Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

DIE VERGEWING VAN SONDES
B.D. 5262 - 29 November 1951
Verneem die stem van die Gees, Wat so tot u spreek: Geen skuld is so groot dat dit nie gedelg sou kan word deur My Liefde nie. As u gefaal het, trek Ek nooit My Liefde van u af terug nie, maar die vergewing van die sonde hang van uself af. U sal dit as sodanig kan insien en opreg bedroef daaroor wees dat u teen My gesondig het. U sal die sonde as sonde moes ingesien het en dan bewustelik My vergewing afsmeek. Maar u sal u skuld alleen insien, wanneer u My as die ewige Liefde erken, Wie bomatig goed is vir u en Wie u dus deur die onreg beledig het. Want die sonde is `n vergryping teen die liefde, die sonde is `n oortreding teen die ewige ordening, wat altyd My Liefde as grondslag het.
U sal dus liefdeloos moes gehandel het, u sal teenoor die goeie iets boos moes gestel het, u sal dus die gebod van die liefde teen My en die naaste moes oortree het, en dit in die volle besef dat dit `n onreg is. Dan eers kan daar in u `n ware opregte berou ontwaak, dan eers sal die skuld op u druk, en dan eers sal u die sonde verafsku en die vaste voorneme opneem om dit nie meer te doen nie.
En gaan u nou met hierdie sondeskuld in deemoed en met berou voor My staan en vra u My om vergewing, dan is ook u sondes u vergewe, want u kom dan tot Jesus Christus, die Verlosser van die wêreld, u kom na Hom toe aan Wie u uself kan voorstel, Wie vir u mense `n gestalte aangeneem het, sodat u self tot Hom kan kom, Hy wat al u sondes gedra het, Wie vir u gesterf het. Hy is die Een, aan wie u u sondes moet toevertrou. Hy is die Een wat u op menslike vlak benader het, Wie Hom op aarde met My verenig het en dus My in alle volheid in Hom dra, toe Hy nog op aarde gewandel het. Hy en Ek is Eén, slegs sodat Ek vir u voorgestel kan word deur Hom, terwyl u vir uself andersins geen voorstelling van My sou kon gemaak het nie.
Die goddelike Verlosser Jesus Christus sal u alles kan vertel wat u bedruk, omdat Hy, net soos u, mens was op hierdie aarde en vir alle menslike foute en swakhede begrip het, maar ook omdat Hy die liefde in Hom tot die grootste en volle wasdom gebring het en kragtens hierdie Liefde ook elke sondeskuld tot niet gemaak het as dit na Hom toe gedra word, as die mens dit voor Hom beken en hy Sy vergewing afbid. Maar alleen die stem van die hart kan hierdie bede om vergewing uitspreek en alleen dit word deur My gehoor.
Soos die hart van die mens voel, so voel Ek haar ook en so word ook My Liefde werksaam, aan hom verlenend of ook aan hom verbergend, na gelang van die roep wat die hart na My omhoog stuur. As liefde tot die Liefde roep, sal dit vervul word, maar waar die hart swyg, daar help die mondelingse bekentenis niks, want slegs die liefde ontbind en verlos, slegs die liefde bevry van alle skuld.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205