Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE REDE VAN DIE DIEP KENNIS. DIE GELOOFSTRYD
23 Januarie 1958
Hoe meer Ek u in My heilsplan van die ewigheid sal inlei, des te meer kan u waardevolle arbeid verrig, want u is nou eers geskik om u medemens tot leraar te dien wanneer u self oor `n groot kennis beskik. Eens het Ek Self My dissipels opgelei en daarom sal Ek nou ook My laaste medestryders onderrig, sodat hulle vir My en My ryk kan opkom as dit van hulle verlang word. Sodat hulle op die voorgrond kan tree wanneer dit daarom gaan om die geloof te verdedig insake leerstellings wat nie bewysbaar lyk nie, want die tyd sal kom waarin mense die stryd sal aansê teen alles wat geestelik is. En geen bestaande geestesrigting sal daarvan verskoon word nie, maar sal aangeval en belaster word. En ook sal dit nie moeilik wees vir My teëstander om die fondament van die meeste geloofsrigtings te vernietig nie, want die meeste is maar net op "los sand" gebou, dit wil sê hulle leerstellings kan nie met weerstand standhou nie. Hulle sal ontsenu word en hulle aanhangers sal begin twyfel en maklik van die geloof afgebring word as hulle nie in fanatisme in hulle geestelike rigting getrou sal bly nie, maar egter sonder om innerlik oortuig daarvan te wees.
Maar so sal ook teen die suiwer waarheid geveg word, dus ook teen u wat deur My self gekies en onderrig word as verteenwoordigers van die waarheid wat Ek self aan u laat toekom. Ook u sal in die stryd betrek word, maar dit sal u teëstanders moeilik geval om u ten gronde te bring, omdat u as gevolg van u insig bekwaam sal word om die waarheid te verdedig en ook elke teenwerping te weerlê, omdat u die diepste samehang logies sal kan motiveer. Juis daarom openbaar Ek My heilsplan aan u en skenk aan u kennis wat vir u die rede sal wees om die stryd teen u "vyande" op te neem, want so sal u stry met die "swaard van die mond".
Begryp u nou waarom Ek u steeds weer die kennis van Bo laat toekom? - Waarom Ek u `n blik laat neem in `n geestelike gebied wat algemeen goed is en wat elke mens tog kan besit as hy homself maar so sou vorm dat hy deur My Gees verlig kan word?
Die denke van die mense het in verwarring geraak en hulle derhalwe verstrik in `n net van dwalinge en leuens. Hulle kan nie meer die weg daaruit vind nie, omdat hulle nie die wil daartoe het nie. En die verduistering sal juis duidelik word wanneer hulle ernstig standpunt moet inneem ten opsigte van die geloof, hulle verhouding tot My en My verlossingswerk. Dan sal alles soos `n kaartehuis ineenstort, want die teëstander sal meedoënloos optree en elke leer weerlê, of alles belaglik maak wat tot nog toe vir die mense heilig was.
My dissipels sal geen angs toon nie en moedig die stryd opneem en rekenskap gee, en dit waarlik met groot oorwig omdat hulle nie sal spreek nie, maar Ek self. Tog moet My eerste stryders deur My self onderrig word, want hulle moet uit eie beweging en in hulle eie styl spreek om die medemens nie tot geloof te dwing nie.
Ook sal daar stryders uit die geledere van die teëstander by julle aansluit wat die indruk van julle woorde en julle steekhoudende argumente nie sal kan ontken nie. Sodoende sal die tyd eenmaal kom waarin u al u kennis sal kan benut en vir hierdie tyd onderrig en voorsien Ek u van leerstof wat elkeen nie kan besit nie, en omdat dit van My af kom, sal dit ook nie sonder uitwerking bly nie. Ek wil baie mense nog graag help, maar of hulle hulp wil aanvaar, is aan hulle vrye wil oorgelaat. Ek laat wel ongewone dinge gebeur, maar altyd op so `n wyse dat dit nie tot geloof dwing nie. Ek giet nog baie barmhartigheid uit, maar daar moet uit vrye wil daarvan gebruik gemaak word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205