|
Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God BERTHA DUDDE
Hoofstuk 12
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20. |
|
|
DIE VERGEWING VAN SONDES B.D. 5261 - 27 November 1951 Die duidelike rigting van die wil na My toe, laat My ook die verandering in die hart van `n mens sien, dit toon aan My dat die mens na My verlang; dat hy die weg wat hy tot nou toe gegaan het, verlaat het; dat hy sy weerstand heeltemal opgegee het en My as Heer en Vader erken. Dienooreenkomstig is die doel nou werklik bereik, die mens het hom geskei van My teenstander, wat hy sedert ewigheid gevolg het en hy het na My kamp oorgekom, hy het die een sfeer verwissel met die ander, hy het die lig gesoek en die duisternis ontvlug. `n Verandering van wil in die hart van `n mens herken Ek egter steeds, en nou begin ook die proses van krag oordraging, sodat die wil, wat na My gewend is, versterking ondervind en die mens nou sonder ophou sy doel nastreef om met My verenig te wees. `n Verandering van wil het onvermydelik ook `n wesensverandering tot gevolg, die mens pas hom in sy wese by My Oerwese aan, op Wie hy afstuur. En so is die wil wat op My gerig is onvermydelik verbind met diegene wat hulle afwend van die sonde en die afsku daarvan; van onreg, van liefdeloosheid, omdat die wil andersins nog nie op My gerig is nie. Die mens wat vanuit sy hele hart op My gerig is; kan nie sondig nie, soos omgekeerd `n sondaar nog geen verlange daarna het, om hom met My te verenig nie. Maar `n sondige mens kan deur vermaning en aanwysing op sy slegte toestand opmerksaam gemaak word, en tot nadenke gebring word, hy kan dan sy toestand as sondig insien en daarvan afsien. Die sondelas as sodanig druk dan op hom en van hierdie las trag hy om vry te word. Word hy nou op die Verlosser Jesus Christus as Delger van sy skuld gewys, dan lê hy Hom wel die skuld voor en vra Hom terwille van Sy bloed om vergewing. Dan het die skuld hom na Jesus Christus gedryf, nie die liefde vir My nie. Iedere sondaar vind vergewing deur Jesus Christus, deur sy geloof aan die verlossingswerk en die hulp van die deur Hom aan die kruis verworwe barmhartigheidskat. Maar nie net die sonde moet Hom dryf nie, maar ook die liefde. Die mens moet eers aan My en dan aan homself dink, dan vind hy by My die hoogste Wederliefde, dan sal hy nie vanweë die las vry wil word van sy sondes nie, veeleer omdat dit `n hindernis is by die vereniging met My en omdat hy My Liefde vir hom hoër aanslaan as die delging van sy skuld. U almal is met skuld belaai, omdat u andersins nie op aarde sal leef nie, want u menslike omhulsel alleen al bestaan uit iets geestelik wat skuldig geword het; die siel kan al wel meer voleindig wees, sy is egter tog van benede afkomstig, dit wil sê saamgestel uit iets geestelik wat deur alle aardse skeppings heengegaan het, wat sy laaste wilsproef moet aflê op aarde. Gevolglik moet sy haar in die aardse lewe bevry van haar skuld van weleer, juis deur die verandering van haar wese, deur die bewustelike strewe om by My te kom. En omdat alleen dit beoordeel word, wat hulle in vrye wil doen, is die tot My toegekeerde wil ook die bekentenis van die vroeëre skuld. Want die siel gee haar weerstand teen My op, dus erken sy My as Skepper en Vader van ewigheid. Niemand kan haar tot hierdie wilsbeslissing dwing nie, omdat alleen dit beoordeel word wat uit die innerlikste van die hart opstyg. Buig die siel haar in diepste deemoed voor My, dan het ook al die liefde in die hart ontvlam, dan sien sy haar weerstand van weleer as sonde in. Sy gee haar in deemoed aan My oor en het dus ook in die hart haar sonde beken voor haar Vader, Wie die siel liefhet. Daarom verlang sy na Hom en doen alles in gehoorsaamheid en in liefde tot My wat Ek verlang. Ek, Wie in die hart sien, is presies op hoogte van die graad van liefde en van die rigting van die wil van `n mens en daaraan beantwoordend gaan My Liefde en My barmhartigheid na hom, want Ek gee nie meer op wat eens deur middel van sy wil die weg na My gevind en hom vir My uitgespreek het nie. Die gevalle wese het die hoogte beklim, hy wil nie meer in die sonde bly nie, in verset teen My nie, wat die gevolg was van liefdeloosheid. Hy sal ook alles verafsku wat maar na `n kleinste weerstand teen My sou kan lyk. Hy kan nog wel val, maar dan alleen uit swakheid en op so `n val sal ook die berou dadelik volg, wat smartlik is en pyn veroorsaak by die mens wat al aan My behoort, en My Liefde is steeds bereid om te vergewe waar Ek die liefde tot My sien. Want die siel spreek die oordeel teen haarself hard en regverdig uit en haar bede om vergewing is `n smartlike roep na omhoog, wat Ek waarlik nie onaangehoor sal laat klink nie. Amen
|
|
|
|
|