Boek 23 - Die Geregtigheid en Barmhartigheid van God
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

VERSOENING VAN DIE SKULD DEUR JESUS CHRISTUS
B.D. 6513 - 30 Maart 1956
Om die kwaad van die mensdom op My te neem, was onbeskryflik swaar. Daar was geen enkele slegte daad wat nie sy uitwerking op die mense gehad het nie, en u sou onmeetlik moes ly, sou u alle sondes wat u belas, self sou wil goedgemaak het. Slegs die sonde van die allereerste opstand teen God was so groot dat u dit nooit sou kon betaal nie, nóg in u gekluisterde toestand, nóg in u toestand as mens. Daarom het Ek al u skuld op My geneem - die uitwerking van die kwade daad het Ek opgevang – alles het Ek op My menslike liggaam gelaai en dit het nou u skuld versoen deur `n bomatige smartlike lyding en sterwe aan die kruis.
My Liefde het My beweeg om u te help en al die ligvolle geestelikes, alle geskape oergeeste wat My trou gebly het, was vervul met dieselfde liefde tot u. Die liefde laat egter niks verlore gaan nie, die liefde laat niks in duisternis, nood of kwelling nie. Die Liefde Self bied Haar aan tot redding, tot delging van die groot skuld. In `n Wese vol van lig en liefde daal die Liefde Self na die aarde, immers, wat daar op aarde sou moes geskied, moes in `n menslike vorm gebeur. Ek Self moes My in die vlees beliggaam en het My verblyf in die mens Jesus daartoe geneem, Hy wat ewenwel so rein en sonder sonde was, dat Ek My in Hom kon manifesteer.
En hierdie mens Jesus het u van u skuld gereinig, hierdie mens Jesus het die ontsaglike sondelas van die mensdom op Sy skouers geneem en het daarmee na die kruis gegaan. En sou die onmenslike lyding steeds weer aan u geskilder word, sou u dit nooit in sy hele diepte kan begryp nie, want die gebrekkigheid van u wese verhinder dit. Sy pyne was onvergelyklik swaar en Hy het dit al lank vantevore geweet, want Hy was vervul van My Gees waardeur Ek Self My verblyf in Hom geneem het. En daarom was daar ook niks vir Hom verborge nie en het Hy alles oor Sy sending geweet en ook oor Sy kruisdood.
Sy siel het gesidder en gebeef omdat Hy mens was. Sy deur die liefde bereikte goddelikheid het Hom wel krag gegee, maar dit het nie die maat van die lyding verklein nie. Dit was die kruisweg van `n mens wat vir Sy medemense wou ly om hulle te help, want hierdie Mens het die onmeetlike lyding geken van hulle wat in die diepte deur My teenstander vasgehou was. Jesus wis dat daar `n offer gebring moes word om die siele van hierdie teenstander vry te koop. Hy wis dat die groot sondeskuld gedelg moes word om aan die Geregtigheid van die Vader te voldoen, Wie geen, met skuld belaaide, kind in die Vaderhuis kon opneem nie. Hy wou aan My My kinders terugbring. Hy wou die prys betaal om die siele vry te koop.
En omdat die skuld reusagtig groot was, moes die offer ook ongewoon groot wees. Deurdat die mens Jesus dit geweet het, neem Hy die oorgrote lyding op Hom, daarom verset Hy Hom nie teen dit wat geen mens buite Hom sou kon verdra het nie. Bewustelik gaan Hy die weg na die kruis en ly onnoembare pyn, wat ten slotte eindig met die smartlikste dood aan die kruis.
Om aan u mense die grootte van die werk van barmhartigheid te laat besef, is nie moontlik nie, maar u moet u steeds weer voor oë hou dat Hy heeltemal sonder skuld was en vir u, wat sonder Sy werk van verlossing, nooit meer uit die diepte na die Vader sou kon terugkeer nie, gely het. Ek Self was in die mens Jesus; die liefde het Hom vervul waarsonder Hy nooit die werk kon volbring het nie. Maar in die swaarste ure van Sy lydingsweg moes Ek My stil in Hom skuilhou, omdat `n mens moes ly en sterwe, want die Godheid in Hom kon nie ly nie. Volgens goddelike Geregtigheid kon die Godheid egter die skuld ook nie sonder versoening tot niet maak nie.
Die allergrootste werk van barmhartigheid wat vir u mense nog onbegryplik is, sal u eendag in sy hele diepte kan bevat. Die mens Jesus het Hom deur Sy menswees in u sfeer bevind en daarom het Sy siel gely, wat uit die Hoë, uit die ryk van die lig, neergedaal het, so verskriklik, want Sy het die diepste duisternis aanskou en was daardeur beklem deur die kragte van die hel.
Daarom het die mens Jesus nie alleen liggaamlik gely nie maar ook Sy siel moes die ergste kwelling verdra wat Sy lyding nog eens duisendvoudig vergroot het. Maar Hy het vir u mense verlossing gebring van sonde en dood.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205