Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

KERKLIKE ORGANISASIES
B.D. 8238 - 2 Augustus 1962
Ek het nog baie vir u te sê, want daar is nog baie dwaling om uit die weg te ruim, as u as mens in die waarheid wil wandel. My Gees kan egter maar net in beperkte mate werk - en wel volgens die aard van u staat van rypheid. Want om kennis, wat vir u nog geheel vreemd is, te kan ontvang, moet die oorgawe van die ontvanger teenoor My so innig wees, dat die stroom van My Gees sonder hindernis kan binnevloei.
U mense sal vra waarom Ek so `n erge misvorming van die waarheid, wat oorspronklik van My uitgegaan het, toegelaat het, sodat daar so `n diep geestelike duisternis oor die mensdom kon gekom het? En steeds weer moet Ek u daarop antwoord, dat die vrye wil van die mens nie toelaat dat hy beperk word wanneer die mens gebonde is aan My teenstander nie, en ook volgens sy wil werksaam is op aarde.
En omdat dit vir My teenstander net daarom gaan dat die mense op aarde nie tot die besef van hulle God en Skepper kom nie, aangesien dit vir hom ook net daarom gaan om al die lig wat van My uitgaan, uit te doof of te vertroebel - en hy dieselfde reg het om op die wil van die mense in te werk, sal die waarheid sodoende steeds weer verontreinig word. Want My teenstander wil My beeld vervorm, hy wil My so aan die mense voorstel, dat hulle geen liefde vir My sal voel nie, en daartoe is elke middel vir hom goed.
Toe Ek My verlossingswerk op aarde volbring het, was My suiwer evangelie deur My dissipels in die wêreld uitgedra. Hulle het van My die waarheid in die suiwerste vorm in ontvangs geneem en gee Haar net so suiwer deur, omdat hulle deur die Gees vervul was. Die mense was egter verskillend van natuur, want hulle siele was nog belas met die oersonde en het ook nog aan My teenstander behoort, ofskoon hy hulle nie kon dwing om volkome aan hom onderdanig te wees nie. Maar die erflike gebreke, soos hoogmoed en heerssug was nog sterk in hulle aanwesig, en dit het hy benut om hulle te beïnvloed en ook onder die aanhangers van My leer van die suiwer evangelie, tweedrag te saai.
En daar het nou enkeles van hulle in die besonder na vore getree en het uit eie beweging organisasies gestig, hulleself verhef tot bestuurders daarvan en skep vir hulle so `n taak met baie aardse en wêreldlike belange en sodoende het My teenstander al `n aandeel daaraan gehad, en sy grootste strewe was om die waarheid van die evangelie te ondermyn.
Sodoende verduister die lig meer en meer en die vyandige invloed stel ander leerstellings op, wat nie as dwaling herken was nie. En dit was nou met groot ywer verdedig, as sogenaamd deur My aan hierdie leiers gegee. Hulle eis nou ook van hulle lede om hierdie dwaling te glo, en so brei hulle organisasie uit tot `n magstruktuur van die grootste omvang.
Elke mens kan en moet egter insien dat `n stelsel waarin die mens verlang om te heers, nooit deur My gevestig kon gewees het nie, want My leer is; “dien in liefde”. Die beïnvloeding van My teenstander werk egter heerssug en begeerte na mag in die hand. En elkeen kan vir hom hedendaags nog self `n oordeel vorm waar hierdie kenmerke nog duidelik te sien is.
Die mens het `n vrye wil en sou Ek nou hierdie organisasies deur My mag vernietig het, dan sou dit `n ingryping gewees het in die wilsvryheid van die mens, terwyl die groei van die siel gedurende haar aardse lewe `n volkome vrye daad van die wil moet wees, as dit die mens tot voltooiing wil bring.
My teenstander verblind weliswaar die mense met `n uiterlike skyn wat baie onheil veroorsaak vir die siele van die mens, maar Ek het die mens verstand gegee en hy was ook ryklik met genadegawes bedeel. Ek het hom die barmhartigheid van gebed gegee en het Myself so naby die mens opgestel, dat hulle tot My kon roep in gebed. En het hulle gebed die toevoer van die waarheid gehad, het hulle die beskutting teen dwaling gehad, waarlik hulle gees sou verlig word en hulle sou hulle nie in leuens en dwaling verstrik het nie.
Want elke mens moet nadink, daarvoor is aan hom verstand gegee. Maar laat hy dit agterweë, dan is dit ook sy eie skuld as hy ver van die waarheid verwyderd is, as hy hom laat wegvoer deur onware leerstellings. Elke mens is My skepsel wat op aarde tot rypheid moet kom. Ek verlang na sy terugkeer na My en sal aan hom waarlik alle moontlikhede daartoe ontsluit. Maar hy moet dit gebruik uit vrye wil, want Ek dwing hom nie, maar ook My teenstander kan hom nie dwing nie.
Wanneer u dit alles bedink, dan sal u ook begryp dat Ek steeds weer daarvoor sorg dat die mens die suiwer waarheid ontvang, om dwaling te onthul, dit te verklaar en te brandmerk, sodat dit wel moontlik is dat die mens wat dit ernstig wil, in die waarheid kan wandel. Maar hy moet hom ook ernstig probeer losmaak van die netwerk van leuens van hom wat hom steeds daarop toelê om die duisternis op die aarde te vergroot - en wat daarom met alle middele teen die Lig sal stry.
En vandaar is dit moeilik om die waarheid ingang te laat vind en ook daarom, omdat die denke van die mens reeds so verwronge is dat hulle hulleself nie van die vroeëre aanvaarde geestelike opvattings kan vrymaak nie. En daarom sal elke ligdraer aan wie Ek die opdrag gee om My lig te versprei, aangeval word. Maar solank daar geen totale duidelikheid aan die mense gegee word nie, kan daar ook geen klaarheid wees nie. En daarom sal die mens mekaar steeds weer bestry, solank hulle nie tot My kom met `n ernstige verlange na die waarheid nie. Dan eers sal dit lig in hulle word en dan sal hulle hulle ook probeer losmaak van opvattings wat hulle verdedig het as die waarheid, wat egter voortgekom het van hom wat die vyand van die waarheid is, omdat hy vyandig teenoor My staan.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205