Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

ERNSTIGE AANSPORING OM DIE MENSE TE WYS OP DIE KOMENDE GELOOFSTRYD
13 September 1943
Daar sal `n groot verlange na geestelike voedsel kom, sodra die skok van die aarde plaasgevind het, maar dit sal slegs `n verbygaande toestand wees. Die mense sal aanvanklik, gedrywe deur die groot nood, gewillig wees om die woord van God aan te hoor, wat hulle sal vertroos en versterk. Hulle sal dit vir `n kort tydjie ook as God se woord herken en glo, maar dan tree die wêreld weer met haar eise op die voorgrond en ondertussen vergeet hulle hulle nood en dus ook vir Hom, wat die nood oor hulle laat kom het.
Hulle denke en strewe sal maar slegs gerig wees op die herstelling van die ou omstandighede, en dit sal vir hulle ongemaklik wees om die gebod te onderhou wat aan hulle deur die woord van God aan hulle bekend gemaak is. Daarom sal hulle ook vyandelik optree teen die geloof en haar volgelinge onderdruk en dit sal die goedkeuring van die mense hê. Slegs `n klein aantal sal vashou aan die woord, slegs weinig mense sal standhou deur alle aanvegtinge en trou bly aan God en hulle geloof.
Tog moet die verlange na geestelike voedsel vooraf in so `n groot moontlike mate vervul word, want God se woord moet aan die mense gebring word waar dit maar moontlik is, sodat soveel mense as moontlik dit te wete kan kom, want in die daaropvolgende geloofstryd sal God nog elke mens waarsku.
Die gelowiges sal vol krag wees en buitengewone dinge volbring, want hulle sal die krag daartoe put uit hulle diep geloof. En ook die ongelowiges sal die krag van hierdie geloof besef, want hulle sal al voorheen vertroud gewees het met die leer van die Christus, sodat baie daarvan vir hulle verstaanbaar sal wees, want hulle sal nou die bewys sien van wat aan hulle verkondig is.
God laat geen moontlikheid verby gaan nie en Hy laat geen middel onbeproef nie, en waar daar nog redding aan die mense gebring kan word, help Hy hulle, as hulle maar daarvoor gewillig wil wees. Hy sal baie dienare op aarde die opdrag gee om te spreek volgens Sy wens, want dit gaan daar om Sy leer (van die liefde) te verbrei (uit te brei) en die mense in kennis te stel oor wat aan die kom is.
Die geloofstryd is onvermydelik en sal vorm aanneem soos nog nooit tevore nie, en hoe meer die mense getrou bly aan hulle geloof, des te brutaler sal die teëstander optree om dit heeltemal uit te roei. Maar die gelowiges sal ook oor groot krag beskik. Hulle sal baie kan verdra, omdat God hulle sal versterk en aan hulle krag sal gee deur Sy woord, en omdat Hy steeds met hulle is wat Hom en die geloof bely voor die wêreld.
Dit alles moet u al vooraf aan die mense verkondig en u moet hulle wys op die tyd van die geloofstryd. U moet vir hulle oor die krag van die geloof preek en van die sterkte van die gelowiges, wie self vir Jesus Christus as "Leëraanvoerder" het in die stryd teen die wêreld. Daar sal nog baie uit die leër van die teenstander oorloop en gelowig word by die aansien van die dinge wat gaan gebeur, want God self sal werke deur Sy dienare laat doen om hulle nog te red wat hulleself nie heeltemal teen Hom verset nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205