Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

GELOOFSTRYD - BELY VOOR DIE WÊRELD - EK SAL DIE DAE VERKORT
11 Mei 1949
U sal nog `n harde stryd moet deurstaan as u My voor die wêreld wil bely, want daar sal van u geëis word om heeltemal afstand te doen van u aardse goedere. U besit sal onteien word en u sal dienste moet verrig wat bo u kragte skyn te gaan, u sal verhinder word om te doen wat vir u belangrik is. En u sal sonder rede vervolg en verdruk word en geen rus vind vir die vervolginge deur u vyande nie, wat tewens ook My vyande is en tog geen wrekende hand oor uself hoef te vrees nie. U sal verwonderd wees waarom Ek dit alles toelaat sonder om hom tot verantwoording te roep. Maar u sal nog meer daaroor verwonderd wees dat al die ongemak u nie so diep tref as wat dit vir die wêreld lyk nie, dat u desondanks vrolik en opgeruimd sal bly en vol vertroue en hoop sal wees dat ook vir u die uur van vergelding gekom het en dat die vervolginge eenmaal afgeloop is. En u sal daarom steeds harder en oortuigender vir My Naam opkom en My bely voor die wêreld.
En Ek sal die dae verkort sodat u salig kan word. Dink steeds aan die belofte; dat dit maar `n kort tydjie sal duur tot u verlos sal word uit die hande van u pynigers. Dink daaraan dat u aan My uitverkorenes behoort en dat al u leed beloon sal word, omdat u My trou gebly het. En dink daaraan dat nog siele deur u getuienis gewen moet word vir My en My ryk, wat ten laaste nog gered word kort voor die ondergang van die aarde.
En ter wille van die siele neem die kruis op u, wat u weliswaar swaar sal druk maar wat tog draaglik is, omdat Ek u help en u op buitengewone wyse van krag voorsien. Die geloofstryd sal swaar wees en daarom moet u uself al vooraf daarop voorberei deur u siel te versterk met die korrekte voeding, deur My woord in u op te neem en daarmee ook die krag waarmee Ek My woord geseën het. Want deur die aanneem van die woord verbind u uself met My en moet u dus met krag deurstroom word. En dan sal u ook in staat wees om teen u vyande weerstand te bied en dit vol te hou tot die einde, tot Ek sal kom om u te verlos uit alle nood.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205