Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE ARBEIDERS IN DIE WINGERD HET `N PLIG OM TEEN DIE DWALING TE STRY
B.D. 8915 - 22 Januarie 1965
U opdrag is om op te kom vir die waarheid wat u van My ontvang het. As Ek u in kennis stel van dinge wat op `n ander manier as onwaar voorgestel word; dan het u `n plig om op te kom vir die geestelike goedere wat u meegedeel word en dit nie stilswyend te duld wanneer u met dwaling gekonfronteer word nie. Want Ek straal die lig van die waarheid na die aarde, om juis die leuen en die dwaling kragteloos te maak. Dit is vir die mense `n gevaar as hulle nie belig word nie, en dat die dwaling dus naas die waarheid voorkom.
Begryp dit tog, dat dit nie dieselfde is as om die waarheid aan u te skenk - of nie. Begryp tog dat u nie met `n dwaling, die weg na My toe sal vind nie. Daarom moet u uself van die dwaling afwend, indien dit nie op die aarde is nie, dan in die Ryk hierna. Solank as wat u nie in die volle waarheid wandel nie, kan daar vir u geen saligheid wees nie. Daarom het Ek ook stryders nodig wat steeds die waarheid uiteensit, wat nie daarvoor terugdeins om hulle kennis aan die medemens mee te deel nie, sodat elkeen kan kies tussen dwaling en waarheid.
U het geen idee daarvan hoeveel dwaling daar in die wêreld is nie. Ek weet dit egter en kan dit daarom nie stilswyend duld nie. Omdat Ek egter geen mens dwing om die waarheid aan te neem nie, kan Ek slegs dit doen: Om vir My self stryders op te lei, wat in My plek sal spreek en ook die dwaling sal bestry as sy duidelik sigbaar word. Want meestal verskuil sy haarself agter `n masker waaragter My teenstander skuil.
En dit is die grootste boosheid, dat hy met dieselfde middele werk om My en My lig uit te doof. Daarom kan daar nie dringend genoeg daarteen ingegaan word nie. En wie in besit geplaas word van die suiwer waarheid, moet steeds weer daarvoor opkom, omdat hy `n barmhartigheidsgeskenk ontvang het van die grootste betekenis – wat die stryd baie makliker vir hom maak. Hy kan alles motiveer en hoef nie te vrees dat My teenstander hom sal oortref nie, want hy sal altyd teenoor die lig die stryd gewonne gee.
En lig gee Ek u in alle volheid, sodat dit vir u maklik is om in te sien waar die opvattings vandaan kom wat teen die Lig van Bo gerig word. En dus mag u dit nie stilswyend duld nie, want wat teen die waarheid ingaan, is leuens en teen die leuen trek Ek op in die stryd.
Die mense weet nie in watter chaos van verkeerde idees hulle hulleself bevind nie. En diegene wat hulle nie kan vrymaak op grond van die aangebede suiwer waarheid nie, sal belas met dwaling ingaan in die Ryk hierna, as daar nie `n hoë graad van liefde, verworwe deur `n offervaardige lewe op aarde, hom `n bliksemsnelle insig verseker na sy dood nie.
Maar in die geval sal hy, die dwaling ook al op aarde kan herken en hy sal alles verwerp wat nie ooreenkomstig die waarheid is nie. Want die liefde verlig hom en hy sal onwillekeurig `n weerstand voel teen verkeerde opvattings.
Hoe nader die “einde” kom, soveel te meer sal ook sogenaamde woordontvangers op die voorgrond tree en almal sal hulle verkeerde boodskappe wil verkondig. En dan gaan dit om menings te herken, want ware sataniese verkondigers sal hulle daaronder bevind wat in opdrag van hom werksaam sal wees om die wêreld ten gronde te wil rig, wat die weg terug na My, heeltemal onmoontlik vir die mense probeer maak.
Maar u, wat My wil dien, u sal hulle herken en ook weet wat u van hulle boodskappe moet dink. En nooit mag u dan uit verdraagsaamheid al hierdie boodskappe goedkeur nie, want wie die leuen nie bestry nie, laat hulle daardeur gevange neem. En dan word sy denke verward en hy sal die suiwer waarheid dan nie meer kan herken nie. Maar dit is Satan se bedoeling, want hy wil ook die gees in verwarring bring, van hulle wat hulleself van hom wil losmaak, om hulle weer in sy mag te kry. En vir hom is geen middel te min en geen lis te laag, om sy doel maar te wil bereik nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205