Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

VAN GOD SELF HET DIE WAARHEID UITGEGAAN
B.D. 8700 - 15 Desember 1963
Verlang na die waarheid en waarlik, hierdie geestelike bede van u sal vervul word. Soek hierdie waarheid egter nie in boeke wat weer op die menslike verstand gebaseer is nie, wat suiwer verstandelike veronderstellinge is - waarvoor geen bewyse gegee kan word nie. Want sodra u veronderstel dat mense uit hulleself in staat is om die waarheid te deurgrond, vergis u uself, omdat die suiwer waarheid sy oorsprong net in My het, Ek, wat die Ewige Waarheid Self is.
Daarom sê Ek: Vra die waarheid van My self, bid ernstig daarvoor na My en u sal haar ontvang.
Wat Ek onder die waarheid - wat u van My self moet afsmeek - wil verstaan, is gedagtegoedere wat `n geestelike inhoud het. Dit is kennis wat opkom in die geestelike gebied en nooit met bewyse aangetoon kan word nie. Dit is die kennis oor u bestaan, u motivering en doel. Dit is die kennis oor die Mag wat alles laat ontstaan het en oor die samehang tussen u mense, en die Mag. Die is die kennis oor die wese, die bestuur en werksaam wees van hierdie Mag, wat alles wat bestaan - geskape het.
Om volgens waarheid duidelikheid daaroor te gee, kan geen mens vanuit sy verstand doen nie. Enkel alleen die Ewige Waarheid Self is in staat om dit duidelikheid te gee, en daarom moet u uself ook tot Haar wend. Ek self is die Een wat u kan antwoord en ook `n antwoord wil gee, omdat Ek die hoogste Mag en ook die Liefde is - wat vir u as My wesenlike skepsele met hierdie kennis wil verbly.
Maar Ek kan My alleen openbaar aan hulle wat ernstig na die waarheid verlang, hulle sal My egter nie tevergeefs om die stuur van die waarheid vra nie. Dog is daar maar weinig mense wat die ernstige verlange het. Meestal lewe hulle onverskillig verder of hulle neem sonder nadenke aan wat die medemens hulle vertel; mense wat maar net hulle verstand laat werk, maar geen waarborg kan gee vir `n ware beoordelende verstandelike denke nie.
Daar is nie baie wat hulle besig hou met die grondvrae van hulle bestaan as mens nie - en steeds is die geloof in `n God van Liefde, Wysheid en Mag nie so sterk dat hulle Hom om duidelikheid sou vra nie. Maar slegs van My kan die suiwer waarheid uitgaan. En in die verkeerde ingesteldheid tot My, hulle God en Skepper, lê die oorsaak dat die mens in dwaling en sonder enige ware kennis voortlewe en gevolglik ook hulle aardse lewe, wat hulle tot voltooiing sou kan bring, nie goed gebruik nie.
Die onverskilligheid teenoor die waarheid is `n verskynsel wat `n gevolg is van die groot onrypheid van die menslike siel. Want sy is nog in die mag van My teenstander, wat alles waardeur die mense `n lig gegee kan word, probeer verhinder, omdat hy hulle nie wil verloor nie en hy hulle net in sy mag hou, solank hy `n verduisterde gees het, dus ver van die waarheid af.
Slegs die waarheid bring die mens tot voltooiing, die waarheid alleen is saligheid. Sy is `n lig wat helder skyn in die donker nag wat oor die aarde uitgesprei lê. Die waarheid is Ek self - en wie dus in die waarheid leef, dié is ook innig met My verbonde.
Sodra u mense nou nie volgens die waarheid onderrig word nie, ontbreek dit ook by u aan lig vir u aardse lewensweg. U is weliswaar op pad, maar waarheen lei hierdie weg sonder waarheid? Dit kan slegs na die diepte voer - terwyl, as u in die weg van die waarheid opgaan, sy u onherroeplik omhoog sal lei. Want die weg word helder verlig en bring u tot u doel, tot My, Ek wat die Ewige Waarheid Self is. En Ek is waarlik altyd bereid om u in die waarheid binne te lei, soos wat Ek dit beloof het, toe Ek op aarde geleef het. Aan elke mens, wat slegs in sy hart verlang om My te hoor en deur My vertroud gemaak te wil word met die waarheid, wil Ek My openbaar in My Liefde, Wysheid en Mag.
Dit is die vernaamste bede wat u tot My kan opstuur, want dit bewys aan My u ernstige wil om tot My terug te keer. Dit bewys ook aan My dat u My self erken as u God en Vader, en dit is `n geestelike bede, wat sekerlik verhoring sal vind.
Want sodra Ek u die suiwer waarheid kan laat toekom, leer u My in My Wese ken en ook lief te hê. En na u liefde verlang Ek, Ek verlang vurig na u liefde, wat egter eers dan diep en rein sal wees, wanneer u deur die stuur van die suiwer waarheid alles sal weet oor u ontstaan en u vroeëre houding teenoor My en oor die doel (van u lewe) wat u weer met My verenig het.
Die liefde word dan in u ontsteek en u sal My steeds inniger nader. En u sal ook dieper binnegelei kan word in kennis wat u bomatig salig sal maak. U sal dan My heilsplan van die ewigheid ken, en die liefde van die Vader vir Sy kinders en ook die groot werk van die terugvoering, waartoe elke afsonderlike mens My ook sy diens kan aanbied. U sal My leer liefhê en hierdie liefde sal u salig maak, want dit voer tot die uiteindelike vereniging met My - tot `n ewige lewe.
Slegs die waarheid lei egter na dié doel en dit moet u mense nastrewe. U moet uself innig aan My oorgee en u deur My self laat onderrig - en u sal dan ook onderrig word deur My, u God en Vader, wat alles weet en u daarom oor alles kan en wil onderrig - omdat Hy u bemin.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205