Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

EK WIL U BINNELEI IN DIE WAARHEID
B.D. 8872 - 23 Oktober 1964
Die waarheid bly nie lank so suiwer soos dit van My af uitgegaan het nie. Daarom spreek Ek hierdie woorde, reeds tydens My lewe op aarde: “Ek wil u binnelei in die waarheid”, want Ek weet dat ook My woord wat Ek u Self gebring het, nie suiwer bewaar kan bly nie. En dit sal steeds die geval wees sodra menslike onvolmaaktheid hom daarmee besig hou, sodra die suiwer woord in die hande kom van onvolkome mense en hulle louter verstandelik `n standpunt daaroor inneem. Weer het Ek daarom My suiwer woord van Bo af na die aarde gebring, maar ook steeds weer word die woord verdraai.
U, mense, het dus geen waarborg dat die “boek der boeke” (die Bybel) gevrywaar is teen veranderinge nie, want Ek tas nie die vrye wil van die mens aan nie. Ek kan `n verkondiger van My woord dan slegs beskerm as hy homself onder My hoede stel en My om beskerming teen dwaling vra.
U mense is egter nie in gevaar om verkeerd te dink, wanneer u in gees en waarheid bid dat Ek u gees mag verlig nie. Dan sal u ook insien waar dwaling binnegesluip het. Dit is egter verkeerd om te beweer dat Ek self My suiwer woord beskerm teen verontreiniging, omdat die vrye wil van die mense dan in twyfel getrek sou kan word, wat egter met My geestelike goed kan doen wat hulle wil.
En so moet u ook by die “boek der boeke” bedink dat daar met verloop van tyd veranderinge aangebring sou word en dat Ek dit nie kon verhinder nie, juis vanweë die vrye wil van die mens. En daarom blyk ook steeds weer die noodsaaklikheid van `n nuwe openbaring, wat die bestaande dwaling moet aanspreek.
Dus is dit maar net vir u mense nodig om in die waarheid te wil lewe. Maar u moet u nie vlei met die gedagte dat u die waarheid met sekerheid besit, omdat u dit uit die “boek der boeke” kan put nie. Anders sou Ek nie helder en duidelik die woorde hoef te gespreek het nie: “Ek wil u binnelei in die Waarheid!”
U moet dan egter ook bedink dat die werk van My Gees altyd net `n geestelike inhoud het. Dat dit vir My om die heil van die siel gaan, wat Ek deur My spraak vir My wil wen. Dat alles wat Ek gesê het, dus slegs u geestelike vervolmaking in die oog het.
Maar My geestelike aanwysings is dikwels met menslike toevoegings vermeng, wat dan vals blyk te wees en aanleiding gee tot twyfel, soos ook My goddelike woorde van die liefde dikwels verbind word met menslike aanvullings. En nou hou die mense hulself aan die laaste en wil die mensewerk nie meer opgee nie.
Sodoende is daar ook begrippe wat vir die mense van toentertyd gegeld het, betrokke by My goddelike woord, soos byvoorbeeld: Dat vroue nie mag onderrig nie. Dit was in geen geval My gebod nie, maar daar was deur die tyd rekening daarmee gehou. Daar is egter geen enkele gronde om dit as `n goddelike woord te beskou nie, omdat uit My woorde tog duidelik te begryp is dat “Ek My Gees sal uitgiet oor alle vlees en knegte en diensmaagde sal profeteer”.
Wat Ek dus nodig vind om te verbeter, het steeds weer gebeur deur nuwe openbaringe. Maar ook dié het nie hulle suiwerheid behou nie, maar moet weer gereinig word. Dog het Ek aan u die belofte gegee om die waarheid aan u bekend te maak - en daarom kan u daarvan seker wees dat elkeen wat slegs innig verlang na die waarheid, dit ook sal ontvang. Want Ek laat niemand in dwaling heengaan, wat nie aan die teenstander ten prooi wil val nie, wat van ganser harte die suiwer waarheid begeer.
Maar anders as deur nuwe openbaringe is dit vir My nie moontlik nie, omdat - vanweë die wilsvryheid van die mens, Ek hulle nie kon verhinder het om die woord wat oorspronklik van My uitgegaan het, te verdraai nie. En dat dit geskied het, het sy oorsaak in die lae geestestoestand van die mens, wat geen weerstand teen die invloed van die teenstander bied nie. Maar Ek sal steeds daarvoor sorg dra dat die “lig van die waarheid tog na u toe sal straal”, u - wat na die waarheid verlang.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205