Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE KERK VAN CHRISTUS IN HAAR BEGIN
B.D.8375 - 8 Januarie 1963
My dissipels het die evangelie van die liefde van My self aangeneem, toe Ek op aarde geleef het. Hulle kon dit dus ook suiwer en onvervals in die wêreld uitdra, toe My verlossingswerk volbring was, en Ek weer in My Ryk van lig en saligheid was. En van die kant van hierdie dissipels, het My leer ook suiwer gebly, en die mense het oor My verneem dat Ek hulle Verlosser was van sonde en dood. Hulle was deur My apostels onderrig, dat hulle die weg tot die kruis moes gaan en `n lewe in liefde lei, om die doel van hulle aardse lewe te vervul en om My Ryk na hulle dood te kan binnegaan. My dissipels was dus deur My met die waarheid vertroud gemaak, en hulle het ook dieselfde waarheid verder deurgegee - omdat My Gees in hulle kon werk.
Aanvanklik het die mense nou ook My suiwer evangelie aangeneem en was ywerig om eweneens `n lewe in liefde te lei. En daardeur het ook hulle die gees in hulle tot lewe gewek en Ek self kon toe in hulle werk.
So was My leer ook vir `n bepaalde tyd suiwer gehou. My dissipels het die leeramp deurgegee, aangesien hulle die geestelike toestand gesien het van hulle wat hulle as hulle opvolgers aangewys het.
Maar dit het nie meer lank geduur nie, of die mense het hulle ook self so `n leeramp toegeëien. Gedeeltelik uit `n sekere eieliefde, gedeeltelik uit `n te groot ywer om My wil te vervul, sonder om egter die innerlike roeping daartoe af te wag.
En so gebeur dit dat die leeramp toe willekeurig toegeken was. Dat die innerlike begaafdheid en die geestestoestand van `n mens nie meer maatgewend was nie, maar uiterlike omstandighede tesame het `n rol speel, en het nou ook die suiwer waarheid steeds meer in gevaar gestel, wat egter nie ingesien was nie - juis vanweë die onontwaakte gees van die leerkragte wat hulle self benoem het.
Maar die mense aan wie die evangelie verkondig moes geword het, was die reg ontsê om hulle eie oordeel te vorm en hulle vertwyfeling uit te spreek oor die onvoorwaardelike waarheid van dit wat hulle geleer was. Diegene wat hulle as geestelike leiers beskou het, was van hulle missie en haar waarde oortuig en het geen teenspraak verdra nie.
En aan diegene wat onderrig was, was dit as plig opgelê om alles onbeproef as waarheid te aanvaar wat hulle aangebied was. Die Waarheid kon dus net solank suiwer behoue gebly het, solank as wat Haar behoeders self `n ontwaakte gees gehad het.
Maar spoedig was die aantal van hulle wat in “amp en waardigheid” aangestel was, sonder om deur My Gees verlig te wees, oorwegend groter. En alle teenwerpings van `n geestelik gewekte mens was verwerp. Die mag van hulle wat onverlig was, het onophoudelik gestyg, die suiwer waarheid was vermeng met dwaling, met opvattings wat die resultaat was van menslike denke en wat deur hulle as “goddelike waarheid” voorgestaan was.
En of daar nou ook steeds weer geestelik ontwaakte mense gepoog het om die dwaling te verwyder - My teenstander het daarin geslaag om dit te handhaaf, want die mag van sy aanhangers was reeds te groot en die suiwer waarheid was nie meer as sodanig herken nie.
En so kan u vir uself indink, dat, met die verloop van tyd, iets anders as die ‘kerk van Christus’ ontwikkel het, wat deur My op aarde gegrondves was.
Alleen so is dit te verklaar dat een organisasie die mag bekom het, dat daar binne-in hierdie organisasies steeds weer skeurings ontstaan het, terwyl Ek die kerk wat deur My gegrondves was, steeds net as `n geestelike gebou beskou wil hê, wat alle mense omvou wat in die waarheid lewe, as gevolg van `n lewe in liefde - wat blyke gee van `n lewende geloof en `n ontwaakte gees.
En hierdie innerlike kerk het ook tot in hierdie tyd bly bestaan, want My Gees kon steeds weer uitgestort word oor mense wat hulle bes gedoen het om in liefde te lewe en My wil te vervul. En so kon die suiwer waarheid wat alle dwaling onthul, steeds weer aan hulle geopenbaar word. En elke mens wat ernstig na die waarheid verlang, sal ook duidelikheid gegee word; hoe dit gebeur het dat die mensdom in `n verwarde denke kon geraak het, en ook nie bereid was om hulle daarvan vry te maak nie.
Dog vir elkeen sal dit nou begryplik wees dat die massas nooit vir die waarheid ontvanklik sal wees nie, maar egter bereidwillig met die dwaling instem. Daarom moet elkeen afsonderlik hulle probeer losmaak van verkeerde opvattings, sodra hy die barmhartigheid ontvang het, wat hom vanuit My as suiwer waarheid aangebied word. Want as hy maar ernstig daarna verlang, sal hy ook die waarheid van dwaling kan onderskei, en hy sal dan ook behoort tot die kerk wat Ek self op aarde gestig het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205