Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

GEREGTIGHEID - BOETEDOENING VIR SONDES - OORDEEL
B.D. 4510 - 13 Desember 1948
Die mense daag My Geregtigheid uit, want hulle sondig een stryk deur. Hulle is buitengewoon onverdraagsaam; hulle het geen liefde in hul hart nie; hulle is baie hoogmoedig, vervul van sinnelike begeertes; hulle het geen meegevoel vir die naaste nie; is vol afguns en nyd en deur hul liefdeloosheid in staat tot die slegste handelinge. En dus sondig hulle teen My gebod van die naasteliefde en teen My Self, Wie vir hulle hierdie gebod gegee het.
Maar wie teen My gebod van die liefde sondig, verloor My Liefde, hy verwyder hom van My en word steeds harder en harder, totdat Ek hom weer onderwerp aan die oordeel, dit wil sê wanneer sy hernieude kluistering in die materie plaasvind. Dan word My Geregtigheid genoegdoening gegee, maar die mens het oor homself reg gespreek, My wet lê alleen aan hierdie ontwikkelingsgang van die Ewigheid ten grondslag, wat met reg `n straf genoem sou kan word, wanneer dit tegelykertyd, nie `n middel om op te voed, beteken nie, dus steeds weer My Liefde vir die geskape wese laat deurstraal, en dit dus nooit as toorn te beskou is nie.
Geregtigheid skakel nooit die Liefde uit nie, maar Geregtigheid eis ook genoegdoening, sodat die sonde self kragteloos gemaak word. Want My skepsele ly onder die sonde en kan alleen deur `n passende boete die lyding verminder of ophef. `n Sondige mens bevind hom dus in die oordeel, dit wil sê in `n gekluisterde toestand wat vol is van lyding.
Hy moet genoegdoening verskaf, hy word gedwing om dit te doen wat hy as mens nie vrywillig hoef te gedoen het nie, - hy moet dien. Die mens is vrywillig diensbaar as hy die liefde in homself opwek. Maar sondes en slegte eienskappe verdring die liefde en hy trag om te heers, terwyl hy sou moet dien, en sy denke en handeling is sondig.
En as daar nou in dié stadium as mens geen verandering meer te verwag is nie, word hy in `n toestand oorgeplaas waarin die geestelike gedwonge is om dienend aktief te wees om weer die vrye toestand te bereik en hy die wilsproef van die diensbaar wees in vryheid nog eens kan aflê. Hierdie ontwikkelingsgang is van My uit alleen maar geregtigheid, ewenwel nie op toorn nie, veeleer op die Liefde gebaseer, en steeds deur die mens self in vrye wil bepaal, sodat hy homself in die oordeel stort, sodra hy sondig teen die gebod van die liefde vir God en die naaste.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205