Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE TEËSTANDER GAAN SY MAGSBEVOEGDHEID TE BUITE
21 Desember 1960
Aan die aktiwiteit van die teëstander word `n einde gemaak sodra die uur gekom het, wanneer Ek die lewendes en die dooies sal oordeel. Eenmaal moet die oordeel weer plaasvind, want alles het buite die ordening getree en daarom is `n opwaartse ontwikkeling van die geestelike nie meer gewaarborg nie.
Die mensdom weerstaan nie meer die werke van My teëstander nie en is volledig aan sy wil onderworpe, en hy misbruik sy mag op `n manier wat dit selfs vir My aanhangers moeilik maak om by My te bly. Hy gaan sy magsbevoegdheid te buite deur te poog om My geheel en al uit die gedagtes van die mense te verdring, en vind wat dit betref ook genoeg aanhangers wat sy wil uitvoer, naamlik om openlik stryd te voer teen die geloof.
U mense is egter op aarde om te kies tussen twee Meesters, en u moet derhalwe ook van beide Meesters op die hoogte wees. Maar hy probeer die wete oor u God en Skepper te verhinder, hy probeer alle geloof van u af te neem en wend geweldsmiddele aan, deurdat hy die maghebbers aanspoor om meedoënloos op te tree teen die geloof en ook teen die wat Myne is en wat My Naam voor die wêreld bely. En daarom sal daar vir hom nie baie tyd meer oorbly nie, hy sal weer gekluister word op die dag van die oordeel.
Wanneer u mense dus die begin daarvan kan sien en ook sien hoe die stryd teen die geloof openlik sal ontbrand, dan kan u dit ook verseker ag dat die tyd van die einde gekom het. Want dan gaan hy sy magsbevoegdheid te buite en val daardeur onherroeplik in die hande van die oordeel. Want sy mag is geweldig en hy misbruik dit, maar Ek sal hom stopsit sodat al die mense hom nie ten prooi val nie, sodat Myne aan My trou kan bly tot die einde toe.
Nou kan mense sy aktiwiteite nog te voet volg en hulle afsonder van hulle wat aan die teëstander behoort. Die wat Myne is, kan bymekaar aansluit en mekaar versterk en troos. Maar wanneer My teëstander die laaste stryd op aarde sal begin, sal u uself moet afsonder, want u kan dan nie meer openlik spreek nie en u sal deur die wêreld en deur hulle wat aan die wêreld behoort, bestry word. En dan kom dit daarop neer om My openlik te bely en u hoef dan ook geen vrees te voel nie, want My krag sal na u toe stroom, sodat u My ook trou kan bly, sodat u My met blydskap kan bely en u krag des te meer na buite kan kom. Ek het die tyd steeds aan u voorspel, en dit sal gebeur soos wat dit verkondig is. Maar u sal ook ervaar dat u steeds meer teëstanders sal vind, en dat die haat teen u wat My woord verkondig, sal vererger. En u sal dan goed daaraan doen om die vyand te vermy, sodat u uself nie moedswillig in gevaar begewe nie.
Want dan sal u so listig moet wees soos `n slang en so sag soos `n duif, maar u mag My nie verraai nie. Wie buiten My sou u van krag kan voorsien? - Wie buiten My sou u kan beskerm en weer uit alle nood weglei?
My teëstander sal deur My gekluister word wanneer die tyd vervul is en aan sy aktiwiteite sal `n einde gemaak word. En u kan daarop reken dat Ek u lot vir Myself sal aantrek, wanneer die tyd van die einde gekom het, wanneer u moet beslis welke Heer u wil erken. Want wie aan My wil behoort, sal hy nie tot `n val kan bring nie, omdat Ek aan hulle kant sal stry, en hy waarlik nie teen My mag opgewasse is nie. Hy sal weer gekluister word vir `n eindelose lang tyd en saam met hom ook sy aanhang, sodat daar weer `n tyd van vrede kan aanbreek vir die mense wat dan nie meer deur hom lastig geval kan word nie.
Maar die tyd van vrede sal eers aanbreek op die nuwe aarde, want eers moet die ordening weer herstel word. Eers moet die geestelike geoordeel word en dan eers sal die opwaartse ontwikkeling weer deurgaan, dan eers sal daar vrede wees in die Hemel en op aarde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205