Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

GOD VERDOEM NIE, INTEENDEEL, HY WIL VERLOS
B.D. 5593 - 2 Februarie 1953
Ek verdoem nie die mense en stoot die siele in die duisternis nie, veeleer stuur hulle self af op die diepte, hulle spreek self die oordeel oor hulle uit deur hul lewenswandel, wat so is, dat die vors van die duisternis besit van hulle kan neem en hulle na benede trek na sy gebied. Ek is `n God van Liefde en met al hierdie siele het Ek medelye, omdat My grondbeginsel is: Om alles wat eens uit My voortgekom het, gelukkig te maak. Ek sien hul nood, Ek sien hul deerniswekkende toestand en sou hulle graag wil help; dog solank hulle hulleself van My afwend, solank hulle nie bereid is om hulle deur My te laat help nie, hou My teenstander hulle vas in sy mag, want hulle wil hom die reg daartoe gee, soos egter ook die daaraan teengestelde wil My die reg sou gee om hulle op te help na bo.
Ek vergeef elke mens sy skuld, ofskoon Ek as `n God van Geregtigheid `n vereffening, `n genoegdoening moet verlang. Maar My Liefde vol erbarming het vir alle sondaars die moontlikheid geskep, om hul sondeskuld kwyt te raak, My Liefde vol erbarming neem die sondeskuld van almal op haar en betaal die boete deur die offerdood aan die kruis. En tog is daar vir elke siel die keuse gelaat om daarvan gebruik te maak, omdat Ek haar `n vrye wil gegee het, wat Ek nooit sal aantas nie. Maar dit is die vrye wil wat haar, as hy verkeerd gerig is, in die verdoemenis stort, in `n toestand wat so smartlik is, dat dit gelyk is aan die vreeslikste opsluiting in `n kerker en waarvan hulle meen dat dit haar deur My opgelê is en My daarom aansien as `n wrekende en bestraffende God, Wie haar van Hom afgestoot het in die duisternis. Die siel skep vir haarself `n lot, want wat sy is en waar sy is, is `n toestand wat in vrye wil nagestreef is, wat ook alleen maar verander kan word deur haar eie wil, maar wat ook onmiddellik verbeter word, wanneer die siel haar denke op My rig.
My Liefde gryp elke siel vas en help haar hoër op, wanneer sy die hoëre nastreef, dus haar op My sou wil rig. Ek is wel `n God van Geregtigheid, maar wat Ek vra as teenprestasie, as kompensasie vir die sondeskuld van die opstand van weleer teen My, slegs die erkenning van My verlossingswerk, dus die erkenning van Jesus Christus as God se Seun. Soos wat die geestelike hulle eens van My afgewend en geval het, so moet hulle hulleself weer na My wend in Jesus Christus om hoër te klim. Ek verlang alleen erkenning van Sy Goddelikheid, omdat Ek dan Self erken word, Hy wat My in die mens Jesus beliggaam het op aarde, om dit aan die mense, wie eens geestelik afvallig van My geraak het, te vergemaklik om die vroeëre sonde weer goed te maak.
Die mense is ver van My af, die mense is dus die geestelike wat eiewillig van My weggegaan het; nie Ek het die geestelike verdoem nie, maar hulle het in vrye wil op die diepte afgestuur, waaruit Ek hulle weer omhoog sou wil bring, maar hulle nie, teen hul vrye wil, in `n ander sfeer kan verplaas nie: Ek was en is en bly ewig die God van Liefde en selfs My Geregtigheid word deur My Liefde vol erbarming oortref, Hy wat `n weg gesoek het om die Geregtigheid voldoening te verskaf en tog die skepsele tegemoet te kom, sodat hulle Hom weer kon nader, wanneer hulle die wil daartoe het. En My Liefde sal Haar ewig inspan om die siele uit die diepte te verlos wat self verdwaald is; My Liefde sal ewig Haar helpende Hand uitstrek, Wie alleen maar vasgegryp hoef te word om uit die diepte te kan ontvlug, want Ek is geen bestraffende, geen verdoemende God nie. Ek is `n God van Liefde en Barmhartigheid, Hy wat hom ewig alleen maar gelukkig wil maak wat eens uit Sy Liefde voortgekom het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205