Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

MISVORMDE LEER - GEBOOIE VAN DIE LIEFDE
B.D. 5982 - 22 Junie 1954
U word nou onderrig in die ware evangelie en u leer daardeur insien, hoe verskillend My suiwer evangelie is van dit wat nou as My woord op aarde verkondig word. U leer om in te sien dat My woord `n verandering ondergaan het in sover, dat dit anders uitgelê word en dat daarom ook `n ander gestalte daaraan gegee is. Dat slegs dit wat belangrik is, te min geag word, daarenteen word die onbelangrike benadruk en daardeur word nie veel geestelike suksesse behaal nie.
Ek het aan die mense op aarde die enigste begaanbare weg getoon, deurdat Ek onderrig het en My leer Self gestalte gegee het, deurdat Ek die weg gegaan het wat alle mense moet gaan om tot My te kom. Dit is die “weg van die liefde”. Alleen deur om op dié weg te gaan, word die mens verseker van die Hemelryk, dit wil sê, om opgeneem te word na sy liggaamlike dood in die ligsfere waar die siel gelukkig is in My nabyheid.
My leer het egter ontaard. Dit is maar net nog verborge te vind in `n stelsel van menslike toevoegings, verkeerde uitleg en die nakoming van onbelangrike gebooie - wat nooit as te nimmer deur My aan die mense gegee was nie. Wat egter `n groot gevaar is, is dat die enigste belangrikste gebod van die liefde oor die hoof gesien word - en sodoende onvervuld bly.
Watter nut het dit vir u mense as u uself kasty, as u pligmatige handelinge verrig of My met die mond bely, as u die gebod van die liefde nie as die eerste en vernaamste erken en dit volg nie? U dink om My te eer deur tallose seremonies, maar u kan My tog maar net eer as u doen wat Ek van u verlang. En Ek verlang liefde tot My en tot u naaste van u.
Solank u by ernstige selfkritiek, nog `n tekort aan liefde by uself ontdek, is u nog nie op die goeie weg nie, al buig u daagliks en elke uur u knie, en slaan uself op die bors. Dit is `n menslike behoefte en het slegs waarde vir mense wat u van u vroomheid sou wil oortuig. Maar hoe ver is u nog van die ware vroomheid af, solank u u medemens nie met die liefde omvou nie, wat ook u liefde tot My bewys. Solank u nie kan sien dat die mense naas u in uiterste nood en benarde omstandighede lewe, solank u nie in die eerste plek hierdie nood probeer verlig nie, alvorens u genoegdoening skep in uiterlike gebare – veral as u die wêreld aanhang deur wêreldlike praal – deur alles waarvoor u die naam bedink: Ter ere van God
Op so `n wyse wil Ek nie geëer word nie, solank daar nog nood ten hemele skreeu tot My, wat u mense goed sou kan verlig as u My gebooie van liefde in u hart wil skryf.
Solank Ek op aarde geleef het, behels My sorg die noodlydendes, armes, siekes en bedroefdes. U, wat uself uitgee as My “navolgers” op aarde, wat doen u vir hierdie noodlydendes, armes, siekes en bedroefdes? Solank u kan help en tog u hulp nie gee nie, is u ook geen ware navolger van My nie - ook al sou u uself die naam toe-eien.
Ek beoordeel slegs die vervulling van My gebooie van die liefde; omdat al die ander; `n diep geloof, die insien van die waarheid, die verbinding met My en ten slotte die ewige waarheid, slegs uit die liefde voortkom en nooit sonder die liefde verkry kan word nie - waaruit al blyk waarom die groot geestelike nood op aarde bestaan, waarom die mense ongelowig is en in die dwaling voortgaan.
My suiwer leer is die leer van die liefde, wat Ek op aarde verkondig het. Sodra hierdie leer verkondig en ook in die praktyk beoefen word, leef u mense in die waarheid en het u in die weg van die navolging van Jesus opgegaan. Laat u egter hierdie gebooie buite beskouing, dan sal u tog geen sukses koop vir u siel nie - ook al oortref u uself in uiterlike dade. U sal dan in dwaling vertoef en ook daarmee die geestelike Ryk ingaan, want Ek beoordeel slegs die graad van liefde wat u siel bereik het, by die uur van die dood.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205