Boek 38 - Antwoorde op vrae Deel 1
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE SWAKKE SAL DIE EINDE NIE MEEMAAK NIE.
B.D.4613 - 13 April 1949
Die swakke sal die einde nie meemaak nie. Ek weet baie goed hoe die siel van elkeen afsonderlik geaard is, welke wil sy in haarself het en welke graad van rypheid sy besit, wat ook die maatstaf is vir die sterkte van wil in die laaste geloofstryd. Ek weet dat die laaste belyding van My groot krag vereis, wat maar weinig mense voortbring en dat daar `n baie lewende geloof toe behoort, om stand te hou en My trou te bly. En daarom sal die poorte van die paradys op die nuwe aarde vir hierdie troue aanhangers en belyers ontsluit word, sodat hulle liefde vir My, wat hulle My tot die einde toe bewys, beloon word.
Mense wat swak van geloof is, hou in hierdie laaste stryd op die aarde geen stand nie en die gevaar om van My af te val, wend Ek af om hulle nie in die hande van My teenstander te laat val nie en hulle nog die geleentheid te gee om hulle ontwikkeling in die ryk hierna voort te sit, wat na die einde van hierdie aarde vir lang tye nie meer moontlik sal wees nie. Hulle sal nie teen die eise en inspanning van die laaste tyd opgewasse wees nie en suiwer liggaamlik al hulle lewensweg beƫindig voor die tyd, want hulle is nie van My afgewend nie, slegs die diepe lewende geloof, wat hulle in staat stel om `n ware stryder vir Christus (Christus) te wees, ontbreek by hulle. En hiervan sal daar vele wees, wat wel vir My kies, dus die geloof in `n God van Liefde en Wysheid in hulleself het, maar dit nie tot so 'n sterkte motiveer dat hulle hulleself onbesorg aan My sal toevertrou en vra om My bystand nie. Hierdie siele neem Ek van die aarde, waar hulle andersins verlore sou gegaan het vir ewige tye.
Maar die sterke sal My trou bly tot aan die einde en sal deur My weggeneem word vir die vernietiging van die ou aarde. Die gebeure sal vir u duidelik moet wees en dit moet vir u begryplik wees, sodat voorgenoemde siele die paradys van die nuwe aarde nie ken nie, omdat die paradys slegs geestelike rypes kan dra, wat My aanwesigheid onder hulle ken, net soos Ek dit vir u vertel het.
Ten laaste moet daar `n skeiding wees van die bokke en die skape. Die ou ontwikkelingsperiode sal eindig met die kluistering van die geestelike wat gefaal het in die vaste materie en dan begin daar `n nuwe tydperk met `n ryp mensegeslag (vertaler: mense saadlyn), wat hulleself al op aarde in `n staat van geluksaligheid bevind het, omdat hulle stand gehou het en op aarde voldoende deur My beproef was. Hierdie sielerypheid laat My aanwesigheid onder My kinders toe. Maar swak, nog nie totaal ryp siele, sou My aanwesigheid nie kan verdra nie en dus is die nuwe aarde geen verblyfplek vir hulle nie, maar wat nogtans in die geestelike ryk opwaarts gaan en weens hulle vroegtydig beƫindigde lewe ook in die geestelike ryk voorregte het wat hulle sal help om opwaarts te gaan. Dit is die skeiding van die geeste wat steeds verkondig word deur woord en geskrif.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205