Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

SONDE TEEN DIE GEES
B.D. 4053 - 31 Mei 1947
Dit moet as `n sonde teen die Gees beskou word as die mense die woord wat deur My aan hulle aangebied word as waarheid insien en dit tog nie wil aanneem nie, dit wil sê My dienare op aarde afwys of geen waarde daaraan heg om My Woord in ontvangs te neem nie. Dit is `n besondere barmhartigheid as My Woord aan die mens oorgebring word, want dit is die brood wat uit die hemele kom en het daarom ook `n besondere uitwerking op die menslike siel. Dit is gegee deur die stem van die Gees, dit is My Gees, Wie Hom met die geestesvonk in die mens verbind, dit is die hoogste geestelike goed, `n barmhartigheidsgawe van `n heel onvoorstelbare waarde en dit moet met dank ontvang word en ook as kosbare barmhartigheidsgawe gewaardeer word, deur hom wat dit as My geskenk insien, wie hulle deur die waarheid aangeraak voel, moet erken dat dit volgens sy inhoud waardevol en van goddelike oorsprong is.
En begryplikerwys sondig so `n mens teen die Gees, as hy My Woord onverskillig aanneem, as hy hom verset om hom die inhoud tot geestelike eiendom te maak, deurdat hy daaroor nadink en sy standpunt teenoor sy inhoud bepaal. Want Ek Self het hom genader en hy skenk geen aandag aan My nie; Ek het aan sy deur geklop en verlang om binne gelaat te word en hy neem My nie aan nie; Ek spreek tot hom en hy luister nie na My nie, Ek bied hom brood en wyn aan, My vlees en My bloed en hy wys dit af, wat vir hom verkwikking en versterking moet wees vir sy lewensweg op aarde.
En by wie Ek eenmaal naby gekom het, sonder om aangeneem te word, sal baie lank moet worstel voordat hy weer hierdie barmhartigheid ten deel sal val, hy sal nie maklik weer deur My uitgenooi word vir die Avondmaal nie, want hy het My eerste uitnodiging nie aangeneem nie. En die sonde teen die Gees weeg uitermate swaar, want dit kan `n totale gebrek aan insig tot gevolg hê; dit kan die mens volledig verblind in die gees, omdat Ek Self van hom dan die vermoë om in te sien, wegneem, wanneer hy eenmaal trag om die lig uit te doof deur sy weiering, omdat hy wel die skyning van die lig waargeneem het en tog nie die weg begaan het wat vir hom helder verlig was nie, omdat hy liewer op die ou weg wou verder gaan, waarvan Ek hom wou afgehaal het en op die regte weg lei.
Wie die werksaamheid van die Gees kan insien, het ook die verpligting om kennis te neem van die inhoud van die kennisgewing, wat afkomstig is uit My ryk, want Ek laat die mense op aarde waarlik kosbare kennis toekom en as die geloof aanwesig is dat die geestelike goed afkomstig is van My, moet dit ook gewaardeer word as `n goddelike geskenk, dit moet vol vreugde ontvang word en oral heen verbrei word, sodat ook die medemens, wat nie in staat is om self die stem van die Gees in hulle te verneem nie, in die seën van My openbarings kan beland.
En wie dit as My geskenk in ontvangs neem, sal geseënd wees, want hulle ontvang My Self en sal voortaan in My barmhartigheid bly. Ek Self is nou by hulle en My teenwoordigheid verseker hul voortdurende leiding, voortdurende hulp in elke nood en `n mate van barmhartigheid, wat hulle self deur hul liefde tot My kan vergroot en op aarde sekerlik hulle doel sal bereik - dat hulle hul kan vorm tot ligwesens, omdat My Woord hul tegelykertyd krag verskaf, om welke rede elke mens begryplikerwys leeg heengaan wat sondig teen die Gees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205