Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

GELOOFSTRYD - ANTICHRIS BELY VIR DIE WÊRELD
11 Maart 1953
`n Sterk beproewing sal aan U opgelê word in die laaste tyd voor die einde, en wat u nie as moontlik beskou nie, sal gebeur. Want alle geloof word bestry en as gevolg daarvan sal die mense hulle geloof onder mekaar verloën, sodat niemand meer sy gesindheid laat sien nie en elkeen die vyand sal wees van die ander. Maar hier vra Ek van u, as My aanhangers op aarde, `n openlike belydenis, want die tyd het dan gekom waarvan geskrywe staan: "Wie My sal bely voor die wêreld, die sal Ek bely voor My Vader". Want so `n belydenis kan nog vir baie `n bemoediging wees, sodat hulle hulself nie sal verberg en ook geen aardse vyande sal vrees nie.
Dit sal `n swaar tyd wees, en tog hoef u dit nie te vrees nie, solank u uself in gedagte met My verbind, want Ek is Self by u en lei u skrede, u woorde en gedagtes. Vrees hom nie, wat wel u liggaam, maar nie u siel kan dood nie. Sodra dit oor u geloof gaan, weet u ook dat die tyd gekom het wat Ek verkondig het, en dat die laaste einde nie meer veraf is nie.
Die voorafgaande geloofstryd is die laaste fase op die aarde, en so seker as wat dit sal ontbrand, so seker sal ook die einde kom waarna u, My dienare en getroues, maar net hewig na kan verlang, omdat dit vir u verlossing uit alle nood sal bring. Maar die voorafgaande tyd moet daar wees om die mense nog die geleentheid te gee om `n beslissing te maak. Dan eers sal dit blyk wie aan My en wie aan My teëstander behoort, wie die wêreld meer liefhet as vir My en homself daarom aan hom sal oorgee. Want hy sal My verloën. En die skandelike optrede teen die van Myne sal `n getuienis wees van die aktiwiteit van My teëstander, wat homself in die Antichris sal beliggaam en brutaal teen My aanhangers sal optree, en dus ook teen My self.
Maar u krag en u moed om My te bely en u wil tot liefhê sal toeneem, en Ek sal u bystaan op so `n ooglopende wyse, dat u My sal herken en My Naam dan ook nog steeds harder sal bely voor die wêreld.
En ter wille van My uitverkorenes sal die dae verkort word, baie vinnig sal die einde kom, en Ek self sal kom om Myne te help en sal hulle wegneem, sodat hulle van die vernietigingswerk op die aarde verskoon bly en vrede sal vind na die swaar tyd van beproewing. - Maar al die ander sal deur die laaste oordeel getref word, want alles sal vervul word soos wat dit verkondig is in die woord en geskrifte.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205