Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE OPTREDE VAN DIE ANTICHRIS
24 Januarie 1964
Dit sal nie lank meer duur voordat My teëstander sy laaste heerskappy op die aarde sal aanvaar nie. Maar voor dit sal Ek self nog met `n "donderende stem" spreek, sodat sommiges nog die weg na My kan vind in hulle uiterste nood. Diesulkes sal My ook trou bly omdat hulle My sigbare hulp herken het en nou ook hulle geloof in My nie meer sal opgee nie. Maar dit sal slegs min wees en My teëstander sal groot mag hê, want deur die groot natuurramp sal die mense in so `n groot nood raak, dat hulle hulself sal aansluit by almal wat hulle uit hulle nood sal haal.
En daar is iemand wat dit sal doen, want hy sal almal wat hulleself nie aan My toevertrou het nie, vir homself wen. Want die wat Myne is sal hulself van hom afsydig hou, omdat hulle hulself herinner aan My aanmaninge en waarskuwings dat hulle die groot geloofstryd te wagte staan, wat deur My teëstander ontbrand sal word. Maar die wêreldse mense sal hom toejuig, want hy sal weet hoe om hulle te mislei. Hy sal dinge volbring waardeur hulle bereid sal wees om aan `n bonatuurlike mag te glo, en die feit dat alle ongelowige mense hom as heerser en redder uit hulle aardse nood sal aanvaar, bewys dat My teëstander self daaragter sal sit en dat hy homself van `n aardse omhulsel bedien het om nou vrylik heer en Heer te kan wees. En u wat aan My behoort, sal uself afvra waarom Ek sy heerskappy duld en hom nie tot `n val bring nie.
Dit is sy laaste groot aksie op die aarde wat ook die einde veroorsaak. Hy laat die stryd ontbrand wat u mense sal moet deurstaan om die laaste beslissing te neem, voordat Ek self sal kom om Myne te red.
Die voorafgaande natuurkatastrofe sal in die mense `n verhoogde lewenswil opwek, en wie die katastrofe sal oorleef, sal trag om weer met alle moontlike middele aardse goedere te verkry om tot `n aardse welsyn te kom. En My teëstander sal hulle pogings ondersteun en sal daarom baie aanhangers vind - want hy verstaan dit ook om die mense oor sy ware identiteit te mislei. Hulle sien hom as `n mens, toegerus met buitengewone krag vir wie hulle vertrou en blindelings gehoorsaam, en hulle gee hom sonder bedenkinge die reg om maatreëls te tref.
Sy aanhang sal so groot wees, dat die klein skare van gelowiges wat hom herken en sy ware identiteit sal insien, hulself nie teen sy aanvalle sal kan verweer nie. Maar juis daaraan herken hulle hom, naamlik dat hy die mense van die geloof in Jesus Christus wil beroof. Hy sal homself op die allerhoogste troon wil plaas en sal wil hê dat die mense hom moet aanbid, en hulle sal dit ook doen, omdat hy wonderbaarlike dinge sal volbring vanuit die mag wat in hom gehuisves is.
Wanneer hy sal optree, sal u hom ook herken, maar eers sal die wêreld in vrees gedompel word, deur die omvang van `n natuurkatastrofe waardeur Ek Myself aan die mense laat toon. Dadelik daarna sal hy op die voorgrond tree en hulp en redding uit die chaos belowe. Daarom sal hy baie aanhang vind, want die mense sal al ryp wees vir ondergang, andersins sou hulle hom herken het en My versoek het vir beskerming teen hom en sy intriges.
Dit sal nie meer lank duur nie, of hy sal aandag trek. - Hy sal eers onder die "dekmantel van vroomheid" optree, maar tog spoedig sy ware gesig laat sien, maar die mense sal so verblind wees dat hy weinig moeite met hulle sal hê. Hulle geloof in `n God sal hulle maklik prysgee, omdat hulle hard deur die natuurkatastrofe getref sal word, en hulle bereid sal wees om hom op die troon te plaas wat hulle alles beloof, maar wat egter My grootste vyand en teëstander is. Hy wat homself met sy bose wese in `n mens beliggaam het, om die laaste handeling op aarde te volvoer, naamlik om openlik stryd te voer teen My en hulle wat Myne is, teen elke geloof en teen alle geregtigheid. Want van hom af word slegs sy eie aanhang die moontlikheid tot lewe gegee, terwyl die wat Myne is, die dood aangesê word.
Hy vind egter in My sy Heer sodra sy tyd om is, want ter wille van die wat Myne is, sal Ek die dae verkort. Ek sal Self kom om hulle te red uit die grootste nood en aan sy heerskappy sal `n einde kom, want hy sal gebind word saam met sy aanhang, weer vir lang tyd. En daar sal weer `n tyd van vrede en eendrag kom waarin die liefde regeer en waarin My teëstander sy aktiwiteite belet sal word, soos wat dit verkondig is in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205