|
Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God BERTHA DUDDE
Hoofstuk 11
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20. |
|
|
OORTREDING TEEN DIE GODDELIKE ORDENING. SONDE - BEKENTENIS - VERGEWING B.D. 5181 - 31 Julie 1951 Die kleinste oortreding teen die goddelike ordening laat hom voel as verlies van krag volgens die goddelike wet dat, wie hom geheel bevind in die ordening van God, vervul is met krag en wie dit kwytraak, is die wat Sy wet van die ordening nie in ag neem nie. Want die laaste is `n negatiewe strewe, wat ook sy gevolge moet hê wat daaraan beantwoord. `n Oortreding teen die goddelike ordening kan egter alleen dit genoem word, wat heeltemal bewustelik uitgevoer word, deur middel van gedagtes of handelinge, wat dus ingesien word as synde teen God. Dus kan "sonde" ook alleen dit genoem word wat gedoen word wanneer in die volle bewussyn `n onreg begaan word, dus moet die mens op die hoogte wees van reg en onreg en dit vry doen wat hy insien wat onreg is, om `n sonde te begaan het. Hierdie definisie is belangrik, omdat by sondevergewing `n diep berou hoort, wat alleen maar gevoel kan word, wanneer die mens sy sonde insien en `n onbekendheid met die skuld van `n begane oortreding teen die goddelike ordening, hom nie as sonde aangereken word nie. Daarom is die skuldbekentenis absoluut noodsaaklik as die mens vergifnis wil kry, en hierdie skuldbekentenis moet verbind wees met die diepste berou, dit moet dus uit die hart kom, nie slegs met die mond uitgespreek word nie, omdat daar anders geen vergewing verkry kan word nie. Dus aan vergrype wat nie strydig is met die goddelike ordening nie, maar wat deur mense tot sonde bestempel word op grond van mens uitgevaardigde wette, kan wel van die kant van die mense straf opgelê word, maar hulle behoort nie tot die sondes waarvoor vergifnis deur God afgebid moet word nie, omdat God Self dit nie as sonde beskou nie en ook nooit `n mens as sonde sal toereken nie. Want `n oortreding teen die goddelike ordening bestaan altyd slegs daarin, dat die mens sondig teen die liefde tot God en die naaste. Alles wat uit liefde vir God en die naaste gedoen word, kan nooit in stryd wees met die goddelike ordening nie, soos omgekeerd alles wat teen die gebod van die liefde in gedoen word, nie in goddelike ordening kan verkeer nie, omdat die liefde die grondwet is en die goddelike ordening daarop gebaseer is. Lê dus steeds die maatstaf daaraan, as die begrip "sonde" vir u onduidelik is. `n Sonde moet goedgemaak word, wanneer die mens geen vergewing ten deel val nie, maar daarom moet dit as sonde ingesien en verafsku word, om die vergewing daarvan te verkry, en daarom moet die mens ook weet wat onder sonde te verstaan is, hy moet weet, of en wanneer hy die liefde tot God oortree het, of en wanneer hy teen die naaste gesondig het. En hierdie sondes moet hy na Jesus Christus dra en Hom innig vra dat dit hom vergewe word, terwille van Sy bloed. Dan sal hy vergewe word, dan sal hy vry word van sy skuld. Amen
|
|
|
|
|