Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

HELDERSIENDHEID - GOEIE OF SLEGTE KRAGTE.
B.D.2464 - 3 September 1942
Welke geestelike kragte hulleself aan die mense uiter, as hulle werksaamheid openlik sigbaar is, moet ernstig ondersoek word deur hulle wat wel denkend is en in die waarheid wil wandel.
Tussen hemel en aarde, dit wil sê, tussen die lewe op aarde en die hiernamaals bestaan `n samehang, wat nooit onderbreek hoef te word nie, wanneer die mens bereid is om dit in stand te hou. En wel so dat die kragte uit die hiernamaals hulleself steeds sal uiter deur die mense wat hulle wil vul, wat dus in sekere sin "geesverwant" is.
So sal die geestelike wat vol lig is, hulleself uiter deur edele, goeie mense, daarenteen sal duistere kragte hulleself van mense bedien wie se gesindheid onvriendelik is, wat nie in staat is om die goeie na te strewe nie, want hulle is ook gewillig om die slegte kragte te dien, dus voer hulle dit wat hierdie geeste van hulle verlang, gewilliglik uit.
Maar nooit sal hierdie slegte kragte mense kan benader wie se wese goed is nie, wat dus op God gerig is. Daar bestaan geen mag wat so sterk is, dat hulle die geestelike, wat vol is van lig, sou kan verdring nie; die mense wat op God gerig is, word egter steeds bygestaan deur die ligwesens en dus het die duistere magte geen toegang nie, om welke rede `n slegte wese uit die hiernamaals haarself nooit sou kan uiter deur `n mens wat slegs die goeie nastreef en wie se lewenswandel goeie, edele gevoelens laat sien nie.
Die gawe van heldersiendheid is `n uiting van geestelike kragte uit die hiernamaals, dit wil sê, die mens word deur geestelike wesens opheldering gegee oor sake wat die mens andersins nie kan deurgrond nie, omdat hulle hulleself, wat tyd en ruimte betref, aan sy ondersoekinge of kennis onttrek. Die mens wat in staat is om sulke dinge te sien, beskik dus oor `n krag wat nie eie aan hom is as mens nie, en hierdie krag word hom toegestuur uit die geestelike ryke. Die geestelike wesens beskik oor die kennis, sodra dit oor sake gaan wat nog deel uitmaak van die aarde, en hulle kan die mens op aarde dus uitsluitsel gee, want hulle word nie gehinder deur tyd of ruimte nie.
Dus kan sy haarself, waar sy liggaamlik nie meer belemmer word nie, daarheen wend, waar hierdie wesens wat aan die aarde gebonde is, hetsy mense of dooie voorwerpe, hulleself bevind en bygevolg die mense wat hulle raadpleeg daaroor, opheldering deur middel van gedagtes verskaf. Van die kant van die mens is daar slegs `n verfynde ontvanklikheid van sy geestelike vermoëns daarvoor nodig om hierdie verklaringe in ontvangs te kan neem, en hy kan hierdie verhoogde werksaamheid van sy vermoëns te alle tye inskakel, dus self daarop konsentreer, die influisteringe wat deur middel van gedagtes in hom opkom en om dit vanuit die geestelike wêreld in ontvangs te neem.
Dus moet die mens in die eerste plek geestelike kragte aanvaar met wie hy homself na wense kan verbind. Maar sodra net suiwer aardse sake opgehelder moet word, wat met die positiewe ontwikkeling van die siel niks te make het nie, hoef die heldersiende mens ook geen groot geestelike rypheid te besit nie, maar is dit enkel en alleen genoeg om met hierdie geestelike kragte in te stem en van hulle gebruik te maak deur die bereidwilligheid om aan hulle influisteringe gehoor te skenk.
Maar dan is hy ook nooit seker daarvan, dat hy deur kragte bedag word wat nog onvolmaak is nie, dat daar dus ook vergissinge kan binnesluip. Maar steeds word resultate nagestreef vanuit aardse belange, nooit sal dit egter daardeur lei tot geestelike vooruitgang nie.
Die laaste is afhanklik van die graad van rypheid van diegene wat dinge wat verborge is, kan sien. Is hy self diep geestelik ingestel, dan is hy ook by magte om geestelik in te werk op die mense wat `n beroep op sy hulp doen. Dan sal hy self oor `n ryk kennis beskik en hy sal die kennis gebruik vir die sieleheil van die medemens. Want dan sal ligwesens hom ook bystaan wanneer hy probeer om sake te deurgrond wat andersins vir die mense verborge bly.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205