Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE AKTIWITEITE VAN DIE ANTICHRIS VOOR DIE EINDE
19 Februarie 1953
Deur die invloed van die Antichris sal die einde ook bespoedig word, want nou styg die nood van Myne die hoogte in en maak My koms noodsaaklik om `n einde aan die nood te maak. Die Antichris het maar een doel voor oë, naamlik om My te onttroon en homself op die troon te plaas. Hy wil die mense die geloof ontneem in `n God en Skepper van die ewigheid, om self nog hoër in aansien te staan en geëer en gevrees te word net soos in `n god.
Hy wil nie die liefde nie, maar die onderworpenheid van die mense besit, hy wil die algehele mag hê en alleenheerser wees. Solank die mense nog gelowig is en `n Mag bokant hulleself erken aan wie hulle hulself eens moet verantwoord, solank sal hulle vir hom, wat van hulle verlang dat hulle teen God ingaan, nie ter wille wees nie. Daarom sal die Antichris optree teen die MAG, deurdat hy probeer om die geloof in My met brutale middele uit te roei, met middele wat dit vir Myne moeilik sal maak om aan My trou te bly. Maar die krag daartoe stroom van My ryklik uit op hulle, want Ek sal My so duidelik aan hulle openbaar, dat hulle steeds versterk sal word in die geloof. Dat hulle elke onregverdigheid aanvaar in die besef dat Ek alles kan gee en hulle waarlik vergeld wat hulle aards opgelê is.
Die Antichris streef daarna om die Christelike leer uit te roei en `n einde te maak aan alle kennis oor Jesus Christus as God se Seun en Verlosser van die wêreld, hy sal openlik oorlog verklaar teen My en dit sal sy einde beteken. My teëstander sal homself beliggaam in `n mens wat hom in alles gehoorsaam sal wees, dit wil sê hy sal sy siel geheel en al in besit neem, maar die mense eers mislei met allerlei voordele wat hom `n oorgrote toeloop sal verseker. Sy spraak en handeling sal `n masker wees waaronder hyself die slegste gesindheid verberg. Arrogansie, leuens en winsbejag sal hy meesterlik verberg, maar die liefdeloosheid sal hom spoedig ontmasker. Maar alleen vir die oë van Myne is dit duidelik te sien, want vir sy aanhangers laat hy dit voorkom asof hy begrip het vir al die lyding wat hy egter nie probeer om te versag nie, veeleer dra hy slegs daartoe by dat die lyding vermeerder.
Die gelowige sal hom herken, want hulle sal erg onder sy heerskappy ly, maar wie hom ter wille sal wees en openlik met My breek, die word as vriend deur hom behandel en aards geëer en geag. Sodoende sal daar spoedig twee partye ontstaan, die meerderheid sal hom volg en slegs `n klein kudde sal My in hul gesindheid en handeling trou bly. En hierdie sal voortdurend in gevaar wees, omdat My teëstander die mense aanpor om hulle op alle maniere skade te berokken, want die Antichris beloon so `n optrede teen Myne om ook nog die laaste gelowiges wat aan hom weerstand bied, tot afval te bring.
Daar sal vir Myne `n tyd van bittere nood aanbreek. En tog sal dit draaglik wees, omdat dit `n buitengewone barmhartigheidsgawe is wat hulle in ontvangs mag neem, want Ek laat My self sien waar die mense sterk bedreig word. Ek ken elkeen se wil en houding teenoor My en Ek laat waarlik nie dat My teëstander die oorwinning oor die siele behaal nie, bowendien is die einde naby en omdat My gelowiges My in hulle hart trou toegedaan is, kan Ek My nou ook buite-om die wet openbaar om hulle krag te skenk.
En meer sal My te siene kry en dan kan geen mag ter wêreld hulle meer van hulle geloof in My afbring nie. En as Ek dit van hul sou verlang, sou hulle ook hul lewe met vreugde vir My gee. Maar Ek sal die wrede spel van My teëstander beëindig, en wanneer hy glo dat hy gewen het, sal Ek kom in die wolke en die lewendes en die dooies oordeel.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205