Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

OORTREDING VAN GODDELIKE GEBOOIE. SONDE - GEBONDENHEID
B.D. 2059 - 6 September 1941
Sonde is om in stryd op te tree teen die goddelike gebooie, want dit vergroot die verwydering van God in soverre, dat Hy nie daar kan wees waar liefdeloosheid heers nie. Alles wat teen die gebod van die liefde ingaan, sal ook `n verkoeling van die goddelike Liefde ten gevolge hê en dus die geestelike wese self skade berokken, omdat sy daardeur in `n steeds onvryer toestand kom.
By `n mens is die uitwerking van hierdie toestand so, dat die mag van die teenstander van God oor hom steeds groter word, dat hy deur hom onder sy wil gedwing word, dat sy denke en handeling steeds so sal wees soos wat hy dit wil, dus steeds teenoorgesteld aan God. En dit is onvoorstelbaar smartlik vir die siel, want sy is nog so ver van haar uiteindelike bevryding af; sy neem die gekluisterde toestand saam in die geestelike ryk. Want slegs die liefde kan die wese verlos, gevolglik moet die liefdeloosheid vasgebind word. En wie dus liefdeloos is teenoor sy naaste, handel in stryd met die gebod van die liefde en sal daarom nooit vry kom uit die gebondenheid wat die opstand van weleer teen God hom opgelewer het nie.
Daarom het God die mense die gebod van die liefde gegee, wat hulle alleen maar hoef op te volg om daardeur nader aan God te kom en as `n geluksalige wese die geestelike ryk binne te kan gaan. Die mens kan sondig teen die gebod van die liefde, deurdat hy teen die goddelike liefdesleer handel, of ook handelinge agterweë laat wat blyke moet gee van liefde tot die naaste. Die mens moet die naaste nie alleen behoed teen skade nie, hy moet hom van nut wees, dit wil sê, hom alles laat toekom wat vir homself begeringswaardig skyn te wees, dan eers word die verbinding met God tot stand gebring; want na `n liefdevolle mens daal God Self af en keur hom Sy nabyheid waardig.
En dit beteken vir hom geestelike vryheid. Die mens bevry homself uit die mag van die vyand, want krag van God, wat deur Sy nabyheid oorvloei in die mens, is sterker as die krag van die teenstander van God. En die mens sal dan altyd oorwinnaar bly, wat homself deur werke van liefde verbind met die ewige Liefde Self.
By hom sal die kluistering verbreek word en hy sal vry word van alle dwang wat die teenstander van God op hom wil uitoefen.
Die gebooie van die liefde kan nie verontagsaam word nie, want dit is die middel wat verlos uit die eindelose lang tyd van kluistering. En dit beteken tegelykertyd die brug wat ons met God verbind. Want wie werksaam is in onselfsugtige liefde, kom daardeur steeds nader aan God en hy oorwin alle verwydering van Hom. Hy vervul die eis van God en sal ook die loon van God in ontvangs mag neem wat daarin bestaan dat God Hom met diegene verenig wat Hom in liefde dien, dit wil sê wie in sy medemens eweneens skepsele van God sien, aan wie hy goed wil doen. Slegs die onbaatsugtige werksaam wees in liefde het die ewige geluksaligheid tot gevolg, soos omgekeerd die gevolg van liefdeloosheid die verdoemenis is, en alles wat ingaan teen God of Sy gebooie, onreg is voor God, dus sonde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205