Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE ONDERVINDING VAN DIE ONDERGANG SOOS IN `N DROOMTOESTAND HERINNERING - NUWE AARDE
B.D.4644 - 19 Mei 1949
Soos in `n droomtoestand sal u die ondergang van die ou aarde belewe, nadat u weggeneem is, dus die werk van vernietiging sien en ook die omvang kan besef, maar sal self nie daardeur belas word nie, sodat u niks beswaarlik meer van die aarde met u sal saamneem na die ryk van vrede nie, wat nou u verblyfplek sal wees, totdat u weer teruggeplaas sal word op die nuutgevormde aarde, waar u `n nuwe lewe sal begin in voortdurende verbinding met My.
Tog sal u getuie moet wees van die ondergang van die ou aarde, omdat die kennis daaroor by u moet bly om u kinders en kindskinders te onderrig. U moet die herinnering bewaar van die ou aarde met haar skeppings, met haar geestestoestand onder die mense, met die sondigheid, die geloofstryd en die einde, sodat die nuwe generasie ook daarvan sal kennis neem, sodat die kennis daaroor hulle ingesteldheid teenoor My sal beïnvloed, net soos dit ook in latere tye daartoe moet dien om die mense te waarsku en te vermaan oor `n geestelike terugval, wat as gevolg hiervan, weer onvermydelik hierdie uitwerking (`n ondergang) sou hê.
Op die nuwe aarde sal niks meer aan die ou skeppings herinner nie en dit sal vir die bewoners van die nuwe aarde wonder op wonder beteken wat nuwe skeppings met die oue vergelyk, en aan die geluksaligheid sal geen einde kom nie. En soos in `n droom sal die ou aarde met alle aangrypende gebeurtenisse tydens die einde, voor hulle oë verskyn en tog nie uit die geheue wyk nie, waar dit goed is vir die mense om hierdie herinnering aan te haal.
Wat nou nog vir die mense heeltemal onmoontlik voorkom, sal die mense wat My trou toegewy is, moet meemaak, en diegene wat hulle in hierdie laaste groot nood sal standhou vir My, sal vir hulle die toestand van geluksaligheid in die paradys van die nuwe aarde lewer, om welke rede hulle ook die laaste verskrikkinge slegs nog soos in `n droom sal deurmaak, omdat dit andersins ondraaglik vir hulle sou wees in die tyd van lyding wat die geloofstryd aan die einde vir hulle beteken.
Maar wie se geloof sterk is, sal vashou aan die hoop op My koms, om weggeneem te word en die paradys van die nuwe aarde opgerig te sien, en hierdie geloof laat Ek nie verlore gaan nie. Ek berei waarlik `n lot vir hulle wat hulle volkome skadeloos sal stel van alle leed, want Ek sal Self onder hulle wees met My Liefde en barmhartigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205