Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

OPVOLGERS VAN PETRUS - KERKLIKE WÊRELDSE MAG
B.D. 2221 - 1 Januarie 1942
Lees in die Bybel en u sal insien dat die Gees van die Waarheid kennelik by die meeste mense verdruk is. Die woord van God word daarom, weerhou, omdat u, wat die waarheid soek, nie siende word nie. Die kerklike oorlewering word getrou nagevolg, maar in hoeverre hierdie oorlewering met die leer van Christus ooreenstem, word nie ondersoek nie. En hoe dikwels is die sin van die goddelike woord nie verander nie. Hoe dikwels word die woord van God verkeerd uitgelê en hoe selde word die verkeerde uitleg gekritiseer.
Die misleiding van die mensdom kan nie genoeg na vore gebring word nie, want dit is tog die oorsaak van alle skeurings en religieuse stryd gewees.
Toe Jesus op aarde geleef het, het Hy gespreek van die Ryk van God. Van `n Ryk wat nie van hierdie wêreld is nie. Hy het nie van `n wêreldlike mag gespreek nie, Hy het ook nie van `n kerklike mag gespreek, of van `n organisasie nie. Hy het dit ook nie gehad oor manne wat in die plek van God oor Sy gemeente sou heers nie. Hy het slegs tot Sy dissipels gespreek: “Gaan heen en onderrig al die volkere”. Hy het hulle die opdrag gegee om die mense te onderrig in Sy leer van liefde, en Hy het hulle Sy medewerking beloof as hulle in Sy Gees één sou bly.
Want soos wat hulle die liefde onderrig het, moes hulle ook self in die liefde lewe, en dan was God, wat die Liefde is, ook Self met hulle. Waar die liefde egter regeer, daar is elke heersende mag oorbodig. Waar die liefde regeer dien die een die ander. Waar die liefde regeer, daar is gebooie oorbodig tensy die gebod van die liefde, wat aan die mense gepredik moet word, weer geopper moet word, omdat God dit Self gegee het. Wat die liefde leer is volgens God se wil. Wat dus by hierdie gebooie toegevoeg word, is nie volgens die Wil van God nie, want om te gebied word `n heersende mag vereis.
Maar die mense moet soos broers en susters met mekaar lewe, slegs onderdanig aan die Wil van God, as hulle God se Ryk wil verwerf. Hulle mag hulle volstrek nie teen die wêreldlike mag verset nie, wat God ingestel het vir tug en orde as dit oortree word. Maar tog is Sy Ryk nie van hierdie wêreld nie. In Sy Ryk is Hy alleen die Heer en Maghebber. Hy het waarlik geen mense op aarde nodig wat Hom moet vervang en hulle mag uitoefen teenoor die medemens nie.
Waar wys één woord van die Heer gedurende Sy lewe op aarde egter op so `n mag? Hy het in die liefde geleef, Hy het liefde gegee en het liefde onderrig. Ware liefde skakel egter `n heersende wil uit. Die sterkere mag nie beslis vir die swakkere nie, selfs nie daar waar die vervulling van die goddelike gebooie onderrig word nie. Want wat onder dwang gedoen word, het nie baie waarde nie, al is dit hoe edel en goed. Eers wanneer die vrye wil in die mens werksaam geword het, is hierdie handelinge werd om deur God gesien te word.
Sodoende verlang God slegs na die vrye wil van die mens. Nooit het die mens op aarde egter die reg om eiemagtig by die goddelike gebooie, die van homself te voeg nie. En nog baie minder mag die onderhouding van hierdie gebooie as plig vir die mense opgelê word nie - dus opgeëis onder bedreiging van tydelike of ewige straf. Want om hierdie straf te ontgaan word een gebod streng nageleef, waar geen aandag andersins daaraan geskenk sou word nie. Dus kan die onderhouding van sulke gebooie onmoontlik `n groot waarde vir God en vir die ewigheid hê.
