. Ek wou u almal rein was van u skuld. Ek wou boete doen vir alle sondes wat op u gedruk het en u onherroeplik geskei hou van My, omdat Ek My nie met die sonde kon verenig nie.
Daarom delg Ek alle skuld deur My verlossingswerk, maar vra van ieder mens of hy uit eie wil verlos wil word. Daarom moet elke mens dus sy sondeskuld insien, wat hom van My verwyder hou en hy moet My om vergewing van sy skuld vra. Want sonder die bekentenis van sy skuld en die vra om vergewing, erken hy nie die kruisoffer van die mens Jesus nie en kan sy sondeskuld nie vergewe word nie. U sal dus self moet wil dat u verlos sal word en vanuit hierdie wil sal u na My in Jesus Christus moet kom en vra vir u verlossing.
Dan sal u vry wees van alle skuld, vry van swakheid en gebondenheid waarin My teenstander u vir ewige tye vasgehou het. U sal vry wees van duisternis, want die lig van die Christus (Christuslig) deurstraal u, die liefde word in u ontsteek en verlig tot `n helder vlam, want hy wat sonder enige liefde is, het u nie meer in sy mag nie en Hy wat Self die Liefde is, het na u toe gekom en laat Sy lig in u hart straal, omdat sy nou rein geword het, omdat Jesus Christus die skuld tot niet gemaak het en u hart nou "God se tempel" geword het, sodra u in liefde leef.
En as u deur Jesus verlos is van alle skuld, dan sal u ook `n lewe in liefde lei volgens Sy Wil en Ek Self kan gaan woon in u hart, wat u My tot `n tempel toeberei het deur die liefde. Maar u sal onvermydelik eers vergewing van u sondes moet verlang en verkry, die ernstige verlange daarna verseker u ook van algehele vergewing, want Jesus Christus hoor elke roep wat uit `n met skuld belaaide hart na Hom toe opstyg.
Ek hoor u en vervul graag u verlange. Ek maak u skuld tot niet en trek u aan My Hart, omdat u nou tot die verlostes hoort, vir wie Ek My bloed op aarde vergiet het. Ek vra alleen die bekentenis van u skuld en dit is nie moeilik te gee nie, want u almal weet dat u swak, ongelukkige skepsele is, wat nog in onvryheid en duisternis van gees voortlewe, voordat u verlossing vind deur die Liefde van Jesus Christus in Wie Ek Myself op aarde beliggaam het. Die Liefde van die mens Jesus vir Sy medemense was so groot dat Hy vir die sondes van elke mens Homself wou offer, omdat Hy dit wou delg, om vir hulle die weg weer vry te maak na die Vader, wat in Hom was.
Sy Liefde was so groot, dat Hy elke mens wou help om geluksalig te word, en die geluksaligheid was alleen maar by die Vader te vinde en Sy Liefde laat Hom die bitterste lyding en sterwe op Hom neem, om daarmee die skuld te delg, wat `n onoorkomelike kloof geskep het tussen My en die wesens en wat eers oorbrug moes word, wat Jesus deur die verlossingswerk en Sy onmeetlike Liefde ook gedoen het. Hy het die brug geslaan tussen die mense en My, Hy het hulle gehelp om na die Vader te kom en Hy het Sy bloed aan die kruis vergiet vir alle skuld, sodat alle mense salig kon word.
Streef daarom ernstig daarna om van u sondeskuld kwyt te raak, sien u skuld in en beken dit en dra dit na die kruis en wend u tot die goddelike Verlosser Jesus Christus om vergewing. En u sal gereinig kan binnegaan in die ligryk, wanneer u aardse lewe beƫindig sal wees - u sal die weg na My, na die Vader gaan, wat Jesus Christus u voorgegaan het, die weg wat Sy Liefde gebaan het en wat iedereen moet gaan wat salig wil word.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205