Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

GELOOFSTRYDSTRYD – ANTICHRIS
Februarie 1957
Hoe nader die einde kom, des te heftiger sal die stryd tussen Lig en duisternis ook ontbrand, maar al die verskrikkinge van die stryd sal u eers raak wanneer hy homself teen My aanhangers rig. Wanneer die geloof aan My in Jesus Christus verdring sal word en die Verlossingswerk die aanvalsdoel van My teëstander sal word. Wanneer die mense tot `n openlike belydenis van hulle geloof opgeroep word en `n afsweer van die geloof met die brutaalste middele afgedwing sal word.
Dan eers breek die tyd van nood en ellende aan wat Ek Myne beloof het om te verkort, want dan eers word die woede van My teëstander duidelik en die mense ken geen remming meer nie. Hulle deins vir niks terug nie, omdat hulle deur Satan aangespoor word en het hulleself geheel aan sy wil oorgegee. Laat dit vir u gesê word dat daar nie meer baie tyd sal verloop voor die geloofstryd nie, waar vooraf nog groot nood oor die aarde sal kom oor die wat egter `n ander uitgangspunt sal hê, wat die mense deur My wil sal tref, sodat hulle reeds deur nood hulle geloof kan bewys of kan versterk. Vir baie mense in nood sal dit wel, wanneer `n natuurgebeurtenis van groot omvang die mense tref, aanleidend wees om die geloof aan te val, omdat hulle nou eers erg aan `n God en Skepper gaan twyfel wat Self vernietig wat Hy geskape het.
Maar vir wie in die waarheid onderrig is, is daar ook vir alles `n korrekte verklaring. En as hy die waarheid aan sy medemens deurgee, kan dit in die daaropvolgende geloofstryd veeleer tot `n sterk geloof voer, wat ook stand sal hou in alle verdrukkinge waaraan die gelowiges blootgestel sal wees. Dat die meeste mense egter geen lewende geloof meer sal hê nie, is die werk van My teëstander, wat nie sal ophou om teen My en die waarheid in te gaan nie. Hy sal by die mense meer sukses hê as die aanhangers van die suiwer waarheid, die ware verdedigers van die leer van die Christus - want hulle word selde nog geloof geskenk.
Die teëstander kan die mense aanbied wat hy wil en dit sal aanvaar word. Daarom moet daar vooraf al `n suiwering kom en elkeen moet homself oopmaak en vry uitspreek, vir of teen My. En elkeen moet persoonlik die beslissing neem in die komende tyd van nood wat deur My wil oor die aarde kom, want as Ek spreek deur die geweld van die natuur staan almal voor die beslissing om My om hulp aan te roep of homself geheel van My af te sonder, dit wil sê om uself by My teëstander aan te sluit.
Maar kom daar nog eenmaal die beslissing wat openlik geneem moet word; dit sal in die laaste geloofstryd op aarde van u mense vereis word om getuienis af te lê van My in Jesus Christus of om My te verloën. Dan weet u dat u deur My in die waarheid onderrig word en dat die einde gekom het, dat Ek die dae sal verkort ter wille van Myne en dat Ek self sal kom om hulle by te staan en te verlos uit hulle nood. Dat Ek hulle sal opneem vanaf die aarde en bring na `n oord van vrede, voordat Ek die vernietigingswerk volbring wat `n einde vir al die geskapenes op die aarde beteken.
As u dit tog maar wil glo wat Ek steeds weer aankondig, want die toestand op aarde moes u reeds bewys het dat My teëstander daar huishou, omdat hy weet dat hy nie meer baie tyd het nie. En dat My teëstander woed en die aarde deur synsgelykes bevolk is, hulle is deur u almal te herken en sou u tot nadenke moet stem.
Elke dag is nog `n barmhartigheid vir die mense, want ook die mees verdorwe mens het nog die moontlikheid om homself te verander en voor die einde die geloof in My te verkry. Ek sal alles probeer om nog voor die einde siele aan My teëstander te ontruk en wie in My glo sal salig word, maar die ongelowiges moet die lot deel van hom vir wie hulle vrywillig gevolg het.
Maar u, My kinders, wees nie bevrees nie, want ook in die komende tyd van nood sal dit u aan niks ontbreek nie, selfs as die aardse u ontneem word wat u vir die lewe nodig het. Want sodra u glo dat Ek Self vir u sal sorg wanneer u vervolg sal word ter wille van My Naam, hoef die maatreëls van u vyande u nie meer te verskrik nie. Wat hulle van u sal afneem, sal u van My af terug ontvang, al is dit in `n andere vorm. Maar aardsgewys sal u niks tekort kom nie, omdat Ek u honger self sal stil. Want kyk na die voëls in die lug, hulle saai nie en maai nie, hulle versamel nie in die skure nie en tog voed u Hemelse Vader hulle.
