Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

GEESTELIKE SAMEWERKING
B.D.4570 - 21 Februarie 1949
In geestelike opsig word samewerking vereis, die een is aangewese op die hulp van die ander, omdat geestelike arbeid selde die steun van wêreldlike kant sal ondervind en 'n verbreding daarom moeisamer sal wees en die steun van hulle nodig het wat vanuit dieselfde gees lewe. En nou is die wil van die enkeling, hoe ver hy vir My `n bekwame arbeider is in My wingerd, deurslaggewend. In volledige vrye wil moet die arbeid vir My en My ryk verrig word, niemand mag onder druk staan om iets teen sy wil te moet doen nie, maar die rykste seën sal hy ontvang wat deur sy hart gedrewe word, wat uit liefde tot My vir My werksaam is, want hy self sal sy geestelike rykdom vergroot, hy sal vreugde skep in die skatte waarmee hy arbei, en hy sal homself gedronge voel om hierdie rykdom ook vir ander toeganklik te maak.
Daarom sal hy voortdurend geestelike uitruiling tot stand wil bring en alleen al daarvoor mense nodig sal hê wat dieselfde nastreef sodat die samewerking hiervan op geestelike basis verseker is. As `n mens wat die geestelike nastreef, nie sy hart kan uitstort nie, sou sy arbeidsveld beperk wees en sou dit hom vermoeid maak, maar oral is mense te vind wat daarna strewe om by My te kom, en geestelike gemeenskap soek om My woord te kan uitruil, na gelang van hulle werksaamheid. Die een moet vir die ander een steun wees en ieder wys Ek die arbeid toe wat hy kan verrig, as hy maar wil; maar sy wil dwing Ek nie, omdat die liefde vir My hom moet aanspoor om vir My werksaam te wees. Dra hy hierdie liefde in homself, dan hoef hy nie van buite af gestimuleer te word nie, dan spoor dit hom vanself aan om te werke vir My en My ryk, en hy sal die rykste seën ontvang en vlytig vir My werksaam wees.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205