Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE AFLOS VAN DIE SONDESKULD DEUR KINDERS EN KINDSKINDERS
B.D.3315 - 2 November 1944
Die gevolg van die sonde is ook haar straf. Dit moet so begryp word dat elke sonde gevolge het wat weer `n verderfbringende uitwerking vir die sondaar het, om welke rede dan van `n regverdige straf gepraat kan word. Maar hierdie straf is dan nie deur God aan die mens opgelê nie, inteendeel het hy haar self na hom toe getrek, omdat hy die onmiddellike aanleiding daartoe gegee het.
Nou kan die uitwerking van die sonde egter ook `n langer tyd op haarself laat wag, maar sy sal onherroeplik kom, net dat sy dan nie die mens self tref nie, maar sy kinders en kindskinders, wat dus hierdie straf moet dra wat geslagte tevore veroorsaak was.
Dit is `n skynbare onregverdigheid van God, maar dit gaan dan steeds oor siele wat, om ryp te word, besonder sware lewensvoorwaardes nodig het en wat vir homself besonder sware lewensomstandighede verkies het. Hulle dra a.h.w onverdiende leed en staan ook met die siele van hulle, wat de leed veroorsaak het, in geestelike verbinding. Hulle word dus deur die siele beïnvloed om `n skuld af te los wat hulle in die ryk hierna gevolg het en waarvan die tot niet maak in die hiernamaals, uitermate baie tyd sou eis. En God neem hierdie genoegdoening deur kinders en kindskinders aan.
Wanneer die mens sy skuld self op aarde kan aflos, dan bestaan daar ontelbare moontlikhede, dit wil sê, die mens moet met die gevolge van die sonde klaarkom, hy sal dan in sekere sin dieselfde lot moet ly wat hy vir ander berei het, hy sal die leed moet dra wat hy ander aangedoen het, steeds sal die uitwerking van die sonde homself weer tref en hy sal homself nie daarteen kan verweer nie.
Maar dan bespaar hy sy nakomelinge al die lyding wat hy self veroorsaak het. Maar gaan hy met hierdie skuld binne-in die ryk hierna, dan sal hy daar nie rus vind, alvorens hy weer die mense wat op aarde noue bande met hom het, daartoe beweeg het, deur beïnvloeding van gedagtes, om sy vroeëre sonde op die aarde uit te boet, wat hulle dan `n aardse noodlot gee wat die sonde van die vaders duidelik herkenbaar laat word.
Van kinders en kindskinders word die versoening vir die begane sonde aangeneem om die verantwoordelikheidsgevoel in die mense te wek, wanneer hulle die grootte van `n skuld onderskat. Die sondaars in die hiernamaals ly buitengewone kwellinge, wanneer hulle die mense op aarde vir hulle skuld sien boet en daarom word die skuld tweevoudig uitgedien en in ooreenstemming daarmee vinniger afgelos, netso omgekeerd hoef `n mens wat op hoogte is van die sonde van sy voorvaders, nie so swaar te ly onder die straf nie, omdat dit vir hom regverdig voorkom en sy siel daardeur vinniger tot rypheid kom op aarde.
Maar uitermate maklik is dit vir 'n sondaar om van sy skuld verlos te word as hy dit in diep geloof in Jesus Christus, aan Sy voete lê, as hy Hom innig vra vir vergewing, nadat hy ernstig berou daaroor gehad het en sy bes doen om homself te verbeter. Dan sal die gevolge van Sy sonde ook wegbly, hy sal nie bang hoef te wees dat sy skuld deur sy nakomelinge afgelos moet word nie. Hy sal vry word van sy skuld, ter wille van Jesus Christus, Wie vir die sonde van die mense aan die kruis gesterf het.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205