Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE GEES VAN DIE ANTICHRIS
30 September 1951
Die gees van die Antichris heers oral waar Ek nie erken word nie, en daar waar hy reeds sy werk van verwarring aangerig het. Hy het die onderskeidingsvermoë van die mense verswak, hy het alles verduister, hy het die waarheid verdring en die mense verblind met sy dwaallig. - En hy het, as My teëstander, sy mag benut en het so teen My ingegaan. Hy het veral die wapen, die beeld van die Goddelike Verlosser Jesus Christus uit die harte van die mense geruk, en hy werk sodoende in `n steeds sterker mate teen die Christus namate die einde nader kom.
Dit is sy werk dat die mense hulself van My afkeer, sodat hulle nie meer in Jesus Christus glo nie en daarom ook die weg na My nie meer vind nie. En tog is sy werke slegs moontlik omdat die mense hulself nie teen sy aanval en sy dade verweer nie, waartoe hulle egter in staat sou gewees het as hulle dit maar net wil. Want hulle is as selfstandige wesens op die aarde geplaas en besit `n volledige vrye wil. Hulle staan wel afsydig van My, maar in die begin van hulle beliggaming as mens ook so ver van My teëstander af dat hy hulle nie kon dwing om hom onderdanig te wees nie.
Deur My het die mens die moontlikheid verkry om die indrukke buite homself met hart en verstand op te neem, en dit in die hart of met die verstand uit te werk. Want Ek het geen masjiene geskape wat hulle werk moet doen op bevel van die Heer nie. Ek het u mense vry voortgebring, het u verstand en insig gegee en beïnvloed u altyd om die goeie rigting te kies deur allerlei gebeurtenisse. Maar My teëstander laat sy mag ook nie onbenut nie. Hy trag netso om op u wil in te werk, maar die beslissing hang van u mense self af. Daar is egter `n middel wat u slegs hoef te gebruik, naamlik om uself te verseker van My liefdesgees en My krag wat u geskik maak om die aanvegtinge van u vyand te weerstaan.
En hierdie krag kan u steeds vir uself verwerf as u maar self die liefde beoefen, dus om My liefdeskrag vir uself u eie te maak en wat u steeds ter beskikking staan, maar wat alleen deur werke van liefde verwerf kan word. My teëstander is `n vyand van die liefde, en u sal hom altyd kan oorwin as u hom met die wapen van die liefde tegemoet tree. Want gaan u die weg van die Christus, gaan u die weg van die liefde wat Hy ook gegaan het. En dan behoort u aan Hom en Hy is dan u Beskermheer en u Leier, Hy het u Verlosser geword deur u wil, wat uself deur die liefde by Hom aangesluit het. Solank die mensdom egter sonder liefde sal leef, sal hulle Hom nie herken nie, en dit bewerk My teëstander wat glo om sy mag te versterk wanneer hy die mag van Jesus kan beperk.
Sy aktiwiteite is duidelik teen Hom gerig, en elke mens wat homself van Jesus Christus afkeer, wat Hom verloën en Hom afwys as Hy hom met Sy woord tegemoet kom, is in die mag van die Antichris. Hy is self `n klein Antichris wat gewilliglik doen waartoe Satan hom aandryf. Behoed u teen die Antichriste, hulle is in sy mag en daarom ook My teëstanders. Maar hulle sal vir hulle vyandskap moet boet op die dag van die laaste oordeel wat baie naby is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205