Boek 42 - God en die Kerke - Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23.

GOD WIL NIE GEVREES NIE, MAAR BEMIN WORD
B.D. 8348 - 5 Desember 1962
Ek wil nie as `n wraakgierige, bestraffende God deur u gesien word, wat meedoënloos verdoem en die hardste straf oplê aan diegene wat in stryd met My wil handel nie. Ek wil nie as `n streng Regter u vrees aanjaag nie, want Ek wil slegs liefde van u hê. Ek wil u liefde verwerf en daarom moet u ook `n duidelike voorstelling kry van My en My hele Wese. U moet hulle nie glo wat `n totale vals beeld van My gee, wat nooit geskik sal wees om liefde tot My op te wek nie. Liefde tot u God en Skepper, tot My, wat ook u Vader is en ook as Vader gesien wil word. En elke leer wat My as `n vergeldende God en as `n ewige toornige Regter voorstel, is verkeerd. Want hierdie dwaling sal altyd maar net die verwydering tussen u en My vergroot, want solank die liefde tot My nie in u is nie, is daar ook geen toenadering tot My nie.
My Oerwese is Liefde en uit hierdie Liefde het u voortgekom. Hierdie Liefde bly egter onveranderlik en verlang steeds maar weer na wederliefde. Dit kan nie verander en ook nie vergaan nie, en daarom sal My liefde tot in alle ewigheid na u uitgaan. Dit sal u volg in die diepste dieptes om u ook weer daaruit te bevry. Nooit sal Ek u egter in die diepte stort nie, nooit sal Ek vir ewig verdoem wat uit My voortgekom het nie - selfs wanneer u uself teen My verset en My liefde verwerp. Maar My liefde sal alles doen om u, My skepsels, aan te spoor om weer nader te kom tot My. En My liefde sal trag om u liefde te wen, tot u uself in vurige liefde tot My wend en verbinding met My soek. En dan sal onbegrensde saligheid ook weer u lot wees, soos dit van die begin van die tye was, toe u uself nog nie teen die uitstraling van My liefde verweer het nie.
Aan u mense op aarde is My Wese verkeerd voorgestel. In die beste geval vrees u My as u My as `n Mag erken, wat alles laat ontstaan het, maar u waag dit nie om as kinders na My toe te kom en My om iets te vra nie, omdat u My oorgrote liefde nie ken nie, wat u `n weg wil skenk - maar waartoe Ek u vrywillige tegemoetkomendheid verlang. Ek wil egter nie net as `n God van Mag erken word nie, maar juis as `n God van Liefde, en daarom openbaar Ek My steeds weer aan die mense wat ontelbare male in die aardse lewe deur nood of smartlike gebeurtenisse heen gaan, maar steeds word hulle weer daaruit bevry.
En hulle kon My dan ook as `n liefhebbende God sien, wat alles weet en steeds weer tot hulp bereid is. Want Ek benader elke mens op die aardse lewe meermale. En as hy maar oplet, dan sal hy ook `n hoëre leiding kan herken in sy aardse lewensloop, in sy noodlot en in alle gebeurtenisse wat hom oorkom.
Maar Ek openbaar My ook aan die mense deur die woord. Ek spreek hulle aan en gee hulle daarmee ook `n teken van My groot liefde, deurdat Ek hulle vermaan en waarsku, deurdat Ek hulle raad en troos gee, deurdat Ek die doel van hulle aardse lewe heel begryplik uitlê en hulle krag en hulp beloof vir hulle aardse lewe, omdat dit tot die doel, naamlik die vereniging met My, mag lei. Want die Vader verlang vurig na sy kinders uit Wie se liefde hulle voortgekom het, en die Liefde sal Haar kinders nooit opgee nie.
Maar solank die mens God se liefde nie insien nie, omdat hy deur verkeerde leerstellings net geleer het om God te vrees, solank sal die kind ook nie die korrekte verstandhouding met die Vader tot stand bring nie en sodoende word die terugkering tot My in gevaar gebring. U sal daarom iedere leer wat u vrees inboesem vir u God en Skepper as dwaalleer kan verwerp, want Ek het erbarming met die grootste sondaar en trag om hom te help, maar dit is nie so dat Ek self, sy ellendige toestand wat hy oor homself afgeroep het, - nog vererger nie.
Ek verdoem nie altyd nie, maar verhef al die gevallenes omhoog. Ek straf nie, maar die wesens straf hulleself, deur hulle sondeskuld, en Ek probeer om verlossing aan hulle te bring. En wat u as `n strafgerig aansien, is net `n geregverdigde vereffening en `n daad van hulp van My kant af, omdat, ooreenkomstig die wet, elke vergryping teen My orde van die ewigheid, sy uitwerking moet hê. Alles wat uit hierdie ordening geraak het, help Ek weer hierin terug, omdat My Liefde en Wysheid dit as heilsaam insien. Want Ek wil My self wegskenk en kan dit weer net alleen doen in ooreenstemming met My ordening van die ewigheid. En wat u mense as smartlik aansien, dien altyd net daartoe dat u uself eendag weer sal inpas in My wet van die ewige orde, omdat Ek u dan ook weer kan gee, omdat Ek u met My eindelose liefde gelukkig kan maak, soos dit was gedurende die begin van die tye.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205