Dink aan die woorde, dink daaraan dat Hy wat alles skep, ook kan onderhou wat Hy geskape het, en ook sekerlik sal help as Syne in nood verkeer.
Maar die tyd sal kom waarin mense u deur brutale maatreëls sal wil dwing om van u geloof af te val, en wie swak van geloof is, sal geen stand kan hou teenoor hul maatreëls nie. Dit is sterk geloofsbeproewinge wat u opgelê word en vir die tyd wil Ek u toeberei, want dan kan u ook vir u medemens `n ligtende voorbeeld wees. U sal hulle kan bewys wat `n sterk geloof kan vermag en dat u leef ofskoon alles wat u nodig het om te lewe, van u ontneem is. Soek daarom steeds die ryk van God en Sy geregtigheid, dan sal al die ander u toegewerp word. Ook hierdie belofte sal baie duidelik vervul word aan die wat Myne is, aan hom wat van My en My Naam getuig voor die wêreld: Aan hom wat die aardse gesag nie sal vrees nie, omdat hy homself onder My beskerming geborge voel. Eers dan sal dit blyk wie `n lewende geloof het, maar daar sal maar weinig wees.
En dan sal die geboue ineenstort wat nie op die rots van die geloof, maar enkel en alleen op sand gebou is. Dit sal `n swaar tyd wees wat geen mens sou kan deurstaan as Ek nie die waarheid vooraf na die aarde stuur nie, wat oor alles opheldering sal gee en alleen `n sterk geloof ten gevolge het. Die dwaling kan geen mens die krag gee om te volhard nie, alleen waar die liefde is, is ook die krag van die geloof te vind.
`n Besondere mens sal homself aan My teëstander as `n sigbare omhulsel aanbied, en hierdie mens sal dan ook die laaste stryd op aarde inlui. Let op hom en u sal weet dat die uur van die einde nou ook baie naby is. Maar let ook op My afgesante van Bo wat tegelykertyd optree om u mense met `n “lig” voor te gaan wat u moet volg. Let op almal wat My woord lewendig verkondig en sluit u by hulle aan sodat die klein kudde kan saamkom, sodat hulle hulself steeds meer "lig" kan verskaf en hulle geloof stadig kan groei. En aan almal van hierdie beloof Ek My beskerming, My Vaderlike sorg en My seën, en hulle hoef nie te vrees om die slagoffer te word van die brutale geweld nie, want Ek sal Self kom en hulle wegneem, so gou as wat die maat van My teëstander vol is en die ergste gevaar Myne bedreig. En daarom sal Ek ook die dae verkort, sodat Myne kan standhou en nie swak word in die aangesig van die vervolgingsmaatreëls nie.
Aangesien Ek egter nog `n laaste reddingsmoontlikheid vir enkele siele sien, hou Ek My Hand beskermend oor hulle wat vir My opkom teenoor die wêreld, sodat hulle hulself aan hulle sterk geloof kan oprig en sodat daar `n MAG herken kan word wat sterker is as alle wêreldse mag. Daarom sal Ek wat Myne is op`n buitengewone wyse versorg, en hulle sal hulself ondanks vyandige maatreëls tog kan handhaaf, - liggaamlik en geestelik.
Dit alles sal homself binnekort afspeel, want wat u nog nie tot op die hede vermoed het nie, sal homself voltrek. Daarom maak Ek u nou al daarop opmerksaam, en u, wat deur My onderrig word, weet dan ook waarom dit alles sal geskied. Vir u is ook die geestelike nood op aarde duidelik en u kan ook aan die tekens van die tye die stand op die wêreldklok sien. Wanneer die geloofstryd egter sal ontbrand, hoef u nog maar net op `n baie kort tydjie te reken, want alles sal homself dan besonder vinnig afspeel.
Hierdie man wat My teëstander vir homself as omhulsel sal kies, sal nie `n lang lewensduur hê nie, sy heerkappy op die aarde sal nie lank wees nie. Sy bonatuurlike talente sal hom herkenbaar maak en My teëstander sal hom oorvloediglik voorsien, daarom werk hy vir hom en sy planne. Ofskoon hy deur die gehele wêreld gehuldig word, sal u hom tog herken en deursien.
U moet hom egter in groot versigtigheid in ag neem en uself nie moedswillig in gevaar begewe deur `n te groot ywer nie, u moet so listig wees soos die slange en sagmoedig soos die duiwe. Maar wanneer daar `n beslissing van u verlang word, moet u stand hou en vas op My en My hulp vertrou.
Want al is sy mense hoe magtig, teen My Mag kan hulle nie staan nie en `n sug van My is voldoende om hom te vernietig. Daarom sal Ek halt gebod as die uur gekom het en sal hulle na My toe neem wat in die grootste aardse verdrukking verkeer, en die verdrukkers self in kettings sluit, want die tyd is verby en `n verlossingsperiode gaan ten einde en `n nuwe tydperk begin, sodat die verlossing van al die geestelikes kan deurgaan.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205