Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

EWIGE VERDOEMENIS
B.D.4602 - 31 Maart 1949
God se (God) Barmhartigheid ken geen grense nie, God se Liefde is oneindig, Sy Geduld is onmeetlik en daarom kan Sy skepsels nie vir ewig verlore gaan nie, aangesien Hy andersins nie volmaak sou gewees het nie. Dit is daarom ook verkeerd om van 'n ewige verdoemenis te praat wanneer `n denkbeeld van tyd daaronder te verstaan is wat iets nimmereindigend moet omskrywe. Want so 'n ewige verdoemenis beteken dan egter: Iets wat vir God heeltemal verlore sou wees, dus dat die wese wat oorspronklik van God uitgegaan het, vir goed na Sy teenstander weggegaan het en deur Sy teenstander van Hom ontruk is.
Dan sou hierdie teenstander egter groter moet wees as God, hy sou in `n sekere sin oorwinnaar wees en God in mag en krag die baas wees, wat egter nooit kan bestaan of gebeur nie, want met Sy volmaaktheid, met Sy Krag en Mag en Wysheid kan niemand homself meet nie. Wat uit Hom voortgekom het, bly ewig in Sy besit, slegs tydelik van Hom geskei, dit wil sê, homself bevindend op groot afstand, omdat hy dit self so wil.
Maar ook hierdie verwydering is geen toestand wat blywend is nie, omdat die wese om geluksalig te wees, deur die uitstraling van God se Krag aangeraak moet word en, as sy self nie die wil daartoe het nie, deur die Liefde en Barmhartigheid van God vasgegryp word, Wie vir haar die toestand van geluksaligheid wil berei. `n Ewige verdoemenis sou daarom ook in teëspraak wees met God se Liefde en Barmhartigheid, oftewel sou dit begrens wees, waardeur die volmaaktheid van God aan volkomenheid sou inboet. `n Hoogs volmaakte Wese het geen menslike swakhede nie, `n ewige toorn sou egter `n minderwaardige menslike eienskap wees, net soos ook elke ewigdurende toestand van straf geen goddelike persepsie genoem kan word nie, want die goddelike is gekenmerk deur die Liefde. Die Liefde egter red en help, Sy vergeef en maak gelukkig en sal nooit iets vir ewig van Haarself afstoot nie
By die teenstander van God daarenteen ontbreek die goddelike prinsiep, die liefde, en steeds sal sy doel wees om die wese vir ewig na homself na benede te trek. En dit is hy wat die begrip van ewigheid by die mense verwar, wat probeer om God as onbarmhartig en gevoelloos voor te stel, om die liefde tot Hom te verstik - hy is dit wat self geen erbarming ken nie en daarom sonder nadenke probeer om die siele ongelukkig te maak, wat hulle elke moontlikheid om geholpe te word, sou wil afneem om hulle vir ewig te verderf. En hy vind gewillige aanhangers van sy leer van die ewige verdoemenis, wie almal nie vir God in Sy oneindige Liefde herken nie, omdat hulle andersins geen geloof aan hierdie leer sou geskenk het nie. Maar steeds sal waarheid aan die mense die oorvertel word en die dwaling duidelik uitgelig word, sodat God as die volmaaktste Wese gesien en bemind sal word, sodat die mense hulleself by Hom sal aansluit en Sy teenstander verafsku.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205