Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

VERSKILLENDE GEESTESRIGTINGS
B.D. 8686 - 27 November 1963
Dit is nou dieselfde as in die tyd van die koms van Christus op aarde. Die mense bevind hulle in dieselfde toestand van verwarde denke. Hulle verdedig dieselfde dwaalleringe, hulle glo om die enigste waarheid te besit en wandel te midde van onwaarheid. Hulle staan niksseggende geloofsrigtings voor en dit verskil almal van mekaar. Elke rigting kom neer op sy eie opvattings en elke rigting glo ook om aanspraak te kan maak op die waarheid van alles wat hulle leer.
En die aantal geestesrigtings het nog aanmerklik toegeneem, want daar is nie min wat teenoor mekaar staan nie. Velerlei menings het ook weer tot baie kerkgenootskappe gelei, wat almal trag om aanhangers te wen en fanaties volhard in die geestelike opvattings wat hulle voorstaan. Daarom is dit noodsaaklik dat die waarheid aan die mense gebring word, dat hulle eens en vir altyd kan verneem wat God van die mens verlang. Dit is nodig dat God se wil aan hulle bekendgemaak word. Dat hulle leer om te besef dat die vervulling van Sy wil die betekenis en die doel van die aardse lewe is.
Elke kerk of geloofsrigting leer egter dat hulle God se wil verkondig, en tog stem die verskillende geloofsrigtings nie met mekaar ooreen nie. In die tyd van die koms van Christus het die mense, netsoos nou, behae geskep in die verrigting van allerlei gebruike. Daar was ook fanaties godsdiens bedrywe, waaraan die lewende ontbreek het, sodat die mense geen innige kontak tot stand gebring het met hulle God en Skepper nie.
En in die teenswoordige tyd is dieselfde te sien. `n Vormgodsdiens waar met alle sedes en gebruike rekening gehou word. Waarin vir die wêreld die verbinding met God gedemonstreer word, terwyl die hart van elkeen persoonlik ver van die innige band met Hom verwyderd is.
Dit is alles skyn en bedrog, daar is geen waaragtigheid meer in die lewenswandel van die mense nie. Hulle behoort nog steeds aan die aardse wêreld. En selfs as hulle die skyn wil wek om met God verbonde te wees, dan is dit slegs `n dooie vorm wat hulle in ag neem, maar hulle siele word nie daardeur geraak nie.
En in hierdie skyngodsdiens wil u die waarheid van God ontvang. U moet daaraan dink, dat Jesus Hom ook nie in Sy lewe opgehou het daarmee om vir die mense verkeerde geestelike waardes voor te lê nie en hulle skyngodsdiens te probeer regverdig as alleen aan God welgevallig nie. Hy het alles verdoem wat in stryd was met Sy leerstellings.
Maar ook nou wil die mense hulle nie van menslike geestelike waardes losmaak nie. En hulle sal derhalwe steeds in dwaling verkeer, omdat hulle weier om die suiwer waarheid aan te neem wat hulle maar net van Bo af - van die Ewige Waarheid, geskenk kan word.
Maar om so `n barmhartigheidsgeskenk aan te neem, word die vrye wil vereis. Onder dwang kan die waarheid nie aan die mens gebring word wat nie bereid is om Haar aan te neem nie. En daarom is dit moeilik om dwaalleringe uit te roei, selfs al word dit aan hulle met redes omklee en as foutief verklaar. Steeds is daar maar weinig wat oopstaan vir wat God Self die mense laat toekom, omdat hulle so `n duidelike werksaamheid van God nie wil erken nie, omdat hulle in die geheel niks weet van die feit dat God Sy Gees uitstort oor hulle nie, diegene wat hulle bereidwillig vir Hom oopstel om die suiwer waarheid van Hom te ontvang.
Voor die koms van Jesus op aarde, voor Sy kruisdood, was die uitstorting van die Gees in `n mens nie moontlik nie - en daarom het die wêreld haar in die grootste dwaling bevind. Maar na Sy kruisdood kon die waarheid deur die mense begryp word, en was dit moontlik om vir die mense volledige duidelikheid te gee wanneer hulle verkeerd dink. Hulle kon deur die Gees onderrig word en daardeur iedere dwaling uit hulle denke verwyder.
Maar die mense was nie gedwing nie. En daarom het daar steeds weer dwaling binnegesluip, wat dan met volharding as “waarheid” oorgelewer en verdedig was met sodanige hardnekkigheid, dat dit moeilik was om die mens van hulle verkeerde denkbeelde te oortuig. Én daarom sal hulle hulleself ook steeds verset om die suiwer waarheid uit God aan te neem en die dwaling te laat vaar.
Maar terwille van die waarheid moet alles tog self probeer word om hulle tot nadenke te bring. Daar moet gepoog word om hulle opvattings aan die wankel te bring. Alles moet gedoen word om die suiwer waarheid aan hulle te bring, want alleen op die weg van die waarheid kan hulle hulle laaste doel bereik.
Solank die mense verkeerd dink, kan hulle nie in die Ryk hierna aan die saligheid deelagtig word nie, wat slegs deur `n helder lig verseker kan word.
Want alleen waarheid skenk lig, en daarom kan die waarheid alleen saligheid gee, omdat met haar weer ontelbare wesens gelukkig gemaak kan word – en dat die saligheid in die geestelike Ryk uit die sending van lig bestaan.
Daarom mag u mense nie in `n verkeerde denkbeeld verval nie. Daarom word die waarheid steeds weer aan u gebied. Daarom word daar van die kant van God alles gedoen dat u denke reg gerig kan word. Maar u self moet die wil hê om in die waarheid te wandel. Want op aarde val dit minder op dat u in die waarheid wandel as in die Ryk hierna, maar daar kan u nie sonder die waarheid salig wees nie.
Dus, as u reeds op aarde uit u duister toestand niks van die waarheid aanneem nie, sal dit egter vir u in die geestelike Ryk smarte besorg, omdat slegs lig alleen saligheid is en lig altyd slegs van die waarheid uitstraal, van God Self, wat die Oerlig van die ewigheid is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205