Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

HOE KON DWAALLERINGE ONTSTAAN?
B.D. 4842 - 18 Februarie 1950
My dissipels was deur My Gees verlig en daarom het hulle in waarheid onderrig. En wanneer hulle mense vir My en My Ryk gewerf het, kon hulle nie anders spreek as wat Ek hulle in die mond gelê was nie, wat My Gees hulle dus geopenbaar het. En hulle het dus dieselfde geleer wat Ek self op aarde tot die mense gepredik het. Hulle het hulle in My Naam onderrig, hulle het in My plek gespreek en sodoende het hulle die suiwer evangelie verkondig aan die mense soos wat dit My wil was.
En steeds sal diegene wat eweneens deur My Gees verlig is, ook hulle ware opvolgers wees, want slegs hulle sal die waarheid spreek, slegs hulle sal My ware verteenwoordigers op aarde wees.
Wie egter nie deur My Gees verlig is nie en tog preek, sal ook nie die suiwer waarheid uitdra nie. Want `n mens in wie My Gees nie werksaam is nie, sal die waarheid verdraai, hy sal aan My woord, wat Ek eens gespreek het, `n verkeerde uitleg gee. Hy sal dwaling verkondig, ofskoon hy dit deur studie en kennis sy eie gemaak het, en nou dink om bekwaam te wees om sy medemens as leraar te kan onderrig.
Die eenvoudigste verklaring egter hieroor is: Waar My Gees nie kan werk nie, daar is die gees van My teenstander werksaam, en dit natuurlik op `n wyse wat in stryd is met die waarheid. En daaruit volg hoe maklik dit moontlik was dat My suiwer leer verdraai kon word en nou in die vorm van `n karikatuur vir die mense aangebied word.
Om My gesproke woord geestelik te begryp, soos Ek wat dit wil dat dit begryp moet word, vereis `n werksame sy van die gees in die mens. Dit stel `n verligte denke voorop en dit weer `n lewenswandel geheel na My wil. Hierdie lewenswandel bestaan egter nie in die vervulling van kerklik opgelegde gebooie nie, maar enkel en alleen in die vervulling van My gebooie, die gebooie om God en die naaste te bemin.
`n Lewe in liefde maak die mens geskik as opnamehouer van My Gees, en net so `n mens is bekwaam om sy medemens te onderrig. Net hy het die insig van die geestelike betekenis van elke woord van My, en die insig is onvoorwaardelik nodig om die growwe dwaling, wat die mense uit My woord gemaak het, te herken.
Hierdie kennis wat dus deur My Gees aan `n mens gegee word wat My wil dien, gee die bevoegdheid om te onderrig en dan geskied elke onderrig ook weer met bystand van My Gees. Wie vir My werk, sal niks uitspreek as dit wat volgens My Wil is nie, want Ek wil dat die waarheid aan die mense gegee word.
Daarom oorheers die gees van onwaarheid egter die mense, omdat My Gees, wat die waarheid oorbring haarself nie meer kan uiter aan hulle wat van mening is om die opvolgers van My dissipels te wees nie; die wat dus die leeramp uitoefen en tog self nie met die Gewer van die waarheid in verbinding staan nie. Hulle lê wel My woord uit, maar die geestelike sin daarvan is vir hulle heeltemal onbekend. Hulle leer wat die vadere hulle geleer het. Sonder om na te dink neem hulle hierdie lering aan en onbekommerd gee hulle dit ook verder, sonder om daaraan te dink dat hulle ook eendag vir elke woord verantwoording moet gee.
Hulle is dus self geestelik blind, blinde leiers van hulle medemens. In plaas van om hulle tot die waarheid te bring, lei hulle die mense steeds verder van die waarheid af weg. Hulle stel `n leer as die “leer van Christus” voor, wat Ek nooit as te nimmer op aarde verkondig het nie. En dit, alleen omdat hulle alles letterlik opneem, en die ware sin nie begryp nie - omdat My Gees hulle nie kan verlig nie. Hulle soek nie die waarheid nie, omdat hulle dink dat hulle Haar alreeds besit. Sodoende soek hulle My nie, en Ek kan hulle daarom nie in aanraking bring met die waarheid nie. Want as hulle My gesoek het, sou hulle ook in die liefde gelewe het en My ook herken het, want Ek openbaar My aan elkeen wat in My glo en My gebooie onderhou.
Wie My volgeling wil wees, moet My navolg soos My apostels. Hy moet lewe in onbaatsugtige naasteliefde, omdat sy gees in hom sal ontwaak, omdat hy deur die liefde die verbinding met My aangaan en hy dan deur My self onderrig kan word soos daar geskrywe staan: “U moet almal deur My onderrig wees”. My Gees sal u in die waarheid inneem en eers dan kan u My ook op aarde verteenwoordig.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205