Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

WÊRELDGEBEURE - CHAOS – ANTICHRIS
15 Februarie 1957
Daar sal `n onbeskryflike chaos wees nadat Ek deur die geweld van die natuur gespreek het, want solank as wat die aarde bestaan het, het die mense so-iets nog nooit beleef nie. Deur angs en skrik sal hulle nie in staat wees om te dink en te handel nie, want hulle sal `n herhaling van die gebeurtenis vrees en sal daarom geen hand kan uitsteek om te help en te red waar nog hulp moontlik is nie.
Daar sal maar weinig wees wat besef wat daar gebeur het, omdat hulle vooraf daarop gewys was en nou die waarheid van My woorde gesien het, daarom sal hulle nou ook met volle oortuiging vir hulle medemens `n uitleg kan gee, ofskoon maar min sal luister. Hulle sal alles glo, behalwe om `n Goddelike verlossingsplan te aanvaar wat op die manier verwesenlik word.
Nogtans moet die tyd goed benut word en die mense ook in verband daarmee in kennis gestel word van die aanstaande einde. Wat homself in die kosmos sal voltrek, kan hulle nie verloën nie, en wat vooraf aangekondig was, kan enkele mense nog tot nadenke bring. Maar die wil om te lewe en die drang tot selfbehoud sal tog seëvier en die mense sal alles doen om die nood te bemeester wat deur die natuurkatastrofe veroorsaak is. En nou weer beslis die graad van liefde, die hulpvaardigheid, die wil om die naaste by te staan, of en hoe sy eie situasie verbeter, want Ek sal almal help wat die nood van hulle medemens vir hulself sal aantrek.
Maar baie sal dit swaar te verduur hê, wanneer hulle slegs op hulle eie krag moet vertrou; of wel sigbaar hulp van benede sal ondervind, wanneer hulle woes te werk sal gaan ten koste van hulle medemens. Die nood op aarde sal groot wees, netsoos die chaos wat ontstaan het deur onvoorstelbare dade van vernietiging. En tallose mense sal nou ook die geloof in `n God en Vader opgee, omdat hulle gevoelig getref was, maar hulle geloof was maar `n vormgodsdiens wat nie by `n ernstige beproewing kon standhou nie.
Daarom maak Ek u al vooruit daarop attent op wat gaan gebeur, sodat u as mens kan standhou en weet dat dit My plan is; dat u weet dat Ek ook Heer is oor die geweld van die natuur en dat dit My ook maklik geval om die mense te help wat My al vroeër om hulp gevra het. Ek hoef dit nie aan u te openbaar nie, Ek sou ook plotseling kon ingryp en alle mense verras het, maar dan sou geen mens ook in My wou glo nie. Ek wil egter hê dat u My erken en u sal dit ook kan doen as alles so gebeur soos wat dit verkondig is, want u sal dan ook weet dat niks op die aarde kan geskied sonder My wil nie. En u kan u na My wil voeg deurdat u uself in volle geloof aan My oorgee en My om beskerming vra.
Daarom stuur Ek u ook die kennis van wat op hande is. Daarom wy Ek u in My heilsplan in en daarom versoek Ek u, My dienare, om dringend en voortdurend u kennis aan u die medemens deur te gee. Die verbinding met My sal u sekerste beskerming wees teen dit wat ookal mag kom. En hy wat My teenspeler is in die eindtyd, sal ook verskyn, en sal die hef in die hand neem, omdat die groot nood dit vir hom maklik sal maak - en hy sal nou ook maatreëls uitvaardig wat sy verbondenheid met Satan sal bewys. Hy sal baie aanhangers vind en sy heerskappy sonder gewetensbeswaar uitoefen. Hy sal ook probeer om die swakgelowiges van My te ontruk, maar sal egter ook van My kant af teenstand ondervind. Want Ek voorsien Myne van groot krag, en hoe groter die nood skyn te word, des te sterker sal Myne wees, omdat hulle van My en My teenwoordigheid gewaar sal word - en nou sonder vrees of skroom sal spreek wat My Gees hulle sal ingee.
Maar dit alles moet die einde voorafgaan, omdat daar nog oor elke siel geworstel sal word en die groot nood nog mense na My toe sal voer wat nog in die laaste uur na My sal roep, en daardeur die lot van `n hernude kluistering sal ontgaan.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205