|
Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1 BERTHA DUDDE
Hoofstuk 4
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22. |
|
|
VERASSING. DIE VERSNELDE ONTBINDINGSPROSES. B.D.1899 - 28 April 1941 Alles gaan die verlossing tegemoet, omdat dit die gang van die positiewe ontwikkeling moet gaan. As die geestelike homself nou skei van die materie, dan het dit hierdie laaste oorwin, maar die geestelike het nie altyd so volledig ryp geword dat dit geen aardse vorm meer nodig het nie, en dit neem dan weer verblyf in `n nuwe vorm wat eweneens materie is. As die siel nou egter, wat die geestelike in die mens is, die liggaam verlaat, hou die aardse lewe in `n ander vorm op, dit wil sê, die siel ontsnap van die laaste vorm op aarde en gaan nou vry van alle materie, binne-in `n nuwe ryk, wat totaal anders is as die aarde. Die liggaam, die laaste aardse vorm, is nou weer aan die ontbinding blootgestel, dit wil sê, die geestelike substansies waaruit ook die aardse liggaam gevorm is, moet, waar sy bestaan uit die wesenlike wat haarself nog in die beginstadium van ontwikkeling bevind, eweneens die gang van die positiewe ontwikkeling deurmaak en haarself vir die doel weer voeg by die goddelike skeppingswerke, wie se doel juis die positiewe ontwikkeling van die geestelike is. Dit kan nou geskied op velerlei maniere, tog moet dit steeds die moontlikheid gegee word, om dienend werksaam te wees, dus moet hierdie substansies hulleself aansluit by `n sodanige skeppingswerk, waar die een of ander taak te vervul is, om deur die vervulling van hierdie taak diensbaar te wees, want alleen deur te dien, kan die geestelike substansies ryp word. Word dit die moontlikheid om te dien ontneem, dan word die positiewe ontwikkeling onderbreek, wat vir die wese `n toestand van uiterste kwelling beteken. Die tyd van lyding van die geestelike kan weliswaar skynbaar verkort word, die geestelike is egter nie dankbaar jeens die mens wat ingryp in sy ontwikkelingsgang en dit verhinder om te dien nie. Sodra die liggaam van die mens nou op natuurlike wyse in sy vergaan gehinder word, deurdat mens die ontbindingsproses daarvan probeer te bespoedig, deur dit te veras of ook wel op chemiese manier, gaan die geestelike `n veel smartliker weg en moet dit ook gaan omdat die proses indruis teen die goddelike ordening, teen die bestemming wat God aan elke skeppingswerk gegee het. Dit is `n eiemagtige handelwyse van die mense, wat nie met die goddelike Wil ooreenstem nie. Die menslike liggaam moet aan die aarde toevertrou word, net soos dit sy bestemming is: Van die aarde is u geneem, tot aarde sal u weer word"; en deur Sy ingryping en beëindiging van `n menselewe het God Self dit nie op `n ander manier beskik as deur die natuurlike dood van die menslike liggaam nie. Het die siel homself van die liggaam ontdaan, dan is die taak van die liggaam, dus die geestelike waaruit die liggaam gevorm is, vervul teenoor die siel. Maar tot dit volledig uiteengeval het, is dit nog verdere moontlikhede gegee om dienend in aksie te kom, ofskoon dit nie baie begryplik vir die mens voorkom nie. Daarteenoor het die oorblyfsel van `n versnelde ontbindingsproses geen enkele dienende werksaamheid as taak nie. Uitermate foutief is dit daarom om te veronderstel dat die liggaam van die mens homself voeg by die siel deur `n dergelike teweeggebringde louteringsproses. Die geestelike van die uiterlike vorm het wel dieselfde bestemming om haarself eens te verenig met ontelbare sielsubstansies, om eweneens weer as menslike siel die laaste ontwikkelingsgang op aarde te gaan. Tog sal dit nooit so gebeur soos wat die mense foutief glo nie, omdat daar `n bepaalde tyd aan al die wesenlike gestel is om hulleself te ontwikkel, wat die mens nie na eie goeddunke kan verkort deur `n uiterlike proses nie, as hy die enigste moontlikheid om homself geestelik te ontwikkel nie ten volle op aarde benut nie, dit wil sê, hy deur sy lewenswandel, sy korrekte instelling teenoor God, sy geloof en deur voortdurend in liefde werksaam te wees, `n graad van rypheid verwerf, wat ook die liggaamlike omhulsel die lewensweg oor die aarde kan verkort, dit ewenwel steeds aan die Wil van God oorgelaat moet word welke dienende taak Hy dit nog toewys. Amen
|
|
|
|
|