Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

OM GOD AAN TE ROEP OM HULP IS IN DIE EINDTYD NOODSAAKLIK
3 Maart 1946
Voortaan sal dit noodsaaklik wees om My hulp steeds weer af te bid, as u nie wil beswyk in die lewenstryd, in aardse sowel as in geestelike nood nie. U kan wel as oorwinnaars te voorskyn kom sonder om My om hulp aan te roep, maar dan is u reeds in die mag van My teëstander wat u die krag gee om te seëvier, maar as teenprestasie beslag lê op u siel. En om aan sy laasgenoemde krag gebonde te wees in die komende tyd is u grootste onheil, want u gaan daardeur vir ewig verlore in die ryk van die duisternis. U ruil vir `n kort tydjie My krag vir `n ewigheid van kragteloosheid in, waarin u bomate hard moet boet vir u nalatigheid om My nie om hulp te gevra het nie.
Die komende tyd is sonder gevaar vir u siel te deurstaan, slegs met My ondersteuning en My krag wat Ek aan u gestuur het, en tog word dit aan uself oorgelaat of u My wil aanroep of nie. Die groot nood sal dit by u teweeg moet bring, maar Ek self dwing u nie. Ek probeer alleen deur nood om u te beweeg om uself met My in verbinding te stel, omdat Ek u nie andersins die krag kon laat toekom nie.
Vir elkeen wat My nie in sy hart dra nie, sal die lewe moeilik en vol leed wees. Maar dit sal minder swaar wees vir elkeen van u as hy homself tot My wend om hulp, want My liefde help u dra en Ek help almal wat gelowig op My vertrou. Maar die tyd van nood moet kom, omdat die groot leed die mense moet tref ter wille van hulleself, want dit is die laaste middel om hulle vir My en My ryk te wen.
Ek wil u harte gereedmaak, sodat hulle My woord kan ontvang - en die groot nood sal dit teweegbring, sodat hulle sal honger na My woord van troos en opheldering, tot insig in hulle nood; sodat hulle dan My woord ernstig in hulle hart kan oorweeg en My kan herken as hulle van goeie wil is. Want daar is baie siele op dwaalweë gelei wat van die goeie weg afgedwaal het, maar weer daarop teruggebring moet word deur My Woord, wat aan hulle die waarheid in alle volheid openbaar.
Weliswaar sal die nood ook baie harte sluit vir My Woord en met dwang kan dit nie geopen word nie, maar geseënd is hy wat die nood verdra, sonder om My teëstander om hulp te vra in die vorm van slegte denke en spraak en in liefdelose handeling teen die naaste. Want so iemand help hy oënskynlik en hy verskaf hom fasiliteite van allerlei aard om hom geheel vir homself te wen.
Probeer dus nie u aardse lewe deur liefdeloosheid te verbeter nie, verdra geduldig en berustend u lot en kom met alles na My toe. Ek staan u altyd by as u maar net om My hulp sal vra, as u maar net die weg na My toe kan vind, as u uself ootmoedig aan My onderwerp en uself in My barmhartigheid aanbeveel. Nooit laat Ek iemand wat ernstig bid, sonder hulp van My af heengaan nie, daardie vertroue moet u almal verwerf, sodat die groot nood vir u draaglik kan verbygaan.
Van My liefhebbende sorg kan u altyd verseker wees as u uself aan My toevertrou, as u My erken en My dus nie uit u gedagtes sal verban nie. Maar wie dit sal versuim, sal in ergste sielenood verkeer waar slegs sy eie wil hom sal uithelp. Die tyd sal vinnig verbygaan en word steeds duideliker kenbaar as die tyd van die einde, want Satan is duidelik aan die werk. En hy dryf die mense aan tot dade van die grofste liefdeloosheid wat steeds hulle uitwerking in aardse nood en verdrukking het. Hy vergiftig die denke van die mense waar geen weerstand teen hom gebied word nie.
Daarom moet die mense op hulle hoede wees, want dit gaan daarom om die laaste proef van die aardse lewe te deurstaan, hulle moet `n waaksame oog hou op die verskynsels van die tyd en op die handelswyse van die mense, wat sigbaar van onder af regeer word. Hulle moet egter ook aandag skenk aan die werke van Bo. Hulle moet ag slaan op die verkondigers van My woord wat hulle volledige opheldering kan gee oor die doel en betekenis van die laaste groot nood en oor die ewige heilsplan. Want dit moet sy loop neem soos wat dit bestem is, en soos wat My Wysheid dit as doelmatig ingesien het sedert die ewigheid.
Hulle moet hulle vermanings en waarskuwings ernstig neem en die swaar tyd sal verdraaglik verloop vir elkeen wat van goeie wil is, en wat My aanroep in die komende nood.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205