Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

DIE PROBLEEM VAN DIE DRIE-EENHEID
B.D. 7117 - 11 Mei 1958
Die goddelike drie-eenheid is een van die baie probleme wat moeilik oplosbaar gemaak is, vanweë `n heeltemal verkeerde voorstelling. Die eenvoudige en vir alle mense begryplike verklaring word daarom nie aangeneem nie, omdat die denke van die mens verward geword het deur begrippe, wat vir die menslike verstand nie te verstane is nie. Maar juis daarom word dit as onaantasbaar voorgehou en selfs die nadenke daaroor word vir die mense verbied.
Maar die probleem word maklik begryp en word verklaar vir elke mens, wat die Menswording van God in Jesus begryp. Wat nie probeer om die Wese van God as een persoon voor te stel nie, maar wie die alles-vervullende Gees as God sien en vir wie dit begryplik is dat die nie-voorstelbare Godheid Homself in Jesus gemanifesteer het om vir Haar geskape wesens `n sigbare God te kan wees. Die mense sal ook die begrippe Vader, Seun en Gees begryp, want vir hulle is daar maar één Wese wat in Homself Liefde, Wysheid en Krag verenig.
Die Liefde laat alles ontstaan en is dus die Verwekker, die Voortbringer, die Vader. En uit Hom het ook die Seun voortgekom, in Wie die Vader Homself gemanifesteer het. Maar die Seun is ook die Wysheid, want die Liefde is die Vuur waaruit Lig uitstraal. Liefde en Wysheid is daarom nie van mekaar te skei nie, soos ook Vader en Seun Eén is. En wederom is die Liefde ook Krag, wat Haarself ewenwel altyd slegs in die hoogste Wysheid uiter. Dit is die Gees uit God, Sy voortdurende Liefdesuitstraling, wat al die nog onvolmaaktes help om tot die uiteindelike voltooiing te kom.
Daar kan dus altyd maar net één Wese as God die Vader, Seun en Gees verstaan word. Eén Wese, waarvan die alles omvattende begrip Liefde, Wysheid en Krag is. Dat die Wese Homself in die mens Jesus gemanifesteer het, gee u nie die reg om nou uit die Godheid `n tweevoudige Wese te maak wat geskei aangeroep kan word nie - en daar dan by die tweevoudige Wese nog een as Gees by te voeg nie, wat ook weer aangeroep word deur hulle wat vir hulleself nie die probleem deurgeworstel het nie, maar eenvoudig dit aanneem wat onverligte denkers predik.
En aangesien dit die geval is, is dit `n bewys dat dit vir baie mense nie moontlik is om die Vader in Jesus Christus aan te roep nie. Hulle kan oor die algemeen nie begryp dat God Self slegs in Jesus Christus vir hulle te bereik is nie en dat die drievoudige verskillende aanroepe steeds maar tot een Oor deurdring, omdat die Ewige Godheid nie geskei kan word nie. Omdat Hy Homself in Jesus Christus nader aan die mense geplaas het, wat nie in staat was om die ewig allesomvattende en -vervullende Gees te begryp nie.
Die begrippe Vader, Seun en Gees is by die mense, wat nog geen ontwaakte gees het nie, steeds weer die oorsaak dat hulle hulle gedagtes en gebede in verskillende rigtings stuur. U roep God die Vader aan, u roep tot Jesus en u roep ook die Gees aan, dat Hy tot u mag kom. Maar u sal eers dan op die korrekte wyse bid, wanneer hierdie Drie vir u Een begrip geword het. As u slegs een Wese aanroep, wat in Hom die Liefde as die Vader, die Wysheid as die Seun, en die Krag het, wat deur die Gees verenig is. Dan eers het u die probleem van die drie-eenheid opgelos.
Want ofskoon die leerstelling oor die “drie persoonlike Godhede” `n uitgebreide leerstelling met toevoegings is; is hierdie Drie Eén - en is hierdie leer vir die mense tog `n groot misleiding, wat sy uitwerking op verdere verkeerde opvattings het. Want juis in die aanroep van God in Jesus lê `n baie groot krag, wat egter verlore gaan as u nog onder verkeerde voorstellinge gebuk gaan, en u nie in staat is om u daarvan los te maak nie.
`n Ernstige nadenke daaroor, sal u en u insig wel baie goed doen. Maar u laat dit agterweë, omdat u slawe geword het, terwyl u deur God die volle vryheid geskenk word. U moet hierdie geestelike vryheid egter gebruik, en God Self sal u ook waarlik help, sodat u denke verlig word. Want Hy is Self die Lig - en Hy wil ook almal van Lig voorsien wat na Lig verlang.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205