Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

BESTEMMING VIR VORMCHRISTENE
B.D. 7690 - 3 September 1960
Daar is vir u, mense, maar een moontlikheid om die voltooiing van u siel op aarde te bereik; u moet in liefde lewe. Steeds sê Ek weer aan u dat u alleen deur die liefde salig kan word. Steeds moet Ek weer My gebooie oor die liefde vir u as die mees noodsaaklike voorhou, omdat daar geen vervanging is vir `n lewe in liefde nie, omdat niks u kan help om salig te word as u nie My gebooie van die liefde vervul nie.
Daarom kan u doen wat u wil. U kan oorywerig gebooie wat deur mense aan u gegee is, nakom, u kan alle reëls in ag neem wat aan u as noodsaaklik voorgestel word - u sal geen stap verder kom in u geestelike ontwikkeling nie, solank u die liefde buite beskouing laat. Daarom, besluit goed as u iets onderneem of u deur die liefde in u daartoe gedryf word. Of, dat u slegs gebooie nakom wat u van menslike kant gegee word, en wat op geen enkele manier iets met liefdeswerk te make het nie.
U moet steeds daaroor nadink wat die aanleiding is van u denke en handeling en niks moet u as belangrik aanvaar, waarin die liefde ontbreek nie. En juis die mense wat hulle deur geloofsoortuiging gebonde voel, is lou in die vervulling van My gebooie van die liefde. Hulle rig hulle aandag net op tradisionele gebruike, hulle vervul “pligte” wat aan hulle as belangrik voorgestel word, maar daardeur vergroot hulle in geen geval die rypheid van hulle siel nie. En hulle sou tog moet weet dat hulle slegs om die rede op die aarde vertoef, totdat hulle siele tot rypheid gekom het.
Ek lê steeds weer daarop nadruk dat `n lewe in die liefde onvoorwaardelik nodig is, dat niks die onbaatsugtige werke in liefde kan vervang nie. En al is hulle hoe ywerig in die vervulling van menslik uitgevaardigde gebooie, hulle sal nie die geringste sukses vir hulle siele kan bestem nie. Daarom is alles waardeloos wat u mense verrig as die liefde nie oorheersend is daarby nie.
En as u sê: “Alles ter ere van God” - hoe kan u My eer as u My nie liefhet nie? En hoe kan u My liefhê as u geen ag slaan op die nood van u naaste nie, wat tog u broeder is? Hoe kan u God liefhê as die barmhartige naasteliefde u ontbreek, want alleen dit bewys dat u My liefhet. U leef verkeerd as u gebonde voel aan hulle geloofsoortuiglike gebruike en sedes, aan seremonies en pligsvervulling. U verspil lewenskrag wat aan u deur My geskenk is, as u vir uself geestelike krag op aarde wil verwerf, want dit kan alleen deur werke in liefde verwerf word.
Mense, neem die aardse lewe ernstig op. Leef nie verder so onverskillig dat u nie eenmaal daaroor nadink of u God en Vader wel genoegdoening sou kan neem met wat u slegs aan uiterlikhede volbring nie. Dink daaroor na wat Ek self van u sou verlang as Ek weer as mens onder u sou vertoef, as Ek weer as mens oor u aarde sou gaan.
Glo u dat Ek vreugde daaraan sou belewe as u mense vanuit `n dooie geloof leef? Dat u net meganies dinge doen wat nooit waarde in My Oë kan hê nie? Hoe stel u mense, julle God en Vader voor? Hoe kan u mense My wysheid verenig met dit wat u opgebou het, wat u voorstel as kerk van Christus? Hoe kan Ek welgevalle hê aan sedes en gebruike, aan handeling wat aan u voorgestel word as deur My gewil en wat tog nie deur My gevra is nie?
Ek kan en sal My alleen verheug oor hulle wat werke van liefde verrig. Ek sal steeds net dit waardeer waarvan liefde die beweegrede is, en die siele sal almal dan tot rypheid kan kom - as die mens hulle tot liefde verander as hy die eieliefde bestry en hom wy aan onbaatsugtige naasteliefde. Want dit is die liefde wat by u ontbreek en wat u weer u eie moet maak, solank u op aarde is. U moet `n lewe in liefde lei, anders is u aardse lewe tevergeefs en sal u nooit u doel bereik nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205