Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

WÊRELDGEBEURE – NATUURKATASTROFE - GELOOFSTRYD
8 Julie 1956
Verdra alles met geduld en word nie wankelmoedig in die geloof nie. Dit moet Ek u nog dikwels toeroep, want ter wille van u geloof, sal u moet ly wat u nou nog nie kan begryp nie. Nou bevind u uself in `n sekere vryheid van denke, nóg skenk die medemens geen aandag aan die geestelike lewe van hom wat My trou wil bly nie, nog word u nie deur aardse maghebbers gehinder in u geestelike oordeel nie. Maar die tyd sal kom dat u nie meer vry sal wees in geloofsaangeleenthede nie. Die tyd sal kom waarin die mense juis aangeval sal word deur sy medemens en ook deur die aardse gesag, ja hulle wat lewe vanuit die korrekte manier van denke, wat dit ernstig het met die ontwikkeling van hulle siele, wat die waarheid spreek en hulle medemens wil help tot heil van hulle siele.
Juis hulle sal in `n hoë mate verdruk word, terwyl die verdedigers van dwaalleringe nog steeds geduld of eerder nog gesteun as gehinder sal word in hulle aktiwiteite. U sal uself ook dikwels afvra waarom Ek dit toelaat en daar sal ligte vertwyfelings in u opkom en u sal swak word omdat u sal moet ly. Daarom roep Ek u steeds weer toe; verdra alles en bly sterk in die geloof, want u sal die kroon van die oorwinning verkry. Nou (1956) word nog geen geloof aan Sy woorde geskenk nie, want daar is nog geen voortekens van so 'n moeilike tyd te merk nie.
Maar plotseling sal daar `n omwenteling plaasvind, omdat `n wêreldgebeurtenis, wat die mense erg sal skok, `n openlike opstand sal veroorsaak teen Hom, wat as God en Skepper so iets kan toelaat wat `n skadelike uitwerking op die mense het. En daarom word elke erkenning as God en Skepper van Hom ontneem en elke geloof in Hom word as ongegrond verwerp. En hulle wat die geloof in My teen die mening verdedig, wat hulleself vir My uitspreek en ook hulle medemens uit die droom sou wil help, sal aangeval word.
Steeds het Ek weer aan u verkondig dat Ek deur die geweld van die natuur sal spreek om die nog slapendes en traes wakker te skud. Sommiges sal ook ontwaak, maar baie meer nog sal selfs hulle swak geloof verloor, in die aangesig van die groot verwoesting en die baie mense offers wat die gebeure sal lewer. En so sal die verskillende menings rugbaar word, en met haat vervul sal die meeste `n God en Skepper verloën en elkeen aanval wat nie hulle mening deel nie. Dan sal My teëstander, met al sy sluheid, aan die werk kom om haat aan te wakker, waarmee hy ook sal slaag. Want die aardse verliese wat die mense deur die natuurgebeure sal lei, sal hom verbitter en hom aanspoor tot onregverdige eise en die uitbuiting van die medemens wat homself nie kan verweer nie. Die liefdeloosheid van die mense sal nog meer toeneem, en wat hulle onderneem sal die hand van die teëstander, die Antichris, duidelik verraai, van wie hulle afhanklik is. Daar sal voorskrifte en maatreëls uitgevaardig word wat, veral hulle wat Myne is, gevoelig sal tref, wat ter wille van hulle geloof sal moet ly en nouliks die hardheid van hulle noodlot sal kan begryp. Maar dan sal Ek die dae verkort, sodat die wat Myne is, nie sal faal nie, sodat hulle nie afval, en sodat hulle salig kan word nie.
Hou u slegs vas aan My woord, dit sal u red uit die grootste nood; en wag op die vervulling van die woord; want Ek Self sal kom en u bevry en Ek sal Myself vooraf reeds op `n ongewone wyse openbaar om u te versterk, wanneer u gevaar sal loop om swak te word. U hoef niks te vrees nie, solank u op My vertrou en solank u uself met My in gebed verbind, want solank sal u krag ontvang om weerstand te kan bied. Dink daaraan dat die vyande wel u liggaam kan doodmaak, maar nie u siel nie. Dink ook daaraan dat daar `n ewige lewe is en dat die lewe op die aarde vir elke mens spoedig ten einde kom, dan sal u vrees ook verdwyn en u sal met `n sterk geloof vervul word en kan standhou - en steeds van My en My Naam getuig.
Prent die woorde in u geheue, dit sal u tot krag en sterkte wees in die komende swaar tyd.
Verseker u al vooraf van krag en versamel dit, want nog sal dit `n tyd duur voordat Ek self deur die natuurgebeure sal spreek. En wanneer u die tyd goed sal benut om u geloof nog meer te versterk, dan sal ook die geloofstryd wat volg, u nie ontstel nie, dit sal u maar weinig roer omdat u met sekerheid sal wag op My koms, omdat u geloof so sterk geword het dat nóg bedreiginge nóg maatreëls teen u, u sal kan ontstel. En u sal `n goeie stryder wees vir My en My Naam en alle magte van die hel sal u nie kan oorwin nie, want Ek self sal met u stry en Ek sal u waarlik tot die oorwinning voer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205