|
Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God BERTHA DUDDE
Hoofstuk 2
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20. |
|
|
ERFSONDE - VRYWORDING G.F.K. B.D.1447 - 1 Junie 1940 Daar word aan die mens vir sy uiteindelike vrywording die mees nie in te denke geleenthede gebied, maar steeds is ook die drang in hom tot sonde duidelik te merk en daarom moet die wil buitengewoon sterk wees om die drang te weerstaan en die vrywording na te streef. Dus moet hy voortdurend stry teen die verlange in hom, want dit sal meestal gerig wees op dit wat vir die vrywording van die gees belemmerend werk, omdat die weerstand andersins geen verdienste sou wees van die mens nie. Die krag van die mens is weliswaar nie toereikend om hierdie stryd met sukses te deurstaan nie, maar die wil laat die mens weer die krag van God vra, wat dan ook aan hom gestuur word. Die wil moet haar dus steeds teenoor die sonde verset, as die vrywording van die gees wil slaag.Sonde is alles wat teen die goddelike Wil ingaan, dus wat die mens skei van God. Die mens is gebore uit sonde, dit wil sê sy siel is die vereniging van geestelike wesenlikhede wat uit vrye beweging met God breek en teen Sy wil in handel, deurdat sy haarself in duisternis begewe en die lig bestry. Haar weerstand teen God het aan haar die gekluisterde toestand opgelewer, en dus is die siel nog steeds iets wat onvry is, gekluister, wat haar eers sal vrymaak deur self te wil gedurende die lewe op aarde. Die mens moet dus eers stry teen die sonde, dit wil sê teen alles wat gerig is teen die goddelike Wil. Die siel het alleen maar beliggaam geword met die doel om geleentheid te hê om haarself te verlos, om haar wil, wat sedert onheuglike tye teen God gerig was, op te gee, daarteen te stry en uiteindelik die vereniging met Hom na te streef uit Wie sy voortgekom het. Dus is geen mens by sy geboorte vry van sonde nie, vanweë die opstand van weleer teen God en dus is die woord erfsonde nou ook begryplik. Die mens neem die stryd op teen die in hom aanwesige drang wat gerig is teen die lig. Hy sal steeds moet stry om die staat van duisternis, wat om hom is, te verminder of op te hef, en hierdie stryd sal sy hele wil nodig hê, maar daar staan hom onmeetlike krag ter beskikking as hy sy wil ernstig aktief wil laat word en die krag uit God begeer. Dit is die wil, wat deur God gevra word. Gee die mens sy wil aan God as geskenk, dan gee God hom Sy krag in so `n mate, dat hy homself heeltemal kan bevry uit sy gekluisterde toestand, wat alleen maar die gevolg is van die sonde - die teen God gerigte wil. Elke mens besit by die begin van sy aardse lewe nog die teen God gerigte wil, maar kan by die verlaat van hierdie aarde dit heeltemal prysgegee het, dit wil sê, hom aan die goddelike Wil onderwerp het, en dit beteken vir die wese die uiteindelike bevryding uit sy onheuglike tyd durende gevangenskap. Amen
|
|
|
|
|