|
Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1 BERTHA DUDDE
Hoofstuk 19
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22. |
|
|
DIE SONDE VAN DIE VADERS WREEK HULLESELF OP DIE KINDERS B.D.4618 - 19 April 1949 Geslagte lank sal die sonde hulleself laat voel by die kinders. So is dit vir u geleer en daardeur het u dikwels in konflik gekom met die leer aan `n God van Liefde en Barmhartigheid, wat die sondaar vergeef en hom sy straf kwytskeld as hy ernstig berou het. U kan dit nie begryp dat mense moet ly wat self geen skuld het nie en met gevolg die slagoffer is van hulle wat sondig teen God nie. En tog is ook daar die Wysheid en Liefde van God aan die werk; ofskoon vir u nie op `n erg begryplike manier nie, speel die wese van die siel tog vir die beliggaming as mens hier saam `n rol, wat vir haarself `n sondige mens uitkies vir haar verwekking in die vlees. Hierdie siele word gelei deur hulle drifte, hulle is ondanks hulle eindeloos lange ontwikkelingsgang, ondanks veelvoudige en kwellende omvorminge nog in `n uiters onvolmaakte toestand, hulle het nog nie hulle onbeheerstheid afgelê nie en begewe hulleself nou instinkmatig na `n hulle verwante mensesiel, waar hulle verwag om geleentheid te verkry om hulle onbeheerstheid te kan uitlewe. Dikwels is hulle van dieselfde verlange vervul wat die mens sondig laat word het, net soos wat hulle ook dikwels daarmee begin, sodra hulle in `n liggaam verblyf geneem het (moederliggaam) en die sonde dan begryplikerwys op `n nuutgebore kind die sterkste invloed het, om welke rede mens nou van vatbaarheid en oorerwing van slegte aanleg praat. Daar kom geen siel in so 'n soort liggaam wat al `n bepaalde graad van rypheid bereik het nie, aangesien haar ontwikkelingsgang nie in gevaar gebring moet word nie, sodra sy self vooraf al haar wil te kenne gegee het, om na God toe te wil strewe. Maar so 'n belaste siel kan haarself ook baie goed op aarde bevry van haar aanleg, sy kan deur `n aardse noodlot, waar sy skynbaar geen skuld aan het nie, haar eie foute en neiginge insien en probeer om haarself daarvan te bevry en sal dan ook op elke manier barmhartigheid, dus hulp van bo, kan ontvang om haar wil te verwesenlik. Maar meestal lewe sulke siele hulleself uit en vergroot die sonde van die vaders, dog steeds vanuit `n sekere wilsvryheid, want dwang word nie aan hulle opgelê nie. Maar sy self glo om onder dwang te staan en probeer so elke verantwoordelikheid af te wys, sy voer nie die geringste stryd met haarself nie, beswyk daarom voor elke versoeking wat sy egter sou kon weerstaan, maar net nie wil nie. Die wil is egter vanaf die begin van die beliggaming geneig tot die kwade, en hierdie wil, wat vir haarself die vorm uitgesoek het, wat draer van die siel moes word, maar wat tog nooit uitsluit, dat die siel nou as mens die wil kan laat werk en haarself kan bevry van die sonde nie, sodat `n skakel van die ketting dus gebreek word en ook die sondeskuld van die vaders terwille van so 'n kind afgelos kan word. Want die wil van `n mens, wat deur sy drifte gelei word, is kragtig in homself, maar verkeerd gerig. Word hy egter in die korrekte rigting gestuur, dan kan hy ook oor alles seëvier en met gevolg `n redder van sy voorvaders word en hom die leed en die nood in die hiernamaals verklein. Amen
|
|
|
|
|