Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE BELYDENIS VAN JESUS CHRISTUS VOOR DIE WÊRELD - GODDELIKE BESKERMING
14 Augustus 1940
Wie Jesus Christus bely, sy lewe is in God se Hand, ook al verklaar die wêreld en haar gesag hom die bitterste stryd aan. Reeds van die onuitgespreekte Goddelike Naam gaan al die krag uit, en die liefde van die Heiland seën almal wat hulleself aan Hom oorgee, dit wil sê, wat in Hom glo, Hom bemin en Sy gebooie onderhou.
Slegs min mense neem egter die lewe van Jesus tot rigsnoer van hulle lewens. Wie self egter die moeite sal doen in alles om die Heer na te volg, die sal ook spoedig insig verkry en sal die Goddelike Heiland en Verlosser nie meer wil opgee nie. Sy liefde openbaar homself so indringend, dat die verlange na die Hemelse Vader steeds in die mens toeneem. Dit is soos `n deurdringende reën wat die uitgedroogde aardryk deurdrenk met Sy onontbeerlike woord wat van Bo tot die mense op aarde gebring word. En die woord spoor die mense nou steeds aan om Hom aan te neem wat deur die wêreld verloën word.
Die mens wat God se krag duidelik ervaar, moet homself ook vir die woord instel, hy moet flink en vrylik spreek oor alles wat die Heer Self op aarde geleer het. Die mens moet alles doen om vereers die menslike hart geskik te maak om die waarheid aan te neem wat deur die mense van Bo oorgebring word.
Eens het die Heer Self gesê: "Wie My voor die mense bely, hom sal Ek ook bely voor My Vader". Dus het die Christus die mense gebied om vir Sy Naam op te kom, sodat hy dan ewe-eens die Goddelike bystand kan ervaar as hy die hulp van die Vader in die Hemel begeer.
Wie vir die Goddelike Naam sal opkom, sal in die komende stryd vir die Christus betrek word, want die vyand sal trag om die mense elke herinnering aan Hom en Sy werke op aarde te ontneem. Die vyand sal die mense met `n harde straf dreig wat ten doel het om die geloof in Jesus Christus as Verlosser van die wêreld te laat verdwyn. Die mens sal ernstig moet stry om stand te kan hou teen al die influisteringe van kwaadgesinde kragte, en slegs die mens wat homself vir Jesus Christus instel en in gelowige gebed die Heer sy node en sorge toevertrou en Hom om beskerming en krag vra, sal sterk en vry wees. Want dit beloof die Heer vir al sy stryders, as hulle Hom as die Goddelike Heer en Verlosser sal bely voor die mense.
Hier sal die Goddelike mag duidelik bewys dat hy sterker is as die aardse mag, en hy sal waak oor elke aardse kind, onverskillig in welke gedaante hy die Heer en Heiland bely. Daarom hoef die mens nie besorg te wees dat die aardse gesag hom sou kan vervolg om hom skade te berokken nie, omdat hy `n aanhanger is van die ware Christendom. Jesus Christus kan nooit uit die wêreld van haat en liefdeloosheid verdring word nie, ook al word die stryd openlik gevoer. Maar wie sy aardse lewe liefhet die se hart sal angstig klop en hy sal maklik die gebod van die wêreldlike gesag in ag neem, dus sy Heer en Heiland verraai ter wille van aardse sukses.
Maar wie die dood nie vrees nie, sal vrymoedig die Naam bely van Hom wat die wêreld verlos het van die sonde, selfs as hy daarvoor moet boet deur die aardse mag. Die Vader in die Hemel hou egter Sy Hande beskermend oor die aardse kind, en dan sal dit vir die teëstander lyk asof bomenslike kragte teen hom stry. Hy sal aan die kalmte wat ondanks dreiginge onmiskenbaar die krag van die Goddelike woord en die liefdevolle sorg van die Vader in die Hemel is, herken wat Syne beskut wanneer hulle Hom bely voor die wêreld.AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205