Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

HULLE EET EN DRINK – NET SOOS VOOR DIE SONDVLOED.
B.D.4575 - 28 Februarie 1949
Netsoos dit was in die tyd voor die sondvloed, so sal dit ook nou weer word, soos wat dit ten einde loop. `n Oorgrote lewenslus sal homself Heer maak van die mense en die wêreld sal met alle aantrekkingskrag op hulle inwerk. Die mense sal hulleself nie meer kan en wil beheers nie en die lewe sonder gewetensbesware in sondigheid geniet. Want dit sal geen edele vreugde wees wat hulle begeer nie, veel eerder sal die sonde oral oorheers, die eieliefde sal alle naasteliefde verdring en daarom sal die mense sondig word, omdat hulle die naaste skade berokken om maar net te sorg dat die begeertes van hulle liggame vervul word. Die eiendom van die naaste sal nie geag word nie en dus sal daar gesondig word teen alle gebooie.
In die toenemende lewensgenot sal die stem van die gewete verstik word en in volle teue sal geniet word van wat die wêreld bied. Maar die wêreld is die ryk van My teenstander en dus kan daar van die wêreld alleen maar iets slegs kom, sy kan vir die siel maar net `n gevaar beteken, want wat aan die liggaam voldaan word, moet die siel boet, sy moet betaal vir wat die liggaam verlang. Dus, skynbaar sal die mense mag geniet van die geluk; slegs hy wat aan Myne behoort, sal weet hoe laat dit is wanneer die mense hulleself probeer bedwelm in die roes van genot. Dan is die einde baie naby, want Ek het dit al lankal vir u aangekondig, dat dit so sal wees soos voor die sondvloed – dat hulle sal eet en drink, hulle trou en laat hulleself in die huwelik uitgee en sal nie let op die vermaninge en waarskuwinge van bo nie.
En dit sal moeilik wees om die evangelie aan hierdie mense te predik, want waar hulle slegs oë het vir die aardse lewe en dit nastreef, ontbreek die begrip vir die geestelike lewe by elkeen en daarom lag hulle elke draer van die waarheid uit wat hulle probeer bekeer en bespot hom. Maar midde in die vreugderoes kom die laaste oordeel. En daarom sal dit verskriklik wees vir almal wat in die aardse wêreld hulle god sien, want hulle sal uit die hoogte neerstort, uit die vreugde in die grootste angs, hulle sal uit die hemel neerstort in die hel. Want die wêreld met haar luste was hulle hemel, maar hulle sal vernietig word - en die hardste gevangenskap is die lot van diegene wat hulle vryheid op aarde verkeerd gebruik het, wat in sonde lewe en ook in sonde sal sterf.
Behoed u vir die wêreld, want sy is `n groot gevaar vir u. Sy bied u nou nog wel baie begerenswaardighede, doen egter liewer afstand daarvan en strewe na die hemelse vreugde wat naderhand kom, en deurstaan ontbering, sodat u dan in alle volheid die vreugde van die hemel sal kan geniet. Behoort nie tot diegene wat slegs van hulleself hou en aan die liggaam elke genot wil verskaf nie.
Kort is die vreugderoes, maar daarna kom `n verskriklike ontwaking, netsoos dit aangekondig is in woord en geskrif. Maar die mensdom is in groot gevaar, want nou al is sy verblind deur die bedrieglike lig van die wêreld, en sy hou nie op met haar eise nie, maar sal hulle steeds hoër stel. Sy stuur met rasse skrede op die laaste einde af, sy soek die lewe en sal die dood vind, sy soek die vreugde en gaan haar ondergang tegemoet.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205