Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE BETEKENIS VAN DIE AVONDMAAL
B.D. 7909 - 3 Junie 1961
Hoe dikwels is die betekenis van die avondmaal nie reeds aan u uitgelê nie. Hoe dikwels is die aanbieding van My vlees en My bloed nie al vir u begryplik gemaak deur My woord nie. Hoe dikwels het Ek nie al vir u gesê dat Ek self die woord van die ewigheid is nie; dat Ek My self aan u bied, en dat u My vlees eet en My bloed drink wanneer u My woord in u hart opneem.
U siel moet die soort voedsel ontvang wat haar help om gesond te word, omdat sy siek is, en wat aan haar krag sal gee, omdat sy verswak is. Sy moet gespysig en gelaaf word met die brood van die hemel en met die water van die lewe. Sy het `n gesonde voeding nodig, en die voedsel kan net Ek self vir haar toedien, want sy moet geestelik gevoed word. Sy moet uit die geestelike Ryk voedsel in ontvangs neem, en daarom moet u die Avondmaal hou aan My tafel, met My as die Gasheer wat u uitnooi om na My toe te kom en u deur My te laat spysig.
Brood en wyn moet u siel ontvang, My vlees en My bloed is die ware voeding, en sodoende neem sy My op as sy My woord aanneem wat Ek Self aan die siel vanuit die hoogte stuur. En dit bly dieselfde of Ek haar regstreeks self aanspreek, of dat Ek hulle My woord deur My dienare in ontvangs laat neem. Altyd breek Ek self die brood, altyd reik Ek self aan haar die water van die Lewe en altyd sal sy dan die Avondmaal tot haar neem aan My tafel wat Ryklik gedek is - sodat dit vir geen siel, wat My gas wil wees, aan voedsel sal ontbreek nie.
Maar Ek verstaan geen uiterlike gebeurtenis daaronder nie. Ek neem geen genoegdoening daarmee dat u uiterlike gebruike en handelinge verrig, en dan glo dat Ek self nou in u is nie. Dat u uself met My verbonde waan wanneer u die seremonies ondergaan, wat u onder die woorde “Avondmaal” of “Nagmaal” verstaan. Dit sal altyd maar net uiterlike handelinge en gebruike bly, as u nie van ganser harte daarna verlang om My woord te hoor en deur My aangespreek te word nie. As u siel nie honger en dors na die brood van die hemel nie, na die water van die Lewe; na My woord nie!
Want “My Woord” is Ek self, en daar moet dus `n groot verlange na My Woord hom van u Heer maak en dan eers sal u kan sê, dat u uself innig met My verbind en met My die Avondmaal hou. Dan eers kan Ek u brood en wyn aanbied - My vlees en My bloed. Dan eers het u na My tafel gekom om met My die Avondmaal te nuttig - dan ontvang u My self, soos wat Ek dit aan u beloof het.
“Ek is die brood” - “En die woord het vlees geword”, - verstaan u nou My woorde korrek wat Ek op aarde gespreek het? “Wie My vlees eet en My bloed drink het die Ewige Lewe!” Wie My woord hoor en die krag van My woord op hom laat inwerk; slegs hy kan die ewige lewe bereik, want sy siel sal genees word en sal tot volle ontwikkeling kom. Sy sal deur My woord ook My Wil ken en My woord sal haar die krag gee om volgens My Wil te lewe. Sy sal dus nie net na My woord luister nie, maar dit ook toepas, en waarlik die lewe verkry wat sy vir ewig nie meer kan verloor nie.
En omdat Ek weet hoe dringend die mense die voedsel vir hulle siel nodig het, stuur Ek My bodes uit en roep almal op om as gaste aan My tafel te kom sit en die Avondmaal saam met My te gebruik. En niemand hoef onversadig van My tafel weg te gaan nie, want dit is Ryklik gedek vir almal wat na My toe kom, en wat hulle deur My wil laat spysig en te drinke gee.
Ek het waarlik kragtige spyse en `n heilsame drank vir u almal berei. Maar u moet self na My toe kom, honger en dors moet u na My dryf.
Dan sal u siel ook gelaaf word, sy sal haar steeds weer opnuut versterk vir haar pelgrimstog op hierdie aarde. Sy sal nie meer kragteloos neersink langs die weg nie, want steeds sal Ek weer die korrekte voedsel vir haar aanbied - sodra sy daarna verlang, sodra sy haar baie innig met My verbind en begeer om deur My gespysig te word.
Ek self sal na u toe kom en Ek sal aanklop aan die deur van u hart en wie My bereidwillig sal binnelaat, met hom sal Ek die Avondmaal ook altyd vier en hy met My. Maar glo egter nie dat Ek daar is waar slegs aan die uiterlike vorm voldoen word nie; waar u egter u oor vir My Woord wat uit die hoogte na u toe kom, sluit. Want wie My Woord nie aanhoor nie, hy hoor My self ook nie. Wie My Woord verwerp, hy wys My self af, en sy siel sal sonder voeding bly. Sy moet dan gebrek ly en gaan so verskrompel en armsalig die geestelike Ryk in wanneer die uur van haar dood gekom het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205