Toe die dissipels die opdrag van Christus uitgevoer het en die evangelie uitgedra het oor die hele wêreld, was die werksaamheid van God ook duidelik sigbaar. Want hulle het siekes in Jesus se Naam genees, hulle het bose geeste uitgedryf en het wonders gedoen – om dit te bevestig wat hulle onderrig het, want God se Gees was met hulle en in hulle. Alles wat hulle volbring het, was die werk van God se Gees. Hulle het die leer van Christus verkondig, die goddelike leer van die liefde, en het hierdie liefde eweneens voor hulle medemens uitgeleef. En dit het die wil om te heers geheel en al uitgeskakel, want hulle was soos broers en susters onder mekaar en het mekaar in liefde gedien.
Dit was die taak wat Jesus Christus aan Sy dissipels opgedra het vir hulle verdere werksaamhede. Maar Hy het nie één van Sy apostels aangestel as opperhoof of as leier, aan wie al die ander hulle moes onderwerp nie.
Maar wat naderhand ontstaan het, het heeltemal afgewyk van dit wat die Heer Self verteenwoordig het. Daar was `n kerklike, wêreldlike mag in die lewe geroep, wat die gebod van die liefde in so `n vorm gebring het, dat dit nie meer ooreengekom het met wat Jesus Christus die mense Self geleer het nie. Die diens in liefde was nog wel verlang, maar dit was nie meer self beoefen nie. En dit was van diepgaande betekenis, want daar het weer dieselfde ontstaan wat Jesus Christus gebrandmerk het toe Hy Sy lewe op aarde geleef het.
Die mense was verplig tot dit wat hulle uit eie vrye wil moes doen, en manne van aansien, rang en waardigheid het hulle as opvolgers van die apostels betitel, wat tog hulle amp in groot armoede beklee het. Netso bestempel `n opgerigte organisasie `n bouwerk, met `n enorme ontplooiing van prag, hulle as die ‘alleen saligmakende kerk - wat Jesus Christus sou ingestel het met die woorde: “Jy is Petrus, die rots.”
Hierdie woorde is deur mense wat na mag strewe so uitgelê soos wat hulle dit self kon gebruik. In geen geval het hierdie woorde die betekenis dat Petrus die stigter van `n kerklike mag was nie, en dat die maghebbers van hierdie kerk die opvolgers van die apostels is nie - van die apostels, wat sonder rang en waardigheid slegs die evangelie van die goddelike liefdesleer in die wêreld verkondig het. Petrus was die gelowigste van hulle almal, en Jesus plaas sy sterk geloof op die voorgrond met die woorde: “Jy is Petrus, die rots, op hierdie rots wil Ek My kerk bou.” Jesus het die gemeenskap van gelowiges Sy kerk genoem, want hulle wat die Ryk van God wil verwerf, moet hulle in diepste gelowigheid aaneensluit en so Sy kerk vorm.
So was dit Sy Wil, en hierdie Wil het Hy in die genoemde woorde tot uitdrukking gebring. Dit is egter nie Sy Wil, dat hoë en hoogste waardigheidsbekleërs hulle as hoof van so `n gemeenskap voel nie, en hulle mag ook sodanig gebruik. En ook nie dat tallose gebruike en seremonies die eintlike kern onbelangrik laat word nie, dit wil sê, dat die goddelike leer van die liefde onopgemerk bly deur die louter uiterlikhede waaraan te veel waarde geheg word. Daardeur het die eintlike sending van die apostels; om die wêreld in te gaan om die evangelie te verkondig, dit nie meer as fondament gehad nie. Daar kan wel ook onder die maghebbers nog manne wees volgens die sin van God, en aan hulle sal Hy ook waarlik nie nodig hê om Sy Gees en Sy Genade te herinner nie. Maar hulle wysheid is dan nie die gevolg van hulle posisie of hulle hoë amp wat hulle beklee nie, maar hulle korrekte lewenswandel in God. Hulle is dan die ware opvolgers van Petrus, want hulle is sterk in die geloof. En uit die sterkte van hulle geloof put hulle die wysheid, want dan is hulle soos `n rots waaruit die lewende water stroom. Hulle is dan die ware verteenwoordigers van die kerk van Christus, wat bestaan uit die gemeenskap van gelowiges.